Dag 1
Week 9. Die einde in sig. Ek is ready and motivated om die beste te maak van die tyd wat oorgebly het. Toe begin dit reen. Getroue bootcamp-monsters wat ons is, is ons daar (Ons = Does, Saartjie en Lalie). In die reen, ready for action. Kara Kroft kon natuurlik nie wag om dit as verskoning te gebruik nie en het geskitter in haar afwesigheid.
Maar die aanhoudende gesous op die oefenveld maak dit onmoontlik om te oefen. Saartjie neem beheer van die situasie en nooi die Beast vir ‘n drink. En weg van die oefenveld is hy glad nie monsteragtig nie. (hy’s eintlik nogals oulik?) Ons praat bootcamp stories en Saartjie vra dat ons minder push-ups moet doen omdat dit haar Mamsie Links & Regs laat krimp het na ‘n 34 A. (Ek en Lalie swyg, ons kla nie daaroor nie)
Dag 2
Ek is confuse en alleen. Hoekom weet ek nie? Daar is oorgenoeg mense in my lewe en dinge om te doen. Mnr H en ek gesels een stryk deur, Chuck gee raad en spot oor die situasie. My familie is nog almal lief vir my en my vriende hopelik ook.
Dan is daar bootcamp en die Beast. Hy het gister aand kaalvoet by die drinkplek opgedaag.Normaal weg keur ek nie kaalvoete in openbare plekke goed nie. Maar sjoe, die man pas in kaalvoet! (Dalk was sy tekkies nat van in die waterplasse rondhol?)
Saartjie en Lalie sê ek moet my attitude en lang gesig regpluk. Saartjie stel voor ek neem die lyding want vandag se outjies is skaam. Sy het vir Mnr SS so in katrol. Ek het my eksman ook so in katrol en waar het dit my gebring!! (catch is een ding , release ‘n ander)
Ek het my hare laat sny en die Beast het dit opgemerk. Flippen hel, as hy nie blou oë gehad het en in kaalvoet gepas het nie, sou ek lankal nie meer oor hom gepraat het nie.
Dag 3
Ons doen naweek beplanning en die girls wil die Beast betrek. Ek moet hom nooi, maar ek’s te skaam. Hulle wil nie, want hulle is getroud en dis onbetaamlik. Ek vra vir Chuck wat hy dink en hy voel dat ek net die Beast moet nooi en klaar kry.
Dag 4
Saartjie kom tot my redding en nooi die Beast uit. Hy trap ietwat ongemaklik rond en sê dit klink lekker. Hy lyk skepties, ek voel skepties. En dan vang die Beast se oog myne ek kry ‘n snaakse rilling. Dit was nie ‘n normale kyk nie, of was dit? Ek voel hoe my wange rooi raak. Ek voel hoe ‘n bang word gevoel van my besit neem. Die Beast beloer my en ek beloer hom. Toe raak ek rerig bang ensê ek moet ry, ek is laat vir ‘n afspraak.
Dag 5
Ek wonder vir ‘n rukkie wat ek gaan aantrek, en dan wonder ek hoekom ek nou weer iets mooi wil aantrek? Dis net drinks met die girls en miskien die Beast. Ek is nie oop vir teleurstelling nie. Chuck het voorgestel dat ek die Beast moet vasgryp en in ‘n ander dimensie insoen. Ek weet nie hoekom almal dink ek moet die man soen nie. Ek is nie ‘n Beast temmer nie. Ek is Does, ‘n banggat en ‘n wegholler.
Dag 6
Dag vyf het eers in die oggendure van dag 6 opgehou. Die Beast hou van kuier en praat (en hy kan dans!!!) Hy noem my “nooi” Sò dat dit nie outyds klink nie. Hoe kry hy dit reg? En dan sê hy goed soos ek ‘n het spontane persoonlikheid vir ‘n boekhouer (huh?), het ‘n sonskyn geaardheid (wat rook die man?) en ‘n so ‘n positiewe mens (dit moet iets potent wees!!)– alles ‘n klomp snert. Spontaan, sonksyn en pragtige is nie woorde wat in dieselfde sin as Does genoem word nie. Maar sooooo lekker om hoor……..
Dag 7
Lalie se man vermoed die Beast is ‘n player en gigilo. Want hy weet van ‘n biokenitikus in Burgersfort wat vriendelik was met sy pasiënte en later baie onwelvoeglik (of dalk baie welvoeglik?) gehandel het met die ouer, ryker dames. Ons weet nie of dit dames dalk gekla het of dit geniet het nie, maar die punt bly staan dat ek nie ‘n ryk ou dame is nie……. en die Beast bly nie in Burgersfort nie.
Ek wag in spanning vir week 10 ..