Ek het nou ‘n breuk nodig. Nie ‘n Desember-vakansie breuk waarvoor mens die hele jaar sit en wag en jou liggaamsklok instel dat hy dit net-net tot Desember maak nie.
EK HET ‘N BREUK NODIG. SOOS IN NOU!!!!En miskien moet ek afterall dit ook begin oorweeg om weg te hardloop. Want seer kruip om alle hoekies weg , hartseer kleef aan die geboue vas. Ons dorp het vir my een groot seerkry geword. Hierdie dorp met sy berge en sy groen gras waarvoor ek so lief is. Die dorp waarvan ek die skoonheid indrink, het my uitgespoeg. Die dorp wat ek tuiste noem, is nou vreemd.
In die stillegeit herkou ek (en die span) aan ‘n bootreis . Maar nie soos in ‘n vakansie reis nie. Meer soos in vir werk. Op die boot. As deel van die bemanning. Teen vergoeding. Ek oorweeg dit om tydelik te emigreer na tot bo-op die see. (Dis die naaste wat ek sal kom aan “van die aardbol af verdwyn”) Ek kan my mom’s taxi verkoop, my meubelment laat stoor. My skipsoldy sal genoeg wees om die basics (soos my HUISPAAIEMENT) aan die kant te kan cover. Ek gaan uitgedaag wees in nuwe werksomstandigheide, nuwe omgewing, nuwe mense.
Ek sal my vriende en familie net elke ses maande sien en hulle sal weer ‘n slaggie lief wees vir my. Ouma sal my natuurlik waarsku teen die seerowers met kapstewels en lang swaarde maar my tog op die ou end op die kaai afsien met ‘n wapperende wit sakdoekie.
Dan sal ek en Mol op die skip werk. Ons sal fokus. Ons sal vergeet van al die seer. En ons sal vergeet van die klein stukkie geluk wat ons vir ‘n tydjie lank gesmaak het. Daardie einste geluk wat nou weg is. Ons sal vergeet van stukkende harte, stukkende drome, stukkende lewens.
Mol sal genoeg geld kan spaar en ons sal kapitaal hê om vir Tinktinkie die go te gee wat dit verdien. (Tinktinkie is ‘n kinderklerereeks – Tom se brainchild!) Ons sal ‘n Deli kan begin. Een wat ordentlike steak-and-kidney pies bak. Met goudbruin korse en varsgemaalde swartpeperkorrels. Ons sal donker chocoloate cupcakes bak en dit met chocolate mousse versier. Ons sal homemade nougat, fudge en brownies maak. Vir die rêrige honger mense sal ons sal skaapskenkels kook met kruisement en soet, droë perskes. Ons sal lemoen chiffon koeke bak en ons eie profyt opëet. En miskien – as ons lus het – quiches vir die grênd tannies.
Dit is al ‘n lewenslange droom. En aangesien plan/droom A : (ryk) Man en (soet) kinders nie gebeur nie is dit dalk tyd vir Hannah om PLAN B uit die hoed te ruk. (SY IS AFTERALL DIE HAAS IN HIERDIE STORIE)
En dis in hierdie stadium van die beplanning waar ons halt roep. Want in die Toekomskamer sit iemand wat ons nie ken nie, een wat ons nie sien nie en nog meer…………………
EEN VIR WIE ONS BANG IS.
F#kk#n bang is!