Dag 1
Ek het die laaste dag van week 5 in ‘n gat geval en nog nie daaruit geklim nie. Ek is onvergenoeg. Naar, siek en net oor die algemeen ietwat moeg vir die lewe. Ek het besluit dat ek ‘n boyfriend gaan soek. Hoekom het ek nie maar net die ugly truth ignoreer en in denial voortgelewe nie? Nou’t ek erken dat ek alleen is, en die gevoel van desperaatheid vat-vat aan my. En ek haat dit. Ek doen nie desperate nie. Ek het myself belowe Mr Right die 2de moet my voete onder my uitslaan, sonder dat ek ‘n vingertjie hoef te lig. Ek het nie meer lus vir ‘n geflirt en ‘n gewonder “wil hy” of “wil hy nie”.
Die realiteits koninging Kiem Kardoes weet te vertelle dat sy “net eenvouding haar hart moes volg” en daarom het sy met daardie vreeslike lang man gaan trou. Al was al die tekens daar dat dit nie gaan werk nie. Moet ek dit nie ook doen nie? My hart volg nie? Want die verstand sê een ding, die hart ‘n ander. Kiem Kardoes het haar hart gevolg……. Maar dan, ek dink nie Kiem Kardoes het verstand nie…..
Dag 2
Ons bootcampers het John herdoop. Hy heet nou THE BEAST. Wel, The Beast het nie vandag sy gewone tekkies aangehad nie, maar Crocs. Ek dog ek dood! Ek besluit dat dit nou regtig klaar en verby is met The Beast. Crocs walg my. Maar toe gaan trek The Beast sy Crockies uit, en kaalvoet mans walg my nie!! Dammit. Onderwyl ek besig is om push-ups te (probeer) doen, kom staan The Bearfoot Beast by my en vra waar Kara Kroft dan vandag is? Byna val ek op my neus! Vir wat wil hy nou van Kara Kroft weet?? Hier suffer ek met ‘n garage pie sooibrand en bewonder sy kaalvoete en hy staan en vra uit na Kara Kroft!!
Dag 3
By die werk wil almal weet of the Beast al seine gegooi het. Ek weet nie. Vra hy na Kara Kroft omdat hy in haar belangtel of is dit sy manier om los praatjies met my te maak? Of maak hy sommernet los praatjies in die algemeen? My magic sensors is lankal dood. Ek tel nie meer chemistry vibes op nie.
Ek weet net dat midde-in week ses lyk dinge nie soos ek my geprentjie het nie. En ek weet sò kan mens nie swaerkry vir niks nie. Ek sal plan moet maak.
Ek neem ‘n stappie terug en bekyk my lewe. Ek sien werk, bootcamp, ‘n huis en ‘n tuin wat onderhou moet word, en dan nog bootcamp. En dan sosiale verpligtingtinge. Die realitiet van my daaglikse bestaan wil nie opmatch met my droom vir ‘n mooi lyf (PROJEK 30) nie. Nadat alles gedoen is wat moet gedoen moet word, het ek nie tyd/lus/energie om oulike gesondheidskossies te maak en boonop ‘n gesonde lunch box te pak nie. (let wel: ek noem nie eers naels cutex en voete skrop nie) Dit maak nie sin nie, ek het nie ‘n man nie, ek het nie ‘n kind nie. Hoekom het ek dan nie tyd nie?
Probleem nommer 1 is maklik indentifiseerbaar – ek werk te veel. Oplossing vir probleem nommer 1 – werk minder. Dis do-able. Probleem nommer 2 is dat ek ongesond eet. Oplossing - deur maaltye beter te beplan, sal ek gesonder eet. Dis moeiliker, maar steeds do-able. Probleem nommer 3 – Alkohol en Aartappelskyfies. (AA) Oplossing - ????
