Monday, 21 January 2013

'n Vreemde ongemaklikheid


Week 2          

Dag 1
Die restaurant-kennisgewing was te groot om te mis toe ek die dorp na 3 weke binnery :  BOOK NOW FOR VALENTINE’S DAY!!

Regtig? Ek wroeg nog oor die vorige spesiale dag (New Year’s), oor my komende verjaarsdag en hulle wil al Valentine’sDay hou? (Ek haat Valentine’s Day!! Laat ek dit herhaal: EK HAAT VALENTINE’S DAY!!)

Ek besluit om dit in my agtergekop weg te bêre en eerstens te wroeg oor dag negentien: My 31ste verjaarsdag.

Dag 2

Ek trek my sokkies en tekkies aan. Ek trek my Smurf T-Shirt aan wat sê : “Relationship Status: Single” Ek het dit gekoop om in te oefen.(Vir ingeval die jong ouens by die bootcamp sou wonder.)

Toe gebeur die vreemdste ding terwyl ek draf. Ek voel exposed.  Ek voel soos ‘n running billboard wat ‘n thirty-something, slightly overwight dame adverteer!!  (In ‘n pers T-shirt. Almal weet wat pers impliseer.) En ja, dit raak toe nog erger! Niemand anders as die Beast (ex-bootcamp instructor) kom ry verby my nie.  Ek het net my kop laat sak en gebid hy erken my nie.

Dag 3

EK weet ek is nie die poplular tipe meisie nie. Ek is nie die sexy een wat al die aandag trek nie. Dit alles is OK. Ek is happy met wie ek is, ek is happy in my tie-die rokkie en bont blommetjies broeke.(al dink Bonna dit sit voornemende vlerkslepers af!)  Ek weet dat elke pot ‘n deksel hoe, hoe damaged die pot ookal is.
Ek weet al hierdie goed, en ek weet wat ek uit die lewe en die liefde wil hê. En tog het die T-Shirt storie my ietwat onkant gevang. Hoekom?

Wat gaan dan met my aan? Iets vreeslik is fout met my! Dit voel my iets gaan gebeur,maar ek weet nie wat nie. En ek weet nie hoekom ek so voel nie en dit freak my uit.

So, ek sal moet doen wat ek altyd doen as ek begin uitfreak. Ek sal moet beheer neem van die situasie. (maar wat is die situasie?)

Dag 4

Ek dink ek sou gemakliker gewees het in iemand anders se liggaam. Die uneasy feeling wil nie wyk nie. Ek wag vir iets om te gebeur, maar niks gebeur nie.
Dag 5
Die ongemaklikheid continues. Ek kan dit nie meer verduur nie. Ek ondersoek die emosies, die feite en die realiteit. Die inhoudsopgawe lyk nie baie goed nie. Die stukkies van my lewenslegkaart bevat ‘n unicorn, ‘n russiese model, ‘n hart opsoek na liefde, ‘n verstand wat niks daarvan wil weet nie en ‘n droë,  manlose dorp in Nambabwe.
Dag 6
Ek het dit nie regtig beplan nie.Dit het net gebeur. Ek het “online dating” in Gaan-Soek ingetik. Ek kom op ‘n site af wat mens toelaat om dinge so bietjie deur te kyk.  
Om die soektog bietjie makliker te maak moes ek ‘n paar vrae antwoord.
“Is jy ‘n man of ‘n vrou?”  Ek is ‘n vrou.
“Stel jy belang in ‘n man of ‘n vrou?” ‘n Man, asseblief.
“Kies die ouderdomsgroep”  Hhhmmmmmm……… van 27 (is dit te jong?) tot 35? Of dalk 40? Nee wag, ek bly eers by 35!
“Search”
En toe verskyn die profiele en vreemde usernames. OMW!! 
Meeste van hulle het nie fotos nie, wat my pla. Ek hou nie daarvan nie.
Ek scroll en kyk slegs na die profiele wat foto’s by het. Ek sien daar is een ou wat OK lyk en sy naam van ROB!@#$. Ek neem aan hy is Rob, of dalk Robert. Dalk wou hy sy eie naam net so klein bietjie verskans? Dis klink beter as “sexydude” and “I am your man”
Die profiel opsomming bevat alles wat mens moet weet.
Waar jy bly? Wat se ras is jy? Is jy gelowig? Wat se kleur is jou oë en hare? Hoe lank is jy? Jou liggaamsbou? Rook jy? Drink jy? Wat is jou inkomste?  (Rob!@$ is “not ready to about it?)
Ek neem aan Rob is òf skatryk en moeg vir meisies wat net agter sy geld aan is,òf Rob is ‘n kerkmuis.
Die ander het almal gesê “comfortable”, “enough” of iets dergliks.
Nadat ek 5 profiele uitgekyk het, blok die sisteem my. Ek moet eers registreer. Damn. Dit was nou amper fun.
Dag 7
Ek gaan terug na die online dating site. Ek gaan dit doen. Mens kan nie wag dat alles met jou gebeur nie. Mens moet pro-aktief wees. En ek is ‘n pro-aktiewe mens.
Eers lees ek die sukses stories. Die mense klink vreeslik happy. Maar ek kan nie help om te sien dat die laaste suskes-storie omtrent ‘n jaar gelede geskryf is nie?
Ek gaan na die “Tips and Tricks” (eintlik die moets and moenies)
Username: Ek moet ‘n username gebruik. Okay, so dis hoekom hulle sulke funny name het! Jy moet nie sê waar jy werk nie. BV: jy mag sê jy is ‘n boekhouer, maar jy mag nie die firma se naam noem nie. Jy moet versigtig wees.Ten alle tye.  Ek hou nie van hoe dit klink nie. Ek wil nie ‘n silly username hê. Ek kan nie aan ‘n naam dink wat my sal beskryf nie.  Ek wil nie “woestynroos”, “34DD” of “Anastasia Steele” wees nie.
Trust your gut:  If anything at any stage feels uncomfortable, walk away. (username and trust your gut maak my uncomfortable.) Your gut feeling is always right.
Ja, dit is!!  En my gut feeling sê vir my: Walk away. Nou dadelik.
Ek glo aan liefde. Ek glo dit kom in verskillende vorms. Op verskillende maniere. Ek glo dat party mense se liefde online is.
Ek het gedink ek sal dit kan doen. Maar op hierdie stadium van my lewe wil ek my regte naam gebruik. Ek wil my swakpunte nog voor my belangstellings noem. Ek wil net ek wees.
En ek besef net weereens, ek bly by wat ek lank gelede besluit het. Mnr Die Tweede gaan na my moet kom, aan my deur klop en sê:
“Hier is ek, Does. Vat my, maak my joune!”

