Monday, 6 February 2012

Projek S.O.S 5 (tem die 30's)

Dag 1:

Ek het die min slaai en nog minder hoender gehad vir middagete. Teen  tjailatyd kan ek die hongerpyne nie meer beveg nie. En ek knak!! Ek eet 2 windbeskuitjies en toe 2 sny bruinbrood. Ek kan nie sien hoe ek op ‘n honger maag strawwe bootcamp gaan oorleef nie.

Na ‘n halfuur in die bootcamp (en reeds ‘n paar km later – ek is seker) weet ek nie hoe ek dit bootcamp gaan oorleef MET die 2 snye brood nie. Ek wil DOOD. Ek is dodelik bang ek begin opgooi. Dit sal ‘n klad op my naam wees aangesien daar net by die vorige kamp afgekondig is dat ek ‘n “challenge winner “ is. (daar was baie verbaasde kyk in my rigting en nou wil almal my dice)

Dag 2:
Na gister se brood petalje besluit ek om die dieet streng na te volg. Daar verloop nie een minuut gedurende die dag wat ek NIE honger is NIE. Ek was nog nooit so honger in my hele lewe nie. Ek besef nou hoekom die dieet so fantasties werk – dis omdat mens vrek van die honger. Dis starvation!

Die man met die sexy bene is al vir die 2de afwesig ! En ek is halfies seker daardie man het my motiveer om vinniger te hardloop! Ek kreun en steun en pak net die skuld my seer skouer en kniee as mens die challenge-wenner half vraend aankyk omdat sy die agterhoede dek.

Dag 3:
Whahaha. Vandag het ons frog-jumps gedoen! En ek ken mos van paddawees. Daai klomp maer vroutjies met gesuffer! (Jippee!!) Want van paddaspring het hulle nog nie gehoor nie. Ek wonder waste bootcamp het hulle bygewoon?

Ek stuur ‘n vonkpos deur na Lalie en Kara Kroft – wat maak mens op 30 as jou lewe nie verloop het soos jy beplan het nie. Wat sal die volgende stap wees?

Kara Kroft laat weet dat sy net soos ek voel. Met Renoster wat haar voor die kansel gelos het, voel sy “all dressed-up and nowhere to go”.

Ek vra vir De Vos hou hy oor die feit voel dat hy nog ‘n bacehelor is, maar die mas is min gegepla. Sê hy wag eerder vir DIE REGTE een, voordat hy trou en later skei – soos baie van sy vriende – OUCH!!

Dag 4:
Noudat ek die inhoud van my Projek S.O.S tem vir 30 agter gekom het, het ek weer ‘n doel voor oë.  MAAR, daar is nie ‘n manier dat ek dit alleen gaan doen nie. Kara Kroft is in dieselle bootjie as ek – sy sit langs my oppie rak. Lalie is werkloos (maar wel gegradueerd?? Spelling??)  Saarkie het alles – maar haar “alles” die wil nie saam gel nie.

Ons gaan ‘n girlsweekend moet reel en almal gaan hulle probleme op die tafel moet lê. Saarkie sal alcohol gevoer moet word, anders gaan sy nie praat nie. Lalie praat graag, het nie ‘n probs daar nie. Kara Kroft – ons gaat sukkel om vir Kara by die plan te laat hou. Kara het soveel deursettings vermoe soos wat ek takt het. (en takt is nie iets wat van ‘n boom afval nie)

Dag 5:
Die Valentine’s day count down is oral! Op die plaaslike radio, in die malls, op Facebook, in tydskrifte. Dit rooi, dis harte, dis love-love-love. En dit alles is orals.  Vir ‘n nie-romantikus is soos ek, is dit alles te erg. Ek kan nie die baie rooi en baie harte hanteer nie (mind you, ek love rooi en harte en rooi harte!) Dis hierdie jaar net ‘n suur reminder van wat ek nie in die lewe het nie.

Dag 6:
Ek gebruik die naweek wat voorlê om piece of mind te kry vir dit. De Vos nooi homself vir koffie en daag met sy fiets by my op. In ‘n fietsrybroek. Met ontblote bene. Op skool was ek oortuig daar is nie ‘n man op aarde wat mooier bene as De Vos het nie – ek het intussen meer bene gesien – en probeer so onderlangs loer De Vos se bene dit nog vir my doen. Maar dit sukkel – want De Vos kyk mens in die oë en gee my omtrent gee loer kans nie.

