Baby, I’m back.
I’ve been long gone.
As ek ophou
skryf beteken dit een van twee dinge: Dit gaan òf baie goed òf baie sleg
(streng gesproke beteken dit een van een dinge, want wanneer het dit al ooit baie
goed gegaan met my??! Not in my lifetime!)
Ek het vir
lank met woorde rondgekarring. Na die regtes gesoek. Maar hoe harder ek
probeer, hoe minder het ek dit reggekry. Dis mos hoe dit werk – hoe harder jy
probeer, hoe minder kry jy reg! Moral of the story : Hou op probeer.
Doen dit net.
Ek wou
skryf oor die diep, donker gat van depressie. Ek wou met depressielyers connect, want daardie alleeheid is ‘n
nimmereindigende hel. En ek wou vir nie-depressielyers touwys maak hoe om die
situasie te hanteer
Lang storie
kort – as ek al die goed wou doen, moes ek eerder aan ‘n beauty contest gaan deelneem het. Of nee, jy neem aan ‘n beauty contest deel as jy world peace wil hê. Ek moes met ‘n
bekende persoonlikheid getrou het,
geskei het en deur verder traumatise gebeure gegaan het…. En dan een
helse comeback gemaak het.
So nou is
ek weer op die punt waar ek was – ek skryf vir niemand anders as vir myself
nie. (en natuurlik hoop ek in die stilligheid iemand gaan my “ontdek”! Dan gaan
ek net nonchalant maak of ek nooit regtig probeer het nie. En as ek rich en famous is, embrace ek al
die pyn en lyding, want sien - as dit
nie daarvoor was nie, so ek nooit my storie kon deel en mense inspireer nie.)
Die heel
belangrikste ding van my eie lewe en my eie storie het ek vandag geleer. Ek het
net een lewe. My lewe. My eie lewe. Een wat ek moet lewe soos dit na my toe
kom. Met die oppe en affe. Ek kan wens
vir ‘n ander een, ek kan ‘n ander een begeer, ek kan na ander mense kyk en dink
hulle het die maklik. Dit help alles niks. Ek dink daar is ‘n gesegde hieroor –
“We cannot change the cards we were
dealt, just how we play the hand”
En ek moet firsthand experience opdoen voordat ek
verstaan wat ‘n filosofiese quote nou eintlik beteken. Ek dink ek het die kaarte-ding nou onder die
knie.
Ek dink die
mense leef deesdae baie “fake” lewens. Met al hulle filosofiese sienings en
aksies en slowliving en oooo aarde, almal probeer so bleddie goed wees!
Nou is dit
die paparazzi se skuld – die vieslike klomp geldwolwe – wat geen respek het vir
die Duchess se privaatheid het nie en kaalbors foto’s gekiek het. Die K - aanhangers
gooi vreeslik wal. Hulle verskoning – sy is ook maar net ‘n mens. En sy verdien
haar privaatheid. Oh wel, ek is ook ‘n mens en al wanneer ek kaal in my eie privaatheid
verskyn is as ek gaan bad! (behalwe daai een keer op die Oranje rivier, maar
dit was spesiale omstandighede)
Ek het
besluit om op te hou wonder oor die lewe, op te hou probeer goed wees (dis
vreeslik veeleisend) en net die lewe te lewe.
Ek het al my
planne by die deur uitgegooi – en ek het miljoene gehad. Drome ook. Maar vir
nou voel dit eers O.K. om nie te ver in die toekoms in te kyk nie.
Die lewe is
hier en nou – en vir die eerste keer verstaan ek wat dit beteken.
( Ps: Ek
het ‘n 2 van spades, ‘n 3 van klawers en ‘n 4 van diamante – any ideas?)