Ek het die min slaai en nog minder hoender gehad vir middagete. Teen tjailatyd kan ek die hongerpyne nie meer beveg nie. En ek knak!! Ek eet 2 windbeskuitjies en toe 2 sny bruinbrood. Ek kan nie sien hoe ek op ‘n honger maag strawwe bootcamp gaan oorleef nie.
Na ‘n halfuur in die bootcamp (en reeds ‘n paar km later – ek is seker) weet ek nie hoe ek dit bootcamp gaan oorleef MET die 2 snye brood nie. Ek wil DOOD. Ek is dodelik bang ek begin opgooi. Dit sal ‘n klad op my naam wees aangesien daar net by die vorige kamp afgekondig is dat ek ‘n “challenge winner “ is. (daar was baie verbaasde kyk in my rigting en nou wil almal my dice)
Dag 2:
Na gister se brood petalje besluit ek om die dieet streng na te volg. Daar verloop nie een minuut gedurende die dag wat ek NIE honger is NIE. Ek was nog nooit so honger in my hele lewe nie. Ek besef nou hoekom die dieet so fantasties werk – dis omdat mens vrek van die honger. Dis starvation! Die man met die sexy bene is al vir die 2de afwesig ! En ek is halfies seker daardie man het my motiveer om vinniger te hardloop! Ek kreun en steun en pak net die skuld my seer skouer en kniee as mens die challenge-wenner half vraend aankyk omdat sy die agterhoede dek.
Dag 3:
Whahaha. Vandag het ons frog-jumps gedoen! En ek ken mos van paddawees. Daai klomp maer vroutjies met gesuffer! (Jippee!!) Want van paddaspring het hulle nog nie gehoor nie. Ek wonder waste bootcamp het hulle bygewoon?
Ek stuur ‘n vonkpos deur na Lalie en Kara Kroft – wat maak mens op 30 as jou lewe nie verloop het soos jy beplan het nie. Wat sal die volgende stap wees?
Kara Kroft laat weet dat sy net soos ek voel. Met Renoster wat haar voor die kansel gelos het, voel sy “all dressed-up and nowhere to go”.
Ek vra vir De Vos hou hy oor die feit voel dat hy nog ‘n bacehelor is, maar die mas is min gegepla. Sê hy wag eerder vir DIE REGTE een, voordat hy trou en later skei – soos baie van sy vriende – OUCH!!
Dag 4:
Noudat ek die inhoud van my Projek S.O.S tem vir 30 agter gekom het, het ek weer ‘n doel voor oë. MAAR, daar is nie ‘n manier dat ek dit alleen gaan doen nie. Kara Kroft is in dieselle bootjie as ek – sy sit langs my oppie rak. Lalie is werkloos (maar wel gegradueerd?? Spelling??) Saarkie het alles – maar haar “alles” die wil nie saam gel nie. Ons gaan ‘n girlsweekend moet reel en almal gaan hulle probleme op die tafel moet lê. Saarkie sal alcohol gevoer moet word, anders gaan sy nie praat nie. Lalie praat graag, het nie ‘n probs daar nie. Kara Kroft – ons gaat sukkel om vir Kara by die plan te laat hou. Kara het soveel deursettings vermoe soos wat ek takt het. (en takt is nie iets wat van ‘n boom afval nie)
Dag 5:
Die Valentine’s day count down is oral! Op die plaaslike radio, in die malls, op Facebook, in tydskrifte. Dit rooi, dis harte, dis love-love-love. En dit alles is orals. Vir ‘n nie-romantikus is soos ek, is dit alles te erg. Ek kan nie die baie rooi en baie harte hanteer nie (mind you, ek love rooi en harte en rooi harte!) Dis hierdie jaar net ‘n suur reminder van wat ek nie in die lewe het nie. Dag 6:
Ek gebruik die naweek wat voorlê om piece of mind te kry vir dit. De Vos nooi homself vir koffie en daag met sy fiets by my op. In ‘n fietsrybroek. Met ontblote bene. Op skool was ek oortuig daar is nie ‘n man op aarde wat mooier bene as De Vos het nie – ek het intussen meer bene gesien – en probeer so onderlangs loer De Vos se bene dit nog vir my doen. Maar dit sukkel – want De Vos kyk mens in die oë en gee my omtrent gee loer kans nie.
So met die wegstap kon ek darem sien dat De Vos definitief nie lelik bene het nie.
(groot BELANGRIKE naskrif : Maats, dis by hierdie presiese punt waar dingetjies begin deurmekaar raak het!)