Ek kry deesdae vreeslik baie die déjàvu gevoel.
Die "ek was al hier" gevoel. Dan begin mens gewoonlik paniekerig in jou brein se agriewe rondgrawe want jy wil weet wat volgende gebeur, maar jy kan nie onthou nie.
Of jy wil nie onthou nie!
Ek wil nie graag die E- Woord, wat 'n X tot gevolg gehad het, opbring nie. Maar toe het ek ook so gevoel soos ek nou voel.
Ek moes òf my lewe aanvaar soos dit was, òf ek moes 2 treë terug neem, 'n aanloop vat en SPRING.
Ek het gespring. En dit was die einde van die wêreld soos ek dit geken het.
En nou is ek weereens by die SPRING punt. Want my drome en ideale laat my nie toe om my standvastige, verantwoordelik, vervelig bestaan te aanvaar nie.
Ek sal nooit mense kan motiveer tot positiwiteit en dankbaarheid nie. Ek wil sulk as ek ongelukkig en nie wag vir "môre" se son wat weer sal skyn nie. Ek het al geleer dat mens deur "die dak oor jou kop" kan nat reën, koud kry, warm kry. Ek het geleer dat 'n standvastige werk jou nie gelukkig maak nie, eerder "vas".
Vandag is ek bly dat ek my drome, hoop, vrese en foute daar buite geplaas het. Ek is bly dat ek my belaglike soektog na 'n unicorn "public" maak. (ek hoop natuurlik in die geheim ek kom nie desperaat voor nie!)
Soms, laataand, as ek alleen is, wonder ek wat my besiel om aan te hou soek na iets wat dalk nie bestaan nie. Ek vra myself af of die soort liefde waarna ek soek, bestaan en of dit net nog iets in my malkop is. Dan herinner ek myself aan al my wense wat al waar geword het. En dat nie een van hulle oornag gebeur het nie.
En dan pos die unicorn 'n unicorn op facebook. Vir my.
En ek weet: Maak nie saak hoeveel keer ek nog moed gaan verloor nie, hoeveel ek myself 'n "stupid idiot" gaan noem nie, hoeveel van my planne flop nie, ek sal eendag nog kry waarna ek soek.
Daar sal altyd iemand wees wat met 'n unicorn prentjie regsit om my weer moed te gee.
Twee en 'n halfjaar gelede het ek gespring, min wetend dat ek tog in 'n land van wonderwerke gaan beland. In 'n land van stories en sprokies. In 'n land van unicorns.
Friday, 22 February 2013
Monday, 18 February 2013
Die plakkaat-kaart
Dit was op ‘n Saterdag namiddag voor Checkers
wat die rigting aanwysers van my lewe begin sin maak het – (onder die invloed
van 2 glase wyn) Op daardie oomblik het
die legkaart stukkies van my lewe begin inmekaar pas. Dit het alles begin by ‘n
gesprek met die Unicorn.
Ek:
Sy (my
skoonsuster) het alles wat ek nie het nie. Sy’t alles wat ek wil hê!
(mannetjie wat huil)
Ek hou amptelik nie meer van haar nie.
Die Unicorn:
Nou hoekom nie?
Ek:
(duh!!)
Ek is seker maar … jaloers!
Die Unicorn :
Jealously only makes
you ugly!
Ek:
I am an
ugly person!
Die Unicorn:
But only on the
inside!
Ek:
Ek weet nie wat met my aangaan nie. My lewe is
in reverse .
Die Unicorn:
Nou draai jou lewe in ‘n ander rigting.
Regtig? Die man kan so blatant en ongevoelig …
en ongelooflik logies wees. Dit maak sin. Ek moet van rigting verander, want
die mindset waarin ek is, maak my siek!
Ek het gedink na ‘n egskeiding werk dit as volg: Vind net weer liefde (ware liefde diè keer),
trou en kry kinders. Dit werk toe nie
so nie, het ek met groot teleurstelling besef.
So tussen die perd en die horing leer ek RIGTING
AANWYSER 1 .
Ek het natuurlik geen idee hoe mens nuwe
rigting kry as jou kop ophou dink het en jou hart ophou voel het nie. Toe
gebeur ‘n klein wonderwerkie. Ek lees weer die wyse woorde van Carolyn Myss
raak:
“The soul always knows what to do to heal
itself. The challenge is to silence the mind.”