So met die wegstap kon ek darem sien dat De Vos definitief nie lelik bene het nie.



(groot BELANGRIKE naskrif :  Maats, dis by hierdie presiese punt waar dingetjies begin deurmekaar raak het!)












Projek S.O.S 4 (tem die 30's)

Dag 1

Ek moet weer die LYS VAN VERSKRIKLIKES uithaal. Ek moet aanteken wat MAG en WAT MAG NIE. Ek moet struktuur en orde in my lewe kry. Ek komn êrens in die lewe  nie, ek stagneer. 

Ek trek al by week vier van ‘taming the thirties” en ek het nog  Koos-all mak gemaak nie. En dit is vir my belangrik om te vorder. Hoekom?  Omdat ek 30 is en op die rak sit. En omdat ek verkies om die sexieste rakdame te wees. Omdat revenge nog altyd die beste manier was vir my om deur seerkry te worstel. Omdat ek nog altyd hierdie fantasie gehad het om eendag swaaiboude verby die mans te stap wat my nie wou gehad het nie, en iets te skree soos. “You want a piece of me?” You ain’t gonna get some”.

Ek kan die dubbel-ken  nie meer hanteer nie. Ek kan die sweet onder die 2 susters nie meer hanteer nie. Ek kan dit midrif en walle nie meer hanteer nie. Die goed gril my.

Dan is daar nog skurwe voete, gebreekte naels en woeste wenkbroue. (ek praat nie eers oor die stukkende knieë.)

Ps: De Vos wil hom doodlag oor ek so lekker neergeslet het in die teerpad. (De Vos  - ons De Vos  - wat ek jare laas gesien het – ons mis mekaar altyd as ons oor vakansie tye na ons hometown terugkeer – anyways – De Vos is ook nie meer so sexy soos hy was nie – lekker vet geraak!)

Dag 2
Ek soek my eks of enige iets wat met hom kan verband hou op FB! Ek fynkam die profiele van sy familie soos ‘n Sherlock Holmes vir leidrade. Ek wil weet hoe lyk die vrou wat nou in my droomhuis bly en wie se kind met my hond gaan speel. Maar ek kry niks.  NIKS. En ek wil mal raak.

Dag 3
Ek gee moed op en bel vir Paul. Hallo Paul, ek hoor jy is getroud. Baie geluk, ek wens jou net die beste toe! (en dat sy jou al jou hel gaan gee, voeg ek in my gedagtes by) Dit voel beter nadat ek met hom gepraat het. Hy klink soos ‘n vreemdeling. En dit pas my. Ek wil hierdie hoofstuk van my lewe afsluit en nooit weer daaraan dink nie. Daar is nog net een vreeslike doring in my vlees. Die mom’s mobile. Die kar herinner my te veel aan waar ek NIE in die lewe is nie. Ironies dat ek nou met die kar sit en Paul met die kinders. Dit motor gaan moet glip, ek soek ‘n nuwe een.

Dag 4
Jy kan my met ‘n mossieveer disnis slaan toe ek hoor dat ek die 10 weke bootcamp challenge gewen het.  Maar die stukkie positiewe tyd hou nie baie lank nie. Ek begin onmiddelik te twyfel – dis ontmoontlik dat ek kon wen! Miskien was ek  die enigste een wat gegaan het vir die bodystat? Miskien het die vrou my jammerkry oor die tantrum wat ek gegooi het (of dalk is sy bang vir my?) 

Dag 5
Ek het vandag retailtherapy nodig gehad. Ek hou egter kop en loer slegs by Pep Stores en ‘n fabrieks winkel in. By die fabriekswinkel loop ek ‘n bargain van ‘n witbroek raak en ‘n toppie van ‘n heel gegoede ketting winkel.  Die cheap fabriekswinkels speel altyd sulke rap (a yo-yo a yo-you) musiek en ek mors nie verder tyd met ‘n aanpassery nie.  Ek het nie regtig nodig nie, want ek kan flippen goed skat.

