Ek moet weer die LYS VAN VERSKRIKLIKES uithaal. Ek moet aanteken wat MAG en WAT MAG NIE. Ek moet struktuur en orde in my lewe kry. Ek komn êrens in die lewe nie, ek stagneer.
Ek trek al by week vier van ‘taming the thirties” en ek het nog Koos-all mak gemaak nie. En dit is vir my belangrik om te vorder. Hoekom? Omdat ek 30 is en op die rak sit. En omdat ek verkies om die sexieste rakdame te wees. Omdat revenge nog altyd die beste manier was vir my om deur seerkry te worstel. Omdat ek nog altyd hierdie fantasie gehad het om eendag swaaiboude verby die mans te stap wat my nie wou gehad het nie, en iets te skree soos. “You want a piece of me?” You ain’t gonna get some”.
Ek kan die dubbel-ken nie meer hanteer nie. Ek kan die sweet onder die 2 susters nie meer hanteer nie. Ek kan dit midrif en walle nie meer hanteer nie. Die goed gril my.
Dan is daar nog skurwe voete, gebreekte naels en woeste wenkbroue. (ek praat nie eers oor die stukkende knieë.)
Ps: De Vos wil hom doodlag oor ek so lekker neergeslet het in die teerpad. (De Vos - ons De Vos - wat ek jare laas gesien het – ons mis mekaar altyd as ons oor vakansie tye na ons hometown terugkeer – anyways – De Vos is ook nie meer so sexy soos hy was nie – lekker vet geraak!)
Dag 2
Ek soek my eks of enige iets wat met hom kan verband hou op FB! Ek fynkam die profiele van sy familie soos ‘n Sherlock Holmes vir leidrade. Ek wil weet hoe lyk die vrou wat nou in my droomhuis bly en wie se kind met my hond gaan speel. Maar ek kry niks. NIKS. En ek wil mal raak. Dag 3
Ek gee moed op en bel vir Paul. Hallo Paul, ek hoor jy is getroud. Baie geluk, ek wens jou net die beste toe! (en dat sy jou al jou hel gaan gee, voeg ek in my gedagtes by) Dit voel beter nadat ek met hom gepraat het. Hy klink soos ‘n vreemdeling. En dit pas my. Ek wil hierdie hoofstuk van my lewe afsluit en nooit weer daaraan dink nie. Daar is nog net een vreeslike doring in my vlees. Die mom’s mobile. Die kar herinner my te veel aan waar ek NIE in die lewe is nie. Ironies dat ek nou met die kar sit en Paul met die kinders. Dit motor gaan moet glip, ek soek ‘n nuwe een. Dag 4
Jy kan my met ‘n mossieveer disnis slaan toe ek hoor dat ek die 10 weke bootcamp challenge gewen het. Maar die stukkie positiewe tyd hou nie baie lank nie. Ek begin onmiddelik te twyfel – dis ontmoontlik dat ek kon wen! Miskien was ek die enigste een wat gegaan het vir die bodystat? Miskien het die vrou my jammerkry oor die tantrum wat ek gegooi het (of dalk is sy bang vir my?) Dag 5
Ek het vandag retailtherapy nodig gehad. Ek hou egter kop en loer slegs by Pep Stores en ‘n fabrieks winkel in. By die fabriekswinkel loop ek ‘n bargain van ‘n witbroek raak en ‘n toppie van ‘n heel gegoede ketting winkel. Die cheap fabriekswinkels speel altyd sulke rap (a yo-yo a yo-you) musiek en ek mors nie verder tyd met ‘n aanpassery nie. Ek het nie regtig nodig nie, want ek kan flippen goed skat.
Toe ek witbroekie van naderby bekyk sien ek dis ‘n size 12. Fair enough, ek is nie regtig meer ‘n size 10 nie. Maar ek sal baie gou uit die size 12 smelt. Ook maar goed die broek het slegs N$ 35 gekos.
Dag 6
Ek pas vir witbroek aan – en kry skaars die knope toe – hoe is dit mooontlik???? Die broek moet dan ruimskoots oor my boude sit (my gat is sweerlik nie SO groot nie) Ek kan nouliks aanvaar dat ek ‘n size 12 is (okay, ek is nie meer wat ek was nie) maar come-on, amper te klein vir ‘n size 12!? Dit beteken ek is oppad na ‘n size 14 toe, en ek WEIER om dit te glo. Ek WEIER NET EENVOUDIG.
Ek pluk die broek af (ek sukkel die broek wikkel-wikkel af oor my boude) en bekyk die ding deeglik deur. Daar is geen flaw aan die broek nie. Dis ‘n fabriekswinkel broek. Daar MOET ‘n flaw aan wees. REG? Reg!! Met ander woorde as daar nie ’n flaw aan is nie, en die size 12 is duidelik nie ‘n size 12 nie, dan is dit mos verkeerd gelabel. M.a.w die size 12 is hoogstens ‘n size 10 en ek kry darem nog die broek toe. Phewww, dankie tog ek pas nog in ‘n 10!!!
Dag 7
Na die witbroek eposide besef ek maar te goed dat dit tyd is om skouer aan die wiel te sit. Ek het immers 10 kg om te verloor. Ma het vir my lankal reeds die fantastiese eetplan gegee (as sy sê ditwerk, dan werk dit) Ek sal maar my hardekoejawel houding van ek-volg-nie-diete-nie-ek-eet-net-minder, moet laat staan en die dieet volg.
Die eetplan se motto is : Weeg jou kos, nie jouself nie! Jou wish eetplan – ek het ‘n spinternuwe skaal. Ek is besig om my horisonne te verbreed en myself tot die uiterstes toe te beproef op hierdie hernuwings projek van my. Weeg sal ek weeg – die kos en myself.
Middagete bestaan uit 90 gr vleis en 120 gr groente of slaai. Ek was reeds by die winkel en het die nodig vars goedere aangekoop. Behalwe uie, mag jy nie groente wat onder die groente groei, eet nie. Aanvanklik was ek baie positief oor al die lekker bo-grond groentetjies, totdat ek met die realiteit van Windhoek se middel-van-die-maand-groente-voorraad konfronteer is. Maar ek het broccoli, kool, blaarslaai tamaties, komkommer, butternut en groenbone gekoop.
My eerste etetjie is toe gerookte hoenderslaai. En ek begin weeg. Toe die 2de kersietamatie die skaaltjie op 60gr laat staan, is ek erg verbaas. Is tamaties dan so swaar? Maar toe ‘n paar skyfies kommer die skaal se nommer laat opskuif na 109 gram, raak ek erg benoud. Ek het slegs 11 gr oor en al wat nog in die bakkie is, is tamatie en komkommer – in beperkte hoeveelhede. Ek probeer positief bly, want blaarsaai weeg so te se niks nie. Ek sal maar die bord daarmee volmaak. Maar ‘n enkele blaar later skiet die skaal sy grampies tellertjies tot bo-oor die 120. Wat de Koos? Ek het gedog ‘n blaar weeg next to nothing!!
Ek skakel oor na die vleis prosies toe. 90 gr. Een hoender borsie weeg nagenoeg 180 gr, dit beteken ek mag ‘n halwe hoenderborsie eet. En dit beteken dat die 2 gerookte hoenderborsies my 4 maaltye gaan hou. Wat beteken , wat ek gedink het ‘n week se kosvoorraad is, in fact, ‘n maand s’n is. Ek weet nie of ek moet lag of huil nie.
Ek koekeloer na die groote broccoli in my yskas en wonder stilweg hoeveel maaltye in daai groen blommetjies sit?