Does die Beast-temmer? Toe nie!
Ek en Mnr die Beast (sarkasties trek om my mond) was die vakansie in ‘n liplocking session betrokke! Maar helaas wil Mnr Beast nie dinge rush nie en net vriende wees. Ek verduidelik toe maar aan hom dat ek my pêlle broederlike kuste gee en nie vuurwarm vry nie. Ek voel soos die idioot van idote – die HOOF IDIOOT – want almal weet nou al teen die tyd dat ek die Monster mekaar die vakansie sou gesien en en almal wil weet ” wat nou?”
Om my emosies en verwagtinge openbaar te maak en dan teleur gestel te word – MY VYAND!
Die jaar begin blank, met ‘n uneasy feeling wat op my maag bly sit. Maar met die ingang van die nuwe jaar is daar ook ‘n vasbarendenheid wat ek lanklaas in my eie teenwoordigheid aangevoel het. Die jaar gaan gewig verloor nie ‘n issue wees nie, dit gaan net gebeur. Want diëet begin met 2 woorde – NEE DANKIE! Gesond eet en oefening is elke geval iets wat enige mens behoort te doen en ‘n skaal is die ander baie belangrike faktor.
Die skaal – my vyand!
Ek het nie Die Beast getem nie. Inteendeel. Die Beast het my ietwat vir ‘n ride gevat – een waarvan ek nie baie gehou nie. Ek sit nou met gebakte pere en moet nou vir almal ‘n unhappy ending g ee op my vakansie. Ek – wat so mal is oor happy endings.
Maar weereens sal ek maar my boudjies knyp en skouertjies agteroor trek en my kennetjie lig. Want die aardbol draai in die rondte en die lewe wag nie om te gebeur nie.
Maar ek hou nogals van die naam wat ek myself gegee het : Does die Beast temmer!! Dit klink amper soos Lara Croft – Tomb Raider. Die wereld is vol monsters en nare dinge. Ek sal nie ver hoef te soek om iets te tem nie. Ek kan net by myself begin : My vrees vir die SKAAL en vrees vir MISLUK.
Because I can. Ek is Does die Beast temmer!
(2012 – hier gaat ons : Projek SOS – Does tem 30 !)