Ek moet stil raak. Dat ek moet ophou dink en dom planne maak. Ek
moet ophou soek na ‘n beter woonstel met ‘n oond in omdat ek dink my geluk
daarin lê. Ek moet begin raaksien wat die lewe vir my stil-stil wil sê. Ek moet
luister na wat mense sê. Die kop moet
stil en die siel laat praat. Want ek weet dat ek al die antwoorde reeds binne
in my het. Ek moet hulle net vind. DIT WAS RIGTING AANWYSER 2.
Ek verjaar. Ek verouder en wonder wat die jaar
inhou. Ek en Lalie gaan kyk na The Hobbit: An unexpected journey. Die huislike hobbit word in sy rustige gaatjie bombadeer deur ‘n
klomp dwerge om op ‘n avontuurlike reis te gaan. Aanvanklik is Bilbo baie
twyfelagtig om sy gaatjie te verlaat. Ek sou ook nie wou gaan as ek in daardie
oulike gaatjie gebly het nie. (Die spens is fantasties) Maar dan doen hy iets wat ek nooit sal kan
doen terwyl ek in ‘n veilige hawe sit nie. Hy besluit om sy gaatjie te verlaat.
Hy hol deur ‘n groot stuk veld en skree vir die ander hobbits op die landerye :
“ I am going on an adventure!” RIGTING AANWYSER 3.
Op die ingewing van die oomblik stuur ek ons
vakansie foto’s na ‘n vriendin van Ma in Alaska.
Sy Skype terug: My kind, ek dink elke dag aan jou
Ma en Pa. Hoe gaan dit met hulle? Hoe gaan dit met jou?
Ek: Pa is iesegrimmig. Dis deesdae
onmoontlik om met hom huis toe hou. Maar dit gaan goed. Hulle het net baie oud
geraak. (ek antwoord maar eerlik. Ek weet
mos dat sy regtig wil weet hoe dit gaan)
Sy: Dan is daar iets wat hom pla. Mens raak net so
as daar iets is wat pla. (Sy is goed,
hierdie tannie. Ek weet ook daar is iets wat pla, ons almal weet, maar g’n mens
weet pla nie)
Ek: Ja nee, daar is iets wat pla.
Sy: Hoe gaan dit met jou, my kind? (ag nee, is dit nou toevallig of kom sy
agter ek probeer die vraag vermy?)
Ek: Ag, eintlik goed. Ek voel net of ek
stagneer het, of ek nie vorentoe beweeg nie, maar dit is seker nou nie die grootste probleem
wat mens kan hê nie.
Sy: Wat wil jy hê, wat verwag jy van
die lewe? (nee, nee net nie daardie vraag
nie. Ek haat die vraag!)
Ek: Ek kan nie net tevrede wees met ‘n
dak oor my kop en asemhaal nie. Ek soek rede vir my bestaan. Ek moet iets
beteken.
SY: Nou toe, kom ons gesels daaroor. Want jy weet as mens net aan dinge dink en
oor dinge loop en "tob" dan kry mens niks reg nie. Kom ons begin van n kant af.
Ek: Dis waar. Waar begin 'n mens - by watter kant?
Sy: Mens begin by dit wat mens hinder, nie by die
groot goed nie maar by die klein dingetjies. Ons is te vinnig om die groot
dinge te wil reg maak, dit is te moeilik.
Moet ook nie klomp dinge op een slag wil reg maak nie. Al wat jy vandag moet doen is neem n stuk
papier en skryf neer alles waarmee jy tevrede is en alles waarmee jy ontevrede
is.
Ek: Hoe maak mens as dit vir jou lyk of
geld al jou probleme gaan uitsorteer?
Sy: Geld is n snaakse ding , my kind. Dis
normaal weg nie geld wat die probleem is nie. Geld het n baie sensitiewe
"vibe". En hoe meer jy daaraan
dink en hoe dringender jy dit nodig het hoe verder dryf jy dit weg.
Ek: Ek weet geld is nie regtig die
probleem nie. Maar dit kan my intussen besig hou!! Die alleenheid vang my erg
baie. Ek het 'n mens of nog 'n asem
nodig.
(soos byvoorbeeld ‘n
kookkursus in Frankryk wat ek bitter graag wil doen!)
