Week 2
Dag 1
Die restaurant-kennisgewing was te groot om te mis toe ek die dorp na 3 weke binnery : BOOK NOW FOR VALENTINE’S DAY!!
Regtig? Ek wroeg nog oor die vorige spesiale dag (New
Year’s), oor my komende verjaarsdag en hulle wil al Valentine’sDay hou? (Ek
haat Valentine’s Day!! Laat ek dit herhaal: EK HAAT VALENTINE’S DAY!!)
Ek besluit om dit in my agtergekop weg te bêre en
eerstens te wroeg oor dag negentien: My 31ste verjaarsdag.
Dag 2
Ek trek my sokkies en tekkies aan. Ek trek my Smurf T-Shirt
aan wat sê : “Relationship Status: Single” Ek het dit gekoop om in te
oefen.(Vir ingeval die jong ouens by die bootcamp sou wonder.)
Toe gebeur die vreemdste ding terwyl ek draf. Ek voel exposed.
Ek voel soos ‘n running billboard
wat ‘n thirty-something, slightly
overwight dame adverteer!! (In ‘n
pers T-shirt. Almal weet wat pers impliseer.) En ja, dit raak toe nog erger! Niemand
anders as die Beast (ex-bootcamp instructor) kom ry verby my nie. Ek het net my kop laat sak en gebid hy erken
my nie.
Dag 3
EK weet ek is nie die poplular tipe meisie nie. Ek is nie die sexy een wat al die aandag
trek nie. Dit alles is OK. Ek is happy
met wie ek is, ek is happy in my tie-die rokkie en bont blommetjies
broeke.(al dink Bonna dit sit voornemende vlerkslepers af!) Ek weet dat elke pot ‘n deksel hoe, hoe damaged die pot ookal is.
Ek weet al hierdie goed, en ek weet wat ek uit die lewe en die liefde wil hê. En tog het die T-Shirt storie my ietwat onkant gevang. Hoekom?
Wat gaan dan met my aan? Iets vreeslik is fout met
my! Dit voel my iets gaan gebeur,maar ek weet nie wat nie. En ek weet nie
hoekom ek so voel nie en dit freak my
uit.
So, ek sal moet doen wat ek altyd doen as ek begin
uitfreak. Ek sal moet beheer neem van die situasie. (maar wat is die situasie?)
Dag 4
Ek dink ek sou gemakliker gewees het in iemand anders
se liggaam. Die uneasy feeling wil
nie wyk nie. Ek wag vir iets om te gebeur, maar niks gebeur nie.
Dag 5
Die ongemaklikheid continues.
Ek kan dit nie meer verduur nie. Ek ondersoek die emosies, die feite en die
realiteit. Die inhoudsopgawe lyk nie baie goed nie. Die stukkies van my
lewenslegkaart bevat ‘n unicorn, ‘n russiese model, ‘n hart opsoek na liefde,
‘n verstand wat niks daarvan wil weet nie en ‘n droë, manlose dorp in Nambabwe.
Dag 6
Ek het dit nie regtig beplan nie.Dit het net gebeur. Ek het “online dating” in Gaan-Soek ingetik. Ek
kom op ‘n site af wat mens toelaat om
dinge so bietjie deur te kyk.
Om die
soektog bietjie makliker te maak moes ek ‘n paar vrae antwoord.
“Is jy ‘n man
of ‘n vrou?” Ek is ‘n vrou.
“Stel jy
belang in ‘n man of ‘n vrou?” ‘n Man, asseblief.
“Kies die
ouderdomsgroep” Hhhmmmmmm……… van 27 (is
dit te jong?) tot 35? Of dalk 40? Nee wag, ek bly eers by 35!
“Search”
En toe
verskyn die profiele en vreemde usernames.
OMW!!
Meeste van
hulle het nie fotos nie, wat my pla. Ek hou nie daarvan nie.
Ek scroll en kyk slegs na die profiele wat
foto’s by het. Ek sien daar is een ou wat OK lyk en sy naam van ROB!@#$. Ek
neem aan hy is Rob, of dalk Robert. Dalk wou hy sy eie naam net so klein
bietjie verskans? Dis klink beter as “sexydude” and “I am your man”
Die profiel
opsomming bevat alles wat mens moet weet.
Waar jy bly?
Wat se ras is jy? Is jy gelowig? Wat se kleur is jou oë en hare? Hoe lank is
jy? Jou liggaamsbou? Rook jy? Drink jy? Wat is jou inkomste? (Rob!@$ is “not ready to about it?)
Ek neem aan
Rob is òf skatryk en moeg vir meisies wat net agter sy geld aan is,òf Rob is ‘n
kerkmuis.
Die ander het
almal gesê “comfortable”, “enough” of iets dergliks.
Nadat ek 5
profiele uitgekyk het, blok die sisteem my. Ek moet eers registreer. Damn. Dit was nou amper fun.
Dag 7
Ek gaan terug
na die online dating site. Ek gaan
dit doen. Mens kan nie wag dat alles met jou gebeur nie. Mens moet pro-aktief
wees. En ek is ‘n pro-aktiewe mens.
Eers lees ek
die sukses stories. Die mense klink vreeslik happy. Maar ek kan nie help om te sien dat die laaste suskes-storie
omtrent ‘n jaar gelede geskryf is nie?
Ek gaan na
die “Tips and Tricks” (eintlik die
moets and moenies)
Username: Ek moet ‘n username gebruik. Okay, so dis hoekom hulle sulke funny name het! Jy moet nie sê waar jy
werk nie. BV: jy mag sê jy is ‘n boekhouer, maar jy mag nie die firma se naam
noem nie. Jy moet versigtig wees.Ten alle tye. Ek hou nie van hoe dit klink nie. Ek wil nie ‘n
silly username hê. Ek kan nie aan ‘n naam dink wat my sal beskryf
nie. Ek wil nie “woestynroos”, “34DD” of
“Anastasia Steele” wees nie.
Trust your gut: If anything at any stage feels
uncomfortable, walk away. (username
and trust your gut maak my uncomfortable.)
Your gut feeling is always right.
Ja, dit
is!! En my gut feeling sê vir my: Walk
away. Nou dadelik.
Ek glo aan
liefde. Ek glo dit kom in verskillende vorms. Op verskillende maniere. Ek glo
dat party mense se liefde online is.
Ek het gedink
ek sal dit kan doen. Maar op hierdie stadium van my lewe wil ek my regte naam
gebruik. Ek wil my swakpunte nog voor my belangstellings noem. Ek wil net ek
wees.
En ek besef
net weereens, ek bly by wat ek lank gelede besluit het. Mnr Die Tweede gaan na
my moet kom, aan my deur klop en sê:
“Hier is ek,
Does. Vat my, maak my joune!”