Wednesday, 16 January 2013

Vooruitstrewend, agterbaks en voornemens


WEEK 1

Dag 1
Die jaar het gedraai. Dis 2013.

Daar was nie fireworks of champers nie. Daar was nie ‘n aftelling van 10 tot “Happy New Year” nie.
Dis was drap and boring.

“Hoekom sal mens paartie net omdat die jaar draai? Môre is net nog ‘n dag soos al die ander.”   Dit was die algemene gevoel van die geselskap waarin ek my bevind het.

Ek kon etlike redes aanvoer hoekom ek Nuwejaar wou vier. En normaalweg sou ek my sê gesê het en my opinies gelig het. Maar ek het net stilgebly. (ja, dis waar!!)

Dag 2

Die teleurstelling is groot. Die jaar het sommer (alreeds) ‘n slegte ritme aan hom. Was ek regtig so stupid om te dink dat die oorslaan van ‘n jaar (wat maar net nog ‘n dag is) ‘n verskil gaan maak aan my lewensuitkyk en my situasie nie??

(my situasie = boring werk, stupid blyplek, fantastiese motor, geen man/boyfriend/caretaker nie, oond-loos en plante wat besig is om te vrek. Wat sal die kopdok sê as sy dit hoor? Dit was altyd haar eerste vraag: “Lewe die plante nog?” Nope dok, jou pasiënt het hulle aan die genade oorgelaat. Hulle het Oktober laas water gekry en daar is nog 3’tjies wat blymoedig vasbyt aan die lewe. True survivors! Miskien moet ek hulle tog hou??)

 Nee, ek het nie gedink ‘n paartie sal enige iets verander nie. Dis hoekom ek die paartie wou gehad het.Dit sou ten minste iets gewees het.  Maar helaas nie. Ek sal maar doen wat ek altyd doen. Kla tot ek moeg is vir myself en dan voort-dinges.

Dag 3
Ek sulk.

Dag 4
Ek drink die New Year’s champers met baie aarbeie in.

Dag 5
Bonna sê mans vind ons skoonsus aantreklik!! Askies tog,  WAT HET JY GESê!!!

Is dit enigsins iets wat mens van jou skoonsuter wil hoor? En hoe kan my eie liewe broer dit aan my doen?  Kon hy nie net stil gebly het nie? Sê hy dit omdat hy dit ook dink?

Dag 6
Ek vra Bonna wat die mans ( GMPF!!!  Seker sy stupid bleddie vriende!!) so aantreklik vind aan my skoonsus.  

Haar mond!

Haar mond?? (wat het geword van vooruitstrewend en agterbaks? Sy het niks van daai nie en ek het alles van daai!!)

Ek weet nie hoekom nie, maar die hele gedoente ontstel my. (en dit ontstel my dat ek ontsteld is)

Dag 7
Ek sal maar my “agterbaks” in rat moet kry as ek nie wil muf in 2013 nie!  Ek begin dink aan die LYS VAN VOORNEMENS. 

Snaaks genoeg het ek  geen begeerte om  “vind ware liefde” daarop te skryf nie.  I wonder why?

“Verloor 10 kg” is egter nogsteeds heelbo aan. (hoe anders dan as jy saam met plankdun mense (of te wel, skoonsuster met ‘n mond) vakansie hou en die heeltyd soos ‘n oorgewig seekoei voel?
 
1.    Verloor 10 kg. (Dit beteken ek sal op ‘n skaal moet klim! Na die vakansie? There’s no way in hell dat ek so ‘n onverantwoordelike ding sal doen. Ek sal van voor af depressief wees. Ek sal wag tot einde Jan – dalk verloor ek al die ekstra kilo’s wat ek gedurende die vakansie opgetel het?)

 
2.    Brand sonbruin en gaan loop einde van die jaar op die beach rond in ‘n swart bikini, wat beslis nie die aandag op my mond gaan vestig nie. 
 

3.    Doen die paal-ding. (Daai ding wat Bonna en Jason Statham doen. En gimnaste. Die paal is vertikaal, en jy hou met jou arms aan die paal vas terwyl jy jou bene oplig totdat dit in ‘n horisontale posisie in. Miskien moet ek die een skraap? Bonna het gesê daar is min vrouens wat dit kan doen. Ek het boonop nog ‘n seer skouer. Dis dalkies nie eers medies moontlik vir my om so iets te doen nie???  

 
4.    Kry jou nooiensvan terug. Nèè, jou van. Jou geboorte van. (en verander dit nòòit weer nie.)

5.    Doen iets nuuts en kreatiefs en onverwags en lekker.

     
7.    Maak erns met jou studies L

8.    En die heel belangrikste:  Ontstel jou oor niks nie, veral nie ander mense se monde nie.