Thursday, 7 March 2013

Die Maan mense





Ek het van jongs af ‘n onverklaarbare konneksie gehad met Charlie Brown.

Vandag weet ek hoekom.

Ons is bang vir geluk……….. ons is maan-mense.

Soms wonder ek wat die doel van my depressie is. Is dit deel van my lewenspad  - dat ek ander moet help? Of is dit maar dat ek ‘n paar lesse as persoon moet leer. Soms raak vrèèslik deurmekaar en wonder of alles ooit ‘n rede het?!

Ek weet nie, maar vandag sal ek maar ‘n boodskap oordra wat dalk vir iemand iets in die wye wêreld kan beteken.

Depressie lysers, melanchoniese mense  - die maan mense - grawe dieper. Hulle ervaar intenser en meeste van hulle is oplettend en analities. En hier kom ‘n groot probleem.

Die analitiese gawe het tot volg dat die maan mens al die aspekte van ‘n probleem kan raak sien. Dit ly tot goeie “problem solving” (omdat jy die probleem – en die oorsaak – herken). Goeie “problem solving skills” het 'n “control freak” tot volg en dan het die probleem-oplosser self ‘n probeem geraak.  (vat dit en maal dit met 100 en jy kry vir Sheldon – The Boom Bang Theory!!)

Soms  raak ons dan die pad ietwat byster en moed hulp verkry.

Die meeste algemene vorm van hulp kom in oorsteunings boodskappe soos “hou moed” en “jy moet positief wees”  Indien jy regtig so ‘n persoon wil help moet jy daardie woorde NOOIT oor jou lippe uiter nie. Jy sal die persoon tot selfmoord dreig.  Jy laat onmiddelik die persoon minderwaardig en negatief voel.  (ons is hard genoeg op onsself, ons ken ons eie foute)

Ons maan mense besef ons is nie sonskynkinders nie en ons lewe lank is ons afgespeel teenoor die sonskyn-happy-go-lucky soort wat al ons lig gesteel het.  (sonkynmense is ietwat selfgesentreerd en stel hulle eie belange eerste. Die sonksynmense dink ons maanmense wil soos hulle wees, maar eerlik: ons wil nie regtig nie. Ons raak wel vies as ons weet dat ons beter weet – want ons luister en let op – en die son dan wil kom skyn waar die maanlig nodig is)

Ons is ook nie negatief nie. Ons het bewyse dat dit nie môre beter sal gaan nie. Ons het dit lankal reeds analiseer en in ons (enorme) geheue liaseer.

Tweede fout wat jy kan maak is om te probeer assosieer met die probleem. (as jy werklik kan, sal jy wondere verrig, maar as jy dit pot mis sit, gaan daar ‘n woede uitbarsting volg. Iets soos – “niemand verstaan my nie! Ek gaan bly sommer op die maan!”)

Wat doen mens om ‘n maanmens te help wat van sy of haar wentelbaan afgedwaal het?

Baie eenvoudig.

Jy erken die probleem. Dis al.

Ons het nie simpatie nodig nie, want ons hou nie werklik van aandag nie.  Ons het nie oplossings nodig nie – ons is die problem solvers.

Dis hoekom ek, en seker al die ander maanmeisies daar buite, unicorns soek!

Want dit vat ‘n baie besondere wese om ‘n maanmeisie te verstaan.