(Hoekom voel hierdie sinsnede so bekend? Oja,
bietjie minder as 2 jaar gelede het ek jou weer uitgehaal en afgestof en met
presies dieselfde woorde begroet – my lewe was pretty much ‘n disaster)
Hierdie
woonstel het my tot ‘n graad van eensaamheid gedryf wat te veel was om te
hanteer. En ek het begin skryf.
Maar
dagboekkie, van vandag af tel die dae in hierdie plekkie.
En as ek
terugkyk op die 2 jaar het daar so baie gebeur - ek het selfs positief begin word. Begin van
die jaar was ek gereed vir aksie met my Projek S.O.S – ek wou die lewe op die ouderdom van 30
herontdek. Ek wou ook soetsappig wees en mense raad gee en bemoedig. Amper soos
RSA se popkoning se eksvrou. ¹
Helaas nie,
positief is sò nie my ding nie.
Nadat ek
ampertjies terug was op die bandwagon
waarop die normale mense ry, het ek lekker afgebliksem. ²
Ek het ‘n
prins ontmoet – korreksie: ‘n Brulpadda.
Nadat die
nuttelose stuk niks uit my lewe gehop het, moes ek weereens ‘n klomp feite konfronteer.
Die
sogenaamde ding – genoem liefde – is duidelik nie vir my bestem nie. ³
En, soos in
die verlede, besef ek net weereens dat diamonds,
drank en girlsfriends, ‘n meisie se
beste vriende en enigste noodsaaklike lewensmiddele is.
Liefde is overrated en crap. Liefde het my nog net seer gemaak. Liefde bring ongeluk.
Hartseer. Liefde is my grootste vyand. Tot siens liefde – van vandag af glo ek
nie meer in jou. Hoop kan ook maar saam met jou die pad vat. Die grootste 2 teleurstellings in my lewe.
En tog sal
ek nooit ophou om daarin te glo nie.
Ek gaan ‘n
streep trek deur projek S.O.S – dit was ‘n flop. Time to move on!
Wat, waantoe en hoe nou - dit weet ek nog nie. Maar ek weet hier kom
groot aksie. Ek is lus vir nuwe dinge.
Dis tyd vir
‘n nuwe blaadjie.
² Ja, ek vloek! Jy sou 10 @ 1 as jy my lewe
gehad het.
³Mense wat doodgelukkig is probeer jou gewoonlik
anders oortuig.