Dag 4:
Ek droom toe laasnag dat ek sulke pragtige dun beentjies het. Perfekte inspirasie. Begeesterde ekke, stormloop toe die shops. Op soek na ‘n kort-kort denim broekie, want ek het nou ‘n visueel op die eindproduk en ‘n broekie sal net as ekstra motivering dien. Nodeloos om te noem dat ek nêrens ‘n klein kortbroekie kry nie. En aan die begin van die seison was daar tonne. Ek weet: die teenagers met hul belaglike vuurhoudtjie-dun beentjies het dit natuurlik – met hulle ouers se geld – opgekoop. Ons bootcamp saam met 2 van die goed (teenagers) en hulle moet altyd “voor” wees met alles. Hulle lyfies baie “in my face”. Hulle attitudes ook. Ek HAAT teenagers.
Dag 5:
In die nanag van dag vier word ek wakker. En ek lê wakker. Ek dink aan die Nagmusiekkies wat Kara Kroft en ek vroeër vanaand gedrink het. Sy’t alweer ‘n slegte dag gehad. Sy sê dis werk en so aan, maar ek glo haar lank nie meer nie. Dis daai verdomde Renoster – die eks wat ons laat tripple decker pizza eet en bottels wyn laat drink. Ek dink aan al die kilo’s wat nog moet af, voor ek 30 slaan, Desember vakansie voor die deur. Ek was eens Does met deursettingsvermoë – unstoppable. Nou’s ek Desperate Does. En ek besluit: maak nie saak watter tipe ongeluk watter vriendin tref nie, my ondersteuning sal in die vorm van raad en bystand geskied. Nie in die vorm van drank nie. (Uhmm o ja, Kara Kroft luister nie na raad nie)
Ek gaan koop kantoor meubels vir Klaas die Baas se kantoor. ‘n Man met ‘n denim kortbroek, blokkies hemp en das, 2 tekkies aan sy voete, help my. Toe verdwyn die vreemde skepsel. Dis net ek en ek alleen ‘n ‘n grote vertoonsaal vol meubels. Ek gaan lui klokkie op die ontvangstoonbank, en ‘n heelwat jonger man – in dieselfde verspotte kleredrag geklee – kom my te hulp. Hy verduidelik dis hulle spesiale klerekode vir 11.11.2011.
My sensors is toe nie so af as wat ek gedink het nie. Of hierdie outjie se seine is net super helder. Wat as daai nie flirt was nie nie, is my naam nie Does nie. Hy bied sommer aan om self die meubels af te lewer en vra my hoekom ‘n vrou soos ek nie getroud is nie. Ek sê hom toe dat ek my man vir ‘n jonger en ryker model wou inruil – die verkeerde woordkeuse want ek skat Mnr Kapokhaan nie ‘n dag ouers as 23 nie.
Dag 6
Ek kan nie help om aan Kophaantjie en sy voorbarigheid te dink nie. Dis mos hoe ‘n ou moet wees as jy belangstel. Dis hoe The Beast sal wees as hy belangstel. Ek besluit om maar vir The Beast eers bietjie op die kantlyn te plaas.
Dag 7
Ek, Kara Kroft, Saartjie en Lalie ontspan langs die waters. Nie vir te lank nie, want Kara Kroft – always full of surprises, los ‘n bom. Sy’t gister saam met die Renoster gekuier (cheating, womanising-loser) Ek bars ‘n aar in my kop. Ek wil vir Kara Kroft doodslaan. Ek wil haar in die waters gaan verdrink! Daarna vir Renoster, maar hòm sal ek eers laat smeek vir sy lewe.
Ek weet nie hoe ek die begrip “clean break” in haar kop gaan kry nie.
Ek het ‘n probleem - ‘n onbelangstellende Beast en ‘n voorbarige Kapokhaan. Kara Kroft se probleem is egter nog groter as myne. Sy het in ‘n gat van selfvernietinging verval en ek weet nie hoe omhaar daar uit te kry nie. Ek begin dit selfs oorweeg om The Bearfoot Beast aan haar af te staan as rebound gay!
Ek is raadop. Ek het ‘n probleem. Ek gaan vir ‘n antwoord Google! Maar wat sal ek Google?
- How to find true love?
- How to kill a rhinoceros?
Of dalk…
- How to catch a beast?