Saans, na huisgodsdiens , moet my broerskinders
elkeen hul eie gebedjie bid. Sy
seuntjie, Louw, is ‘n introvert en het een aand sy lot– diè gehardop bid dat almal jou kan hoor -
teenoor Ouma bekla.
“Oumies, hierdie gebiddery is nou nie juis my
ding nie!”
Nou, ‘n jaar na die geboorte van my eersteling
– en heel moontlik my enigsteling - voel ek dat moederskap nou nie juis “my ding”
is nie.
Ek is sò deurmekaar, verward en moeg. Dit was
‘n mal jaar. Daar was soveel aanpassings. Ek het nou nog nie my voete in
moederskap gevind nie, en twyfel of ek gaan.
Ek is gedurig in twee geskeur. My hart en brein werk teen mekaar. ‘n Mens se hart en brein werk anyway teen mekaar – standard rule of life – maar die dag as
jy ‘n ma word, besef jy dat jy nooit ‘n rekonsiliasie tussen die twee sal
bewerkstelling nie.
Menige maal oorweeg ek dit om net op te gee. ‘n
Nevermind approach in te neem - maar dìt, opgee en nevermind , strook glad nie met my aard nie. Die oomblik as ek my groot koskas (Hannah se
gunsteling speelplek) oopmaak en die verwoesting aanskou wat my kind gesaai het
, skop alles in my teë!
(ek sien in my geestesoog hoe daardie prentjie
op Pinterest van die shabby-shic spens met die glas bottels vol macaroni
en netjiese rytjies ingemaakte produkte
, uit my drome huppel!)
En dis nie nèt die koskas nie. Dis ALLES in my
lewe. Die chopsticks wat al vir
maande in die badkamer lê. Die chopsticks
is (was) bedoel vir ons homemade
sushi! (Homemade ? Ba-ha! Dit was deesdae nie readymade is nie, is ‘n peanutbutter
toebie. Ek wou nog altyd ‘n homemade
fairy gewees het – dis hoekom ek droom oor die Pinterest-spens!)
Die homemade
fairy se huis is in chaos. Daar is
die toiletborsel wat voortdurend ‘n draai maak in die sitkamer, Hannah se
skoene in die messegoedlaai, die oorstokkies in haar sandput en my selfoon
taaier as ‘n toffieappel. Om net ‘n paar
dingetjies op die noem. .
Ek, die beheervraat, bevind my tans in ‘n
wereld waar ek absoluut niks onder beheer het nie. Alles rondom my is deurmekaar. My eie kop die meeste van
alles.
Waar het dit verkeerd gegaan? Binne die eerste
drie maande na Hannah se geboorte was ek nog op koers. Dinge was onderbeheer –
soortvan. Ek het gedog dis die
aanvanklike vreemdheid van hierdie nuwe wêreld wat my soos ‘n totale idiot laat
voel.
En toe begin ek weer voltyds werk. (Nie omdat
ek wil nie, omdat ek moet!) Net daar
begin ek toe die pad so bietjies-bietjies byster raak.
In my werksituasie is ek onmiddelik in ‘n
regte-egtig stres zone. Real people, real
problems, real stress!
Want – laat ons maar eerlik wees met onsself -
die sogenaamde probleme wat ons met ons kinders ondervind, is eintlik minor. Ons ruk dit heeltemal uitverband
uit, blaas dit op dat dit baie groter is as wat die werklik is – want ons is
Ma. Ons verloor alle rasionaliteit en logiese denkepatrone as dit by ons
kinders kom.
Ek vertol so baie rolle – diè van kollega,
vrou, tuisteskepper, finansiele bestuurder (kinders is duur) , plant-natmaker,
vriendin, suster en, bangrikste van alles, Ma. In al die rolle wat ek vertolk
is die kans groter dat ek ‘n hoenderhen sal wees as myself. Ek is alles en
almal, behalwe myself.
‘n Groot hartseer en moedeloosgeit neem soms van my besit. Ek wonder wie ek nou
eintlik is? (dis eintlik ironies – ek is omtrent alles) Dit nogals nadat ek sò
lank geneem om uit te figure wie “EK”
nou eintlik is. Dis was jarre se snot en trane en depressie – en binne ‘n jaar
is ek terug op Blok Een!)
Ek besef net weereens – moedeskap is nie my
“ding” nie.
(Ps: Ons het intussen die grootkos kas se deur
met wondergom vasgeplak. (dis ‘n hoekkas en die safety clips wat mens in die
winkel kry werk nie) As Hannah die
koskas se deur hoor kraak, kom waggel sy
so vinnig as haar beentjies haar kan dra, nader en probeer in die kas klim. Dit
breek my hart elke keer om die deur in haar gesig toe te slaan. Sy speel
deesdae met die koekpanne en rasper en ek val elke aand daaroor as ek kosmaak. Die
toilet borsel het nou ‘n veilige plek in die vensterbank gevind, buite Hannah
se bereik. Die chopsticks lê egter
nogsteeds in die badkamer. )