Wie het opgelet dat my blog 'n ander naam het?
Ek het koebaai gesê aan die dagboek. 'n Verandering was nodig. Ek het die ou spoke afgelê, ek hoop om 'n nuwe/ander fase in my lewe te betree en dit is net gepas dat my blog dit saam met my doen!
Ek gaan noem toe die nuwe fase "Does: 'n Sprokie-soeker" Dit was die naam wat 'n lêplek in my hart gevind het. Die naam is die verteenwoordiger van wat ek hoop (en op goeie dae, glo) vir die toekoms.
Ja, ek was weer in een van my idealistiese lugkastele toe die naams verandering plaasgevind het.
Agter die skerms het ek reeds twee "intro" blogs geskryf het vir die nuwe "grand opening". Maar hulle het nie lêplek gevind nie. Seker omdat dit met te veel entoesiasme en te min opregtheid geskrywe is. Ek was oordadig posititief en vol moed in die skrywes, ek het my nuwe blog behoorlik "promote". Die storie moes met 'n "bang" begin.
'n Nuwe, opwindende reis na 'n onontdekte eiland met 'n unicorn op - bla bla bla!
Dis 3 weke later en nog niks het voortgevloei uit my pen nie. Ek begin voel half en besef ek sal moet skryf soos wat ek altyd skryf - van die hart tot op die papier.
Ek voel nie juis die laaste tyd soos Prinses Does, unicorn-hunter, sprokie soeker nie.
Ek begin die gedagte oorweeg dat daar nie meer unicorns bestaan nie, maar net ponies. (en ek kan nie 'n ponie ry nie!!)
Dis tog maar wat almal vir my tussen die lyne probeer sê. Dat ek iets soek wat nie bestaan nie. (wel, dis is hoekom ek dit 'n unicorn noem)
Hoe dit ookal sy, of daar nou unicorn is of nie, dis is "afterall" wat ek wil hê.
Daarom het ek besluit, om selfs in my moedloosheid, maar die blog se naam te hou soos dit is.
Maar ek is klaar gewag - intussen hoop ek om 'n reis te onderneem.
'n Wêreld-reis.
Hoe ek dit gaan bewerkstelling is nog nie seker nie, maar ek het (altyd) 'n plan in my mou.
Vir nou is dit eers ek en "It's okay not to be okay"