Dag 1
Die Maandag is vol happy people. Ek is terug op my besem. Ek sit in my eie geïsoleerde gaatjie en wag vir beter dae. Ek het gedink as daar iemand is wat alleen-wees kan af pull, dit ek sal wees. Want ek is soms ‘n moeilike, iesiegrimming heks wat net op haar eie mishoop wil sit en die gifappeltjies na jelliemanne laat lyk.
Ek was verkeerd. Ek het iemand nodig wat vra “hoe was jou dag?” Een wat verkieslik sal luister as ek begin galbraak oor al die dom mense wat dom vrae vrae en eerder na Domland toe verban moet word. Ek sal bly wees as die persoon dan die gepaste “oe” en “aa” geluide maak en dan vir my ‘n glas wyn skink en dan voorstel dat ons sommer vanaand pizza moet eet!
Dag 2
Baboonwalks, squatjumps, lunchwalks, calves jumps.
Horrible goeters. Ek is eerder ‘n padda voor ek ‘n bobejaan is. Dis ‘n marteling van ‘n ander aard. Gelukkig vir my het ek al die kuns bemeester om “besig” te lyk op die oefenveld. Van die 5 push-up burpy’s het ek het minus een gedoen.
Dag 3
Dis oefening afdag. Goeie ding. Want ek kan nie loop nie. En as ek doen, lyk ek soos ‘n bobejaan. Voel ook soos een. Ek trek maar plat skoentjie en jeans werk toe aan. Die seer bene doen niks vir die gemoed nie en ek pos een of ander jammerkry status op my BB. My neef reageer en ek stort my hart uit. Lang storie kort, ek eindig op ‘n blackberry-blinddate met Mnr H, vriend van my neef. Die padjies van my lewe loop wilde, weird draaie.
Dag 4
Ek en Mnr H kuier lekker oor die BBM. Ek sê hom hy moet my eerder op FB nooi, want die BB knoppies tik te stadig. Hy doen. Die girls keer vreeslik, hulle is bang hy is ‘n facebook moordenaar!! Ek is nie bang nie, en gaan aanvaar. En natuurlik gaan check ek hom uit! Duh!! En daar sit toe ‘n Mev P op Mnr H se profiel – as sy vrou! “Married to” En die girls is met moord gepla!! Mnr H het gesê hy is besig om te skei – fair enough- so wat maak Mamma P nog op sy profiel? Ek gebruik nie graag die woord nie, maar “eishhhhhhhh”
Dag 5
Ek gee vir Mnr H Divorce 101 lesse. Mamma P moet van die profiel af. Sy kan nie daar sit nie. Been there, done that, got 2 T-shirts, en besluit dat ek vir Mnr H sal moet adviseer in die aangeleentheid. Ek stuur toe my advies deur per FB boodskap en kort voor lank is Mamaa P Done and Dusted. Ek wonder so in die stilligheid of sy dit sal agterkom en wat sy sal dink as sy dit raak sien. (Ag, dis so lekker om ander mense te help, ek moet dit meer dikwels doen)
Dag 6
Ons gaan kuier by Saartjie. Sy het heerlike punch gemaak. Dis geel en baie lekker, smaak net soos koelies. Ek dink Saartjie het chill pille by die punch gegooi want groot saligheid kom oor my. Ek voel net sorgloos en kommervry. Saartjie se buurvrou, Pinkie vertel lang stories. Van Afrikaanse musiek wat nie in haar smaak val nie, haar ex-boyfriends en vertel hoe sy geboorte geskenk het. Ek luister met ‘n halwe oor en skink nog punch. En toe skraap ek moed bymekaar en vra haar of sy haar nie elke oggend vrek skrik as sy in die spieël kyk en daai pink hare van haar sien nie!!
Dag 7
Ek is so moeg. Baie , baie moeg Almal dink dis die punch, maar ek weet van beter.
Ek wonder, ek wonder.......