Thursday, 27 September 2012

Die lewe: 101


Ma is terug huis toe.
Vir ‘n volle 3 weke het ek my slaapkamer en bed met iemand gedeel (al was dit net Ma) Dis ‘n eerste keer in meer was 2 jaar! Ek het al begin wonder of my selfsugtige self ooit weer by ‘n ander asem sal kan aanpas, maar dit lyk my ek is nog veilig. Selfsug en independence het my nog nie vernietig nie.

Ek erken ek moes soms op my tande byt en my woorde terugsluk, maar eintlik was dit bleddie lekker om net iemand te hê. Al maak sy jou kwaad. (Ma's doen dit - with ease!) 
Nou is ek op my eie, en ek d(r)ink al weer te veel.
Met Ma weg, het ek besef/besluit/hoop dat dit die laaste major breakdown was. Twee jaar is ‘n goeie, gesonde tyd om van ‘n egskeiding (en veral die aanpassings daarmee saam) te genees. Sommige mense gaan natuurlik nie deur 'n natuurlike helingsproses nie. Hulle kry sommer 'n replacement voor dat die knoop ontknoop is. Problem? No problem! Ons beweeg aan, met 'n helse spoed. (ek was maar nog altyd stadig)
Ek het my egskeiding vir soveel dinge die skuld gegee (want let’s face it, dit is skuldig vir baie goed) Maar dis nou agter my en ek sal 'n ander sondeboek moet soek waarop ek my probleme kan blameer.  

My landlord,  byvoorbeeld. Dis sy skuld dat ek nie ‘n oond en ‘n aantrekkamer het nie, reg? I thought so too!
Ek wil ‘n oond in my kombuis hê! (die man hierlangs aan sit met 3 (drie), ja drie oonde!) Ek kry nie lekker uitgefigure wat tussen hom en die voëlverskrikker (sy’s lank en maer met wilde hare) is nie, maar sy kom  beslis nie hierheen om te bak nie!! Hy kon my lankal invite het om liberty te neem van sy oond(e)!  Maar ja, hy worry seker oor wat Voëlverskrikker gaan dink.
En op daardie nood: ek bekommer my oor die man se ongeskikte kinders. Dan’s hulle hier, dan’s hulle by hulle ma. Kinders kan nie so rondgegooi word nie. En nie eers te praat van hoe hulle raas as hulle alleen hier is nie, om nie eers te praat van hoe baaaaie keer hulle alleen  hier is nie. Dit klink soms of daar moord gepleeg word. 

Ok!  Stop!  Hou op om jou landlord te badmouth omdat jy jaloers is op sy oonde en hou op om te worry oor ander mense se kinders omdat jy nie jou eie het nie.
Om oor die oond-dilemma te kom, gaan nie maklik wees nie. Al het ek net die afgelope 2 jaar gekla oor die gebrek aan ‘n oond, het dit tog gevoel om ek iets probeer doen. Kla is iets doen, al erken jy net die probleem daardeur. Maar nou wil ek nie eers meer die oond-dilemma erken nie.  Hierdie desperaatheid om aan te beweeg en die verlede in die verlede te los, het nog te groot geraak.

Omdat ek nou ‘n nuwe stadium van die lewe probeer betree het, hou ek die positiewe mense dop. Ek wil ook deur die rooskleurige brille kyk. Tot dusver suig hulle brille. Hulle irriteer my grensloos en hoe ek myself ookal daarop instel, kan ek eenvoudig net nie assosieer met sommige van die nonsens wat hulle kwytraak nie.  My gunsteling :

“Lewe of vandag jou laaste dag is”  Totaal en al die onrealistiese crap wat ek nog ooit gehoor het.  Ek sal op die laaste dag van my lewe werk bunk, al my geld uitgee, soveel eet as wat ek kan. Waar gaan ek opeindig as ek elke dag so lewe? Werkloos, bankrot en vet! Die 3 ergste goed wat ek my kan indink!!!!
Beginnende vandag gaan ek vir myself ‘n lewenshandboek opstel. (‘n guideline vir as ek weer die pad verloor)

Punt 1: Kannie is dood van krywa stoot.

Punt 2: Just keep swimming (LW: bly net swem, al is dit net versuipslag! Jy hoef nie te wen nie, jy moet net bo die water bly. Soms is dit genoeg)

Punt 3: You are loved – dankie Josh Groban – I love you toooooo!!
En daarmee is ek uitgeput: teen veel positiwiteit pas my nie.

Ek so begin ek te wonder - wie gaan eerste kom: Die oond of die replacement ?