SY: Wat is fout hoekom kry jy nie
iemand wat na jou sin is nie? Is Windhoek die regte plek vir jou?
EK: EK het wortel geskiet in Windhoek. Ek is
baie happy hier.
SY: Is daar genoeg jong mense, kind? (nee, hier is nie!) Jy moet onthou die lewe druk mens partykeer op
snaakse maniere, as jy te halstarrig is om veranderinge te maak. Hoe meer n
mens tee skop hoe harder gaan die lewe druk.
"Go with the flow"
EK: Ek
weet, ek weet...... ek skop vreeslik graag teen die prikkels.
Sy: Jy weet ons bid mos, maar ons doen
dit mos uit gewoonte. Moet nie bid, en
as jy opstaan van jou kniee af, aangaan met jou gedink oor jou probleme nie.
Bid en dan los jy dit, los dit totaal en al uit. Dink nie eens daar oor nie, want dan is dit
nie meer in jou hande nie, en dan is dit ook nie meer jou saak nie. Want dan het jy dit oor gegee.
Ek: Tannie het nou sopas bevestig
waarmee ek nou al hoe lank sukkel. Ek weet ek moet laat los, maar die mens aan
my klou so vas en probeer alles beheer.
Sy:
My kind, as dit met n mens maklik in die lewe gaan dan leer jy nie
hierdie dieper dinge nie.Wees baie baie bly dat jou omstandighede is wat dit
is. Kan jy dink as jy bondels geld het
hoe min tyd sal jy hê om hierdie gedagtes te dink en jou lewe in orde te kry.
(En ek is ‘n kouer.
Erger as ‘n kopluis. Ek laat nie los as ek iets eers beetgekry het nie.)
AL DIE
PAD VAN ALASKA OOR GROOT SPASIE BLOU WATER (EN SKYPE) - RIGTING AANWYSER 4
Ma Lalie Facebook my dat die ‘n tydskrif meer
wil weet van hulle lesers se stories.
Maak nie saak wat dit is nie, vreugde , harsteer, deursettings vermoe of
‘n persoonlike reis . Sy moedig aan om te skryf. Ek wil skryf, ek wil my storie
vertel. Ek wil deel wees van die tydskrif. Ek wil my stories deel. Daar is net
een probleem. En vir my is dit ‘n groot probleem. My storie het nie ‘n einde
nie.
NOMMER 5 IN DIE RIGTING AANWYSINGS WAS ‘N DOODSKOOT ! (ek haat
stories sonder eindes!)
En toe gebeur iets met my Woorde-vriendin. Iets
wat ek wel hê met my moet gebeur. Dinge val in plek. Dit was nie 2 weke gelede
wat sy nog vir my vertel het dat sy en Mnr Woorde dalk wil Australië toe wil
gaan nie. Mnr Woorde het ‘n aanbod gekry en sy kwalifiseer vir ‘n visa. En ek
voel so opreg bly vir haar, dat ek nie eers jaloers is nie. LEER ‘N LES UIT NOMMER SES!
1.
Kry
‘n nuwe rigting
2.
Hou
op dink en luister na jou siel
3.
Gaan
op ‘n avontuur
4.
Laat
los die dinge waaraan jou nog vasklou
5.
Bly
skryf aan jou storie (en jy sal hopelik eendag bor-oor jou eie happy ending
strompel!)
6.
Verbreed
jou horisonne
En so bevind ek my toe voor ‘n Checkers staarend
na ‘n plakkaat met ‘n wynbenewelde verstand. Ek besef dat ek besig is om ‘n persoon te raak
wat ek nie is nie. Een wat ek nie wil wees nie.
Maar die plakkaat hou ‘n toekoms in. Een wat
glad nie sin maak nie en tog wys al die wysers soontoe.
Na die plesierboot op die plakkaat.
Om vakansie te gaan hou?
Nee, om die wêreld te gaan sien. Om alles wat ek het te los en net te gaan. Want ek moet
stories skryf. Ek moet happy endings soek.
Dit is tog wat skrywers doen.
Hulle travel.
Wednesday, 13 February 2013
'n Storie oor 'n storie
Wie het opgelet dat my blog 'n ander naam het?
Ek het koebaai gesê aan die dagboek. 'n Verandering was nodig. Ek het die ou spoke afgelê, ek hoop om 'n nuwe/ander fase in my lewe te betree en dit is net gepas dat my blog dit saam met my doen!
