Ek het al vir meer as ‘n jaar nie ‘n skaal nie. En toe ek een gehad het, het ek dit nie gebruik nie. Daarom dat ek dit met my egskeiding vir my eks gelos het.
Ek het ‘n love-hate verhouding gehad met skaals. Dis nou toe ek maer was. Ek sien party mense, diè wat my vir korter as agt jaar ken, lag agter hulle hande as ek van my maerwees jare praat. Dink seker dit was “ all in my mind”. Later het dit net ‘n hate-hate verhouding geraak. Daarna het ek ‘n vrees vir die dêm ding ontwikkel.
Daai stokkie van die skaal is ‘n aweregse gelukwystertjie. Af maak jou baie opgewonde. Op maak jou depro en moedeloos.
Nou is ek alweer (nogsteeds) op ‘n dieet. Diè keer is dit anders. Ek weet ek gaan maer word. In my lyf is daar tonne deursettingsvermoë. Na jare wat dit op soek was, het ek dit weer gevind. Die wat agter hulle hande lag, kan maar lag. Ek het victory geruik. Ek is unstoppable.
Dag 2 van my dieet is suksesvol afgehandel met nie soveel as een keer wat ek tempted was om the cheat nie. Nou sit ek tussen twee vure. Uit ondervinding weet ek daar is niks so bevorderend vir ‘n dieet soos ‘n skaal se wystertjie wat week na week daal nie.
Dan sê ek weer vir myself. Vet is vet. Maer is maer. Maak nie saak wat jy weeg nie. Maar hoekom het niemand dan nog ooit gesê “weight is just a number” nie?
Die vraag is nou: Sal ek of sal ek nie ‘n skaal aanskaf nie?