Monday, 3 December 2012

My gunsteling onderwerp: Fairytales


Iemand (‘n baie sexy iemand) vra my die naweek:

“Wat wil jy uit die lewe hê?”

Vir jou, dink ek.

“Maar jy kan my nie kry nie” sê hy.

En vir ‘n split second is ek heeltemal onkant gevang!. Het ek dit actually hardop gesê?

“So, wat wil jy hê?” vra hy weer.

“Gee my net kans om te dink”  sê ek (en te recover!).

(Ek weet nie of ek regtig weet wat ek uit die lewe wil hê nie. Daar is die afgelope jaar so geskaaf en