Wednesday, 16 January 2013

Vooruitstrewend, agterbaks en voornemens


WEEK 1

Dag 1
Die jaar het gedraai. Dis 2013.

Daar was nie fireworks of champers nie. Daar was nie ‘n aftelling van 10 tot “Happy New Year” nie.
Dis was drap and boring.

“Hoekom sal mens paartie net omdat die jaar draai? Môre is net nog ‘n dag soos al die ander.”   Dit was die algemene gevoel van die geselskap waarin ek my bevind het.

Ek kon etlike redes aanvoer hoekom ek Nuwejaar wou vier. En normaalweg sou ek my sê gesê het en my opinies gelig het. Maar ek het net stilgebly. (ja, dis waar!!)

Dag 2

Die teleurstelling is groot. Die jaar het sommer (alreeds) ‘n slegte ritme aan hom. Was ek regtig so stupid om te dink dat die oorslaan van ‘n jaar (wat maar net nog ‘n dag is) ‘n verskil gaan maak aan my lewensuitkyk en my situasie nie??

(my situasie = boring werk, stupid blyplek, fantastiese motor, geen man/boyfriend/caretaker nie, oond-loos en plante wat besig is om te vrek. Wat sal die kopdok sê as sy dit hoor? Dit was altyd haar eerste vraag: “Lewe die plante nog?” Nope dok, jou pasiënt het hulle aan die genade oorgelaat. Hulle het Oktober laas water gekry en daar is nog 3’tjies wat blymoedig vasbyt aan die lewe. True survivors! Miskien moet ek hulle tog hou??)

 Nee, ek het nie gedink ‘n paartie sal enige iets verander nie. Dis hoekom ek die paartie wou gehad het.Dit sou ten minste iets gewees het.  Maar helaas nie. Ek sal maar doen wat ek altyd doen. Kla tot ek moeg is vir myself en dan voort-dinges.

Dag 3
Ek sulk.

Dag 4
Ek drink die New Year’s champers met baie aarbeie in.

Dag 5
Bonna sê mans vind ons skoonsus aantreklik!! Askies tog,  WAT HET JY GESê!!!

Is dit enigsins iets wat mens van jou skoonsuter wil hoor? En hoe kan my eie liewe broer dit aan my doen?  Kon hy nie net stil gebly het nie? Sê hy dit omdat hy dit ook dink?

Dag 6
Ek vra Bonna wat die mans ( GMPF!!!  Seker sy stupid bleddie vriende!!) so aantreklik vind aan my skoonsus.  

Haar mond!

Haar mond?? (wat het geword van vooruitstrewend en agterbaks? Sy het niks van daai nie en ek het alles van daai!!)

Ek weet nie hoekom nie, maar die hele gedoente ontstel my. (en dit ontstel my dat ek ontsteld is)

Dag 7
Ek sal maar my “agterbaks” in rat moet kry as ek nie wil muf in 2013 nie!  Ek begin dink aan die LYS VAN VOORNEMENS. 

Snaaks genoeg het ek  geen begeerte om  “vind ware liefde” daarop te skryf nie.  I wonder why?

“Verloor 10 kg” is egter nogsteeds heelbo aan. (hoe anders dan as jy saam met plankdun mense (of te wel, skoonsuster met ‘n mond) vakansie hou en die heeltyd soos ‘n oorgewig seekoei voel?
 
1.    Verloor 10 kg. (Dit beteken ek sal op ‘n skaal moet klim! Na die vakansie? There’s no way in hell dat ek so ‘n onverantwoordelike ding sal doen. Ek sal van voor af depressief wees. Ek sal wag tot einde Jan – dalk verloor ek al die ekstra kilo’s wat ek gedurende die vakansie opgetel het?)

 
2.    Brand sonbruin en gaan loop einde van die jaar op die beach rond in ‘n swart bikini, wat beslis nie die aandag op my mond gaan vestig nie. 
 

3.    Doen die paal-ding. (Daai ding wat Bonna en Jason Statham doen. En gimnaste. Die paal is vertikaal, en jy hou met jou arms aan die paal vas terwyl jy jou bene oplig totdat dit in ‘n horisontale posisie in. Miskien moet ek die een skraap? Bonna het gesê daar is min vrouens wat dit kan doen. Ek het boonop nog ‘n seer skouer. Dis dalkies nie eers medies moontlik vir my om so iets te doen nie???  

 
4.    Kry jou nooiensvan terug. Nèè, jou van. Jou geboorte van. (en verander dit nòòit weer nie.)

5.    Doen iets nuuts en kreatiefs en onverwags en lekker.

     
7.    Maak erns met jou studies L

8.    En die heel belangrikste:  Ontstel jou oor niks nie, veral nie ander mense se monde nie.