Dit was ‘n vol, besig en deurmekaar week.
Ek het die veel besproke boek, Fifty Shades of Grey, begin
lees. En ek het soveel opinies oor die
boek gehad, maar het tot die volgende gevolgtrekking gekom: Die tipe vrou wat saam
met my eksman gelukkig sal wees, is die tipe vrou wat van die boek sal hou.
Ek kan nie verstaan hoe fairytales verander het van
meisies met ekstra lang hare en torings en prinsesse wat vir honderd jaar kan slaap (sonder om te verouder) na vampiere, handcuffs, nipple clamps en onderdaninge,
lovesick vrouens want bereid is om self ‘n vampier te raak of ‘n submissive? (hulle
het darem nog fairytale name: Bella Swan and Anastasia Steele)
In die naam van vrede en liefde, kan mens absoluut
enige iets regkry. En liefdadigheid. Moenie van LIEFDADIGHEID vergeet nie.
Die week kom staan al 3 die bedelaars wat elke
maand N$ 100.00 as donasie van ons kantoor ontvang voor my vir hulle geld. (Ek haat dit: Ek haat dit as ek besig is en mens soek geld by my!!) As ‘n mens my vra hoe dit gaan en ‘n geseënde dag toewens net
omdat hy geld wil hê, kry ek sommer ‘n kramp “down there“ (leenwoord van Anastasia Steele – Fifty shades)
For clarity: as haar "down there" noord wys, wys myne suid – dis nie dieselfde
plek nie.
Dis eers teen dag vier wat ek my “down there” van die
couch af lig en weer by bootcamp gaan inval.
(Ek moes my moed met ‘n besem bymekaar vee – pun intended!)
Ek het net lekker ingesettle by die bootcamp, al die
ou bekendes gegroet en begin goed voel omdat ek actually daar is, toe die
volgende gebeur:
Die maer klein vroutjie wat soos die wind hardloop,
kom squeeze haar tussen my en Amanda in. En nie hoe nie, toe ek net sien is sy
daar!! Soos Harry Potter wat ge-apparate het.Woeps! Poef. Tussen ons twee. En
Amanda begin praat dadelik met haar oor highlightes , lowlights en haarstyle. Askies my, Amanda,
was ek nie nog laas jou haar-raadgewende adviseur nie? Hoe kan jy die vrou vra? Sy het ‘n gevegde
ponytail. Rekkie, vlegsel, rekkie. Ek het nie eers in Sub A daardie silly style gedrag nie.
Fifty shades of Green kom oor my. En om te dink, ek
het vandag net 1 e-mail ontvang. Van Audi - dit was SPAM. Ok twee, die aander een was van Women's Health Slimdown, maar dit was net insulting.
Nobody loves me!
Wat moet ek word – ‘n sub of ‘n vampier?
PS: Twilight en Fifty Shades of Grey MUST NOT BE NAMED
in the same sentence as Harry Potter!
En PS se PS: Ek is vir liefdadigheid, maar seriously N$ 100 'n maand? Het jy net nie die guts om "nee" te sê nie, of is dit maar al wat dit kos om jou gewete stil te hou?