Ek gaan noem toe die nuwe fase "Does: 'n Sprokie-soeker" Dit was die naam wat 'n lêplek in my hart gevind het. Die naam is die verteenwoordiger van wat ek hoop (en op goeie dae, glo) vir die toekoms.
Ja, ek was weer in een van my idealistiese lugkastele toe die naams verandering plaasgevind het.
Agter die skerms het ek reeds twee "intro" blogs geskryf het vir die nuwe "grand opening". Maar hulle het nie lêplek gevind nie. Seker omdat dit met te veel entoesiasme en te min opregtheid geskrywe is. Ek was oordadig posititief en vol moed in die skrywes, ek het my nuwe blog behoorlik "promote". Die storie moes met 'n "bang" begin.
'n Nuwe, opwindende reis na 'n onontdekte eiland met 'n unicorn op - bla bla bla!
Dis 3 weke later en nog niks het voortgevloei uit my pen nie. Ek begin voel half en besef ek sal moet skryf soos wat ek altyd skryf - van die hart tot op die papier.
Ek voel nie juis die laaste tyd soos Prinses Does, unicorn-hunter, sprokie soeker nie.
Ek begin die gedagte oorweeg dat daar nie meer unicorns bestaan nie, maar net ponies. (en ek kan nie 'n ponie ry nie!!)
Dis tog maar wat almal vir my tussen die lyne probeer sê. Dat ek iets soek wat nie bestaan nie. (wel, dis is hoekom ek dit 'n unicorn noem)
Hoe dit ookal sy, of daar nou unicorn is of nie, dis is "afterall" wat ek wil hê.
Daarom het ek besluit, om selfs in my moedloosheid, maar die blog se naam te hou soos dit is.
Maar ek is klaar gewag - intussen hoop ek om 'n reis te onderneem.
'n Wêreld-reis.
Hoe ek dit gaan bewerkstelling is nog nie seker nie, maar ek het (altyd) 'n plan in my mou.
Vir nou is dit eers ek en "It's okay not to be okay"
Ek het koebaai gesê aan die dagboek. 'n Verandering was nodig. Ek het die ou spoke afgelê, ek hoop om 'n nuwe/ander fase in my lewe te betree en dit is net gepas dat my blog dit saam met my doen!
Ek gaan noem toe die nuwe fase "Does: 'n Sprokie-soeker" Dit was die naam wat 'n lêplek in my hart gevind het. Die naam is die verteenwoordiger van wat ek hoop (en op goeie dae, glo) vir die toekoms.
Ja, ek was weer in een van my idealistiese lugkastele toe die naams verandering plaasgevind het.
Agter die skerms het ek reeds twee "intro" blogs geskryf het vir die nuwe "grand opening". Maar hulle het nie lêplek gevind nie. Seker omdat dit met te veel entoesiasme en te min opregtheid geskrywe is. Ek was oordadig posititief en vol moed in die skrywes, ek het my nuwe blog behoorlik "promote". Die storie moes met 'n "bang" begin.
'n Nuwe, opwindende reis na 'n onontdekte eiland met 'n unicorn op - bla bla bla!
Dis 3 weke later en nog niks het voortgevloei uit my pen nie. Ek begin voel half en besef ek sal moet skryf soos wat ek altyd skryf - van die hart tot op die papier.
Ek voel nie juis die laaste tyd soos Prinses Does, unicorn-hunter, sprokie soeker nie.
Ek begin die gedagte oorweeg dat daar nie meer unicorns bestaan nie, maar net ponies. (en ek kan nie 'n ponie ry nie!!)
Dis tog maar wat almal vir my tussen die lyne probeer sê. Dat ek iets soek wat nie bestaan nie. (wel, dis is hoekom ek dit 'n unicorn noem)
Hoe dit ookal sy, of daar nou unicorn is of nie, dis is "afterall" wat ek wil hê.
Daarom het ek besluit, om selfs in my moedloosheid, maar die blog se naam te hou soos dit is.
Maar ek is klaar gewag - intussen hoop ek om 'n reis te onderneem.
'n Wêreld-reis.
Hoe ek dit gaan bewerkstelling is nog nie seker nie, maar ek het (altyd) 'n plan in my mou.
Vir nou is dit eers ek en "It's okay not to be okay"
Subscribe to:
Posts (Atom)