Toe ek  witbroekie van naderby bekyk sien ek dis ‘n size 12.  Fair enough, ek is nie regtig meer ‘n size 10 nie. Maar ek  sal baie gou uit die size 12 smelt.  Ook maar goed die broek het slegs N$ 35 gekos.

Dag 6
Ek pas vir witbroek aan – en kry skaars die knope toe – hoe is dit mooontlik???? Die broek moet dan ruimskoots oor my boude sit (my gat is sweerlik nie SO  groot nie) Ek kan nouliks aanvaar dat ek ‘n size 12 is (okay, ek is nie meer wat ek was nie) maar come-on, amper te klein vir ‘n size 12!? Dit beteken ek is oppad na ‘n size 14 toe, en ek WEIER om dit te glo. Ek WEIER NET EENVOUDIG.

Ek pluk die broek af (ek sukkel die broek wikkel-wikkel af oor my boude) en bekyk die ding deeglik deur. Daar is geen flaw aan die broek nie. Dis ‘n fabriekswinkel broek. Daar MOET ‘n flaw aan wees. REG? Reg!! Met ander woorde as daar nie ’n  flaw aan is nie, en die size 12 is duidelik nie ‘n size 12 nie, dan is dit mos verkeerd gelabel.  M.a.w die size 12 is hoogstens ‘n size 10 en ek kry darem nog die broek toe. Phewww, dankie tog ek pas nog in ‘n 10!!!

Dag 7
Na die witbroek eposide besef ek maar te goed dat dit tyd is om skouer aan die wiel te sit. Ek het immers 10 kg om te verloor. Ma het vir my lankal reeds die fantastiese eetplan gegee (as sy sê ditwerk, dan werk dit) Ek sal maar my hardekoejawel houding van ek-volg-nie-diete-nie-ek-eet-net-minder, moet laat staan en die dieet volg.

Die eetplan se motto is : Weeg jou kos, nie jouself nie!  Jou wish eetplan – ek het ‘n spinternuwe skaal. Ek is besig om my horisonne te verbreed en myself tot die uiterstes toe te beproef op hierdie hernuwings projek van my. Weeg sal ek weeg – die kos en myself.  

Middagete bestaan uit  90 gr vleis en 120 gr groente of slaai. Ek was reeds by die winkel en het die nodig vars goedere aangekoop. Behalwe uie, mag jy nie groente wat onder die groente groei,  eet nie.  Aanvanklik was ek baie positief oor al die lekker bo-grond groentetjies, totdat ek met die realiteit van Windhoek se middel-van-die-maand-groente-voorraad konfronteer is.  Maar ek het broccoli, kool, blaarslaai tamaties, komkommer, butternut en groenbone gekoop.

My eerste etetjie is toe gerookte hoenderslaai. En ek begin weeg. Toe die 2de kersietamatie die skaaltjie op 60gr laat staan, is ek erg verbaas. Is tamaties dan so swaar?  Maar toe ‘n paar skyfies kommer die skaal se nommer laat opskuif na 109 gram, raak ek erg benoud. Ek het slegs 11 gr oor en al wat nog in die bakkie is, is tamatie en komkommer – in beperkte hoeveelhede. Ek probeer positief bly, want blaarsaai weeg so te se niks nie. Ek sal maar die bord daarmee volmaak. Maar ‘n enkele blaar later skiet die skaal sy grampies tellertjies tot bo-oor die 120. Wat de Koos? Ek het gedog ‘n blaar weeg next to nothing!!

Ek skakel oor na die vleis prosies toe. 90 gr. Een hoender borsie weeg nagenoeg 180 gr, dit beteken ek mag ‘n halwe hoenderborsie eet. En dit beteken dat die 2 gerookte hoenderborsies my 4 maaltye gaan hou. Wat beteken , wat ek gedink het ‘n week se kosvoorraad is, in fact, ‘n maand s’n is. Ek weet nie of ek moet lag of huil nie.

Ek koekeloer na die groote broccoli in my yskas en wonder stilweg hoeveel maaltye in daai groen blommetjies sit?

Projek S.O.S 3 (tem die 30's)

Dag 1:
Ek het my gister poer-des-merdes geval.  Die stukkende knieë het die my spierwit beddegoed rooi met bloed bevlek.  Ek loop krippel en almal lag vir my. Ek vertel die girls ek’s verlief op die Beast. Dis nou regtig-egtig. Hulle lees my die leviete en hoogliedere voor.  Ekself is opgewonde en bang.  Aan die een kant wil ek nou alles in die stryd werp en baklei vir wat ek wil hê en aan die ander kant fluister ietsie in my oor dat ek versigtig moet wees.
Ek spring op die foon en begin sms en bbm almal wie se opinie ek op prys stel. Hard to get of easy to catch?  Wat gaan die man laat wakker skrik?  Saartjie is all for “easy to catch en koffie dates” Lalie is daarteen gekant. Sy wil kat en muis – of monster en muis – speel.  Chuck sê hard-to-get is sommer net stupid. Kara laat weet niks en Basjan sê net eenvouding “F die Beast – jy kan beter doen”.
Dag 2:
Ek hinkepink op Saartjie se raad om die Beast te nooi vir koffie. Ek wil nie my naam  weer met daai 10 m  plank slaan nie, maar control freaks soos ek vind dit baie moeilik om stil te sit en niks te doen as hulle voel daar moet iets aan ‘n situasie gedoen word. My maag maak elke keer so ‘n woeste lekker draai as ek aan ‘n plan bedink om die monster hok te slaan en dan raak ek weer naar vir myself. Dit verlief gevoel maak my siek – dis te onbeheerbeer, te onvoorspelbaar en die control freak raak bitter bang.
Dag 3:
My eksman is getroud! (whaaaaattttttt!!!!) Dis net omdat hy geld het – was my eerste gedagte. Wronggggggggggggggggg! Dis omdat sy swanger is! En dis nie al nie, sy’t blykbaar reeds ‘n kind, altans dis wat die skinderstorie sê! Dit neem my nie baie lank om almal in kennis te stel nie. Ek vertel hulle eers Paul is getroud en dan sing ek in ‘n baie vermakering toon “he’s gonna be a daddy”.  Ja, die man het nou ‘n kits-familia. Just add water and shake.

Dag 4
Alle popo’s slaat alle fans. Terselfde tyd. Ek probeer vure doodslaan en popo pitte optel vir al wat my lewe werd is. En toe begin ek myself jammer kry. Daar is niemand op wie se skouer ek kan huil nie. Die Jantjie-jammerkry stemmetjie begin sing harder as my vermakering stemmetjie. Jy’s alleen. Niemand gee om nie. Jy kannie cope met die lewe en stres en die werk nie. Jy’s ‘n depresiewe, negatiewe psycho wat knak onder die geringste druk.
Ek skaap moed bymekaar en vertel vir Meraai dat die Beast my gevry-en-gevlug het. Meraai praat met die wysheid van die ouderdom en vertel my sonder doekies omdraai dat ek my in ‘n doodloopstraat bevind. Die hoop het nou beskaam en die waarheid moet geface word. Geen meer soete dagdromery oor monsters nie. Die ding moet nou hier stop.Ek moet  herkondisineer, so sê Meraai. En ek besef dat sy reg is. Get yourself together. Collect yourself. En my hart breek so stukkie-stukkie.
Dag 5
My maagspieer is seer. Van gister se bootcamp. Die keer is die drilsersant ‘n dame en ek moet maar vir die ou langs my se sexy bene kyk. Die man hardloop soos die wind en is so uitbundig soos ‘n jong donkievul op ‘n reendag. Hy bokspring en laat my na ‘n overweight, oormoeg adult lyk.
Ek dra swaer aan die verlies van ‘n eksman. En die tekort aan ‘n spesiale persoon. En ek begin te huil. Oor die lewe en omdat ek voel dit behandel my onregverdig.  Ek huil oor myself wat onvergenoegd en ondankbaar is. ‘n Gebore smartvraat wat net niks anders van die lewe as net ‘n liefde wou gehad het nie. Ek herkondisineer vir al wat ek werd is maar dit sukkel. Drank en vloek maak die lewe, en veral herkondisinering, net soveel makliker.

Dag 6:
Ek word toe vandag verras (Let wel: verassings kan onaangenaam ook wees) met ‘n besoek van die Vlos.  Hy is nie juis die tipe ou wat ‘n girl se ego streel as hy belangstelling toon nie. Inteendeel, sy soort laat jou eerder minderwaardig voel. Hulle soort laat jou wonder hoekom hulle in jou belangstel en nie ouens soos monsters nie.  sy soort laat jou moed verloor en maak dat jy jouself op die rak sien sit – stof opgaar omdat ‘n jong, sexy superhot ou jou nie wou gehad het nie. Ek raak skoon bedruk terwyl ek na die goue tand man staar en wonder hoe ek ooit van die dowwe, warm seer gaan ontslae raak.

Dag 7:
Die liggaam en brein is broos. Die gemoed is broos. Ek het gedink ek is oraait met Paul wat getroud is, maar skynbaar is ek nie. Want hy het nou wat ek wil hê. Sy kits-familia tenoor my fam-foko-lia. Hy tick alweer die married blokkie,  ek tick al vir 2 maande (ja slegs 2 maande) die divorced blokkie. Hy het 10 @ 1 nie die divorced blokkie getick nie. Baie Vlos en Geen Beast. Van verlief tot verlore. Van hoop tot herkondisinering.

Koos. Oooo koos. Die lewe is Koosen-moeilik.

Projek S.O.S 2 (tem die 30's)

Dag een:
Daar is ‘n vreeslik gevoel wat aan my karring wat ek nie afgeskud kry nie. Dis soos ‘n kewer wat op en af hardloop in my werwelkolom. Ek weet ek moet iets doen, maar WAT? Ek skuif die gevoel eenkant toe en fokus op die partytjie reêlings. Gewoonlik werk dinge glad nie uit soos ek beplan nie, maar met die GROOT 30 gaan ek my bes probeer dat alles volgens die plan en prentjies in my kop verloop.
Ek begin ook vandag met ‘n nuwe eetplan – dit sal hierdie week slegs tot Dag 3 streng gevolg word, want my partjieresepte bevat room en nie 3 appels per dag nie. Dit is my laaste week van “rus”, volgende week begin die bootcamp weer en my Projek 30 – SOS – tem die 30’s!

Dag 2:
Na ‘n lang nag se wakker lê is ek moeg. Moeg van wakker lê, moeg van droom van iemand wat langs my lê. Ek slaap dwaroor die bed, skuinsoor, kop by voetentend. Soms hou ek hou ek 1 kussing van, soms pak ekmyself toe met 2 kussings. Ek lê die hele queen size bed vol, net jammer ek slaap nie.
Ek gaan oor die middag uur mall toe ek koop ‘n skaal. Om 30 te wys wie’s baas moet ek my vrese oorwin – een van dit is ‘n skaal en die ander een is public humiliation (daarvoor ek het nog nie krag nie) Die skaal moet elektronies wees, het ek besluit. Dat ek baie lanklaas in verbinding met ‘n weegmasjien was, word duidelik toe ek sien wat deesdae beskikbaar is. Nie net is daar elektroniese skale nie, daar is ook wat jou water-, vet- en spiermassa kan bepaal. Dis die een wat ek koop .Dapper Does.
FB het ‘n pos wat my aandag trek - Celebrities’ break-up hairstyles. Ek is ‘n jaar en ‘n half geskei. Ek het 2 potensiële liefdes gehad waarvan nie een belanggestel het nie. (ek het vir die wêreld vertel dat ek crushes op die ouens het – en my naam met ‘n 10 m plank geslaan) Nie vir een van die teleurstellings het ek ‘n verandering ondergaan nie. (ek het net wraakgedagtes gekoester) Ek oorweeg 2 opsies – Katty Perry of Ashlee Simpson. Toe bel ek die haarkapster. Sy kan my die volgende oggend om 8h00 boek!!

Dag 3:
Ek maak skaars ‘n oog toe. Ek raak wakker, rol rond en skakel die lig aan om na die uitknipsel van die 3 kapsels te kyk. (Jennifer Aniston het bygekom) Ek oor weeg dan die voordele en nadele en my eie vrese en verwagtinge. Dan neem ek ‘n besluit, skakel die lig af en probeer verder slaap. Probeer. Want dan herhaal die proses ditself. Ek besluit later op Ashlee Simpson. Dit is die grootste verandering en vereis die meeste waagmoed. Toe slaap ek verder.
As ek bang was of dalk deepdown gehoop het die haarkapster gaan my anders probeer oortuig, was ek verkeerd. Sy is maar te gretig om my hare met haar skêr te verslind.
(Ps: Die hare lyk toe stunning!)

Dag 4:
My 30ste is glad nie soos ek dit voorgestel het nie – dis 30 maal beter!! Te danke aan strawberry daiquiri en Vodka-en-ystee , die feit dat ek enige iets mag eet en myself met die regte vriende en familie omring. Ek wonder net soms of dit is omdat hulle my sad lewe van ‘n kant af bekyk en my jammer kry en of ek ooit iets vir hulle beteken. Want ek weet dat ek tè reguit is, tè aanhoudend en my neus indruk waar dit nie hoor nie. Ek is paranoid en ‘n control freak. En nou ek is by dit alles nog halfpad oud ook.

Dag 5
Saarkie bring vir my en Lalie koffie in die bed (ek daar gaan slaap) Sy’t byvoorbaat suiker in my koffie gegooi. Ek drink dit bitter, maar kla nie. Op kantoor voel ek soos ‘n ou ,vuil vadoek. Al waaraan ek kan dink is my bed en hoe lekker dit sal slaap.

Dag 6:
Die realiteit dat ek nou 30 is sak stadig in. Maar dit sak in. Ek weet daar lê ‘n lysie van to-do’s, ideale en doelwitte êrens in die huis rond. Ek weet ook dat ek nooit die lysie weer sal kry nie. Ek sal moet oor begin, nuwe lysie maak, want ek sit met ‘n groot probleem – EK IS VERLIEF OP DIE BEAST. No jokes! Maar ek weet ook dat my saak maar dim en grim lyk en dat ek baie vining, baie ernstig sal moet doen om die seer te sidestep.

Dag 7:
Ek moet weer 5 stappe vorentoe spring. Ek spring weg en skuif die woonstel soos ek en Lalie nou die dag bespreek het. Die lessenaar gaan na ‘n meer gerieflike spot. Want van môre af is dit ek en die boeke. Een ding wat nie uit my lewe gaan verdwyn nie, is die feit dat ek moet werk. En om geleerdheid te hê sal die salaris hopelik verhoog. Nou fokus ek op die dinge wat saak maak en nie die dinge wat ek wil hê nie. (en dis net baie sad!)
Ek voel tevrede met my effens meer positiewe gemoed en dit feit dat ek (soort van) ‘n plan het. Ek voel soos vars lug. Ek trek my tekkies aan (môre begin ek weer bootcamp) Ek draf gou oor winkel toe. Maar tussen êrens en nêrens, hardloop my bene vinniger as ek, en ek slaat in verskillende seksies op die teerpad neer.
Ek stap krippel-krippel huistoe, met die bebloede kniekoppe en stukkende handpalms.

Ek kan maar net herhaal :

Dinge werk so nie uit soos ek beplan nie.

Sunday, 5 February 2012

Projek S.O.S 1 (Tem die 30's)

Projek S.O.S (Tem die 30's!)

Dag 1:
Maandag. Dis die eerste dag by die werk na ‘n lang vakansie. Ek voel soos ‘n vis op droë grond. Daar is baie dinge in die lewe wat ek nog moet ontdek, maar ek het lankaaalllll uitgefigure dat ek nie van werk hou nie. En toe stormloop die vrae my – Die Beast? Die Beast niks! Hy’s ‘n idiot! Seker nie ‘n groter een as ek nie, maar steeds.

Dag 2:
My werksritme bly weg. Die lewe op 30 suck. Life in general suck. Ek weet ek is negatief – dit suck ook! Môre sal weer beter gaan! Wanneer is môre nou weer? En wie is nou weer die aap wat daardie stukkie wysheid kwytgeraak het? As ek hom in die hande kry, bars hy! As daar 3 woorde is wat ek haat is dit môre, hoop en sterkte. Die afgelope 2 jaar het ek daardie woorde te veel gehoor. En ek gaan toe die jaar in, met geen nuwejaarsvoornemes nie, vol moed. Dapper! Bleh!!!
En wat gaan doen DIE LEWE? Die Lewe gaan staan en pik op my!! Van my maanskyn-en-rose planne, nuwe liefde op die horison, het niks gekom nie. Mans is die pits. Hulle is wesens op 2 bene wat ‘n breinselle slegs vir werksdoeleindes gebruik en dan hulle testosteroon inspan om die res te doen. Die dag wat ek uitfigure hoekom ek so graag een van hulle in my lewe hê, sal ‘n blye dag wees.

Dag 3:
Ek wil ‘n dood sterf – ‘n vinnige een. Verlede jaar was oelala, liefde, rose, sterre, sprankel, whoop-whoop, ek gaan rock!!! Nou is ek bleh, boehoe, bedonnerd en gedra my soos draakasem. Waar die positiewe gedagtes vandaan kom wat soms my brein deurkruis, weet ek werklik nie.

Dag 4
Ek kry ‘n oproep van Vlos - die Flooze se man. Hy wil weet hoe dit gaan. Ek lieg natuurlik en sê baaaaie goed dankie. Mense van wie ek nie hou nie en wat my te nagekom het in my lewe, besit nie die voorreg om te weet hoe dit met my gaan nie. Flooze is een van daardie mense. Sy is soos ‘n boyfriend wat jou baie seergemaak het. Jy wil hom wys. Jy doen alles in jou vermoë om hom terug te kry, net sodat JY hòm die keer in die pad kan steek. Unlike me, lieg ek toe vir ‘n 2de keer op een aand en sê vir die Vlos ek het iets aan.

Dag 5
Ek is skaars by die huis of Vlos daag daar op. Voor die bier se doppie op die counter val weet ek dat hy die Flooze wil skei. Sy is ‘n slet, (Dit weet ek lankal), mal soos ‘n haas (ek het dit vermoed) en aan drank en dobbel verslaaf (ek is nie verbaas nie)
Ek kon natuurlik maak of ek jammer is om dit alles te hoor, maar so skeinheilig is ek nie. What comes around, goes around. Die Flooze en Vlos moet maar vir hulle kry. Vlos spring later in sy opgejazzde bakkie en gaan koop nog bier. My moet sak binne-in my skoene! Na die sixpack het Vlos genoeg moet bymekaar geskraap en bieg toe dat hy my nog altyd wou soen.
Hy wou my nog altyd soen! Ek draai die gedagte oor en oor in my kop om. Ek is ietwat ongevlei deur die aanbod, maar bedank baie beskaaf. Hy wil weet hoekom nie ( Duh!) Omdat ek nie goue-tand mans soen nie. Dis hoekom!

Dag 6:
Die Vlos se soen gedagtes sink nou eers werklik in. Ek begin my mos stadig maar seker vir die man te vervies (en vir alle ander mans) Die blerrie vark!! Om sommerso stories op te dis en te dink ek gaan oop wees vir ‘n gesoenery! Hoe kan die man dink dat EK in HOM sal belangstel! Ek hou van mans met spierwit, reguit tande wat Toyota Hilux’e bestuur.

Dag 7:
Ek wil gil en skree en skop. In kort: ek wil ‘n tantrum gooi. Net – ek kan nie, want ek is ampertjies 30. Ek wil ook vloek. Net – dis nie baie mooi nie. Ek en Lalie het besluit dat die lelike woorde……. Wel, lelik is. Ons besluit dat ons gaan rehabiliteer en die F – woord met Koos gaan vervang. Geheelonthouding is nie altyd die maklikste manier nie. Ons sal die probleempie stappie vir stappie aanpak.
Ek beplan en doen voorbereidings vir my verjaarsdag partytjie. Daar gaan meer tierlantyntjies aan wees as wat ek op my troue gehad het. En dit gaan girls only wees – want hierdie jaar gaan my lewe ‘n stukkie weerspieël van wat ek is. En op 30 is ek op my ownsome- lonesome self. Dis ook hoe ek my verjaarsdag gaan vier.

Manloos.