Monday, 22 April 2013

Wat's fout?


Ek wil  iets sê, maar die enigste woorde wat in my kop opkom begin met ‘n F, ‘n B of ‘n D.  Nie een van hulle regtig appropriate vir ‘n dame om te gebruik nie    (Daar is natuurlik mense wat beweer dat ek nie ‘n dame is nie, maar “I beg to differ”!)

So ek sit al vir dae lank en probeer om my gevoelens op papier te kry, maar ek bly haak vas.

“Wat is fout met jou?”  vra ek myself.

“Ek weet nie!”  antwoord ek terug.

“Is jy nie gelukkig nie?”  vra ek.

“Ja, ek is”  antwoord ek weer.

“Nou wat is dan fout?”  Vra ek weer.

“My f…., my maggies man. Ek sê dan : EK WEET NIE!!!”

“Jy is eintlik ‘n baie bevoorregte mens, jy weet. Jy het soveel waarvoor jy dankbaar moet wees. Eindelose moontlikhede is op jou horison. “

“Gaan jy nou – wat eintlik EK is – ook begin met daardie nonsense?”

“Ja, ek gaan. Die lewe het lanklaas so goed gelyk.”

“Ek weet. “

“Jy trek een van die dae na ‘n nuwe woonstel toe!”

“Ek weet.”

“Een met ‘n oond.”

“Ek weet.”

“Jy het jou kar verkoop en jy beplan ‘n oorsese vakansie!!”

“Ek weet. “

“Dit gaan ‘n avontuur wees!”

“Ek weet. “

“Wanneer laas het jy na die padkaart gekyk? Ek dink jy maak goeie vordering. Jy is besig om ‘n moontlike nuwe rigting in te slaan, jy gaan moontlik op ‘n avontuur, jy het die dinge waaraan jy so vasklou laat los, jy gaan jou horisonne verbreed!”

“ Het jy gesien hoeveer keer gebruik jy die woord “moontlik”?  En – ek het ophou skryf, want ek kry niks uit nie. En ek dink en dink en dink – maar kom nie tot ‘n punt nie. Ek drink en drink en drink en kom ook nie tot ‘n punt nie. Punt twee sê uitdruklik – Hou op dink en luister na jou siel.  Ek kry dit nie reg nie.”

Ek het dit reggekry om vir 3 weke lank op te hou dink. Ek het vir 3 weke lank elke liewe dag gehuil. En toe het ek weer begin dink.

Ek is weer by die punt waar ek  dink ek moet net ophou dink en weer begin huil. Want dit was actually nogals lekker.

Ek gaan huil omdat ek nie eerste prioriteit in iemand se lewe is nie.. Ek gaan huil omdat ek op vreemde “territory:  is. Ek gaan huil omdat ek moeg is. Ek gaan huil omdat ek onseker is. Ek gaan huil omdat ek bang is.  Ek sal huil omdat almal rondom my babas het en trou. Ek gaan huil omdat iets groots "moontlik" besig is om te gebeur.  Ek gaan huil omdat daar buite ‘n unicorn is, skynbaar een met so ‘n groot horing dat dit dit sy visie total en al verblind en hy nie kan sien as ‘n meisie – totally worthwhile – voor hom staan nie.

Ek sal huil totdat ek klaar gehuil is.

En dan sal ek nog ‘n bietjie huil, net om seker te maak dat ek klaar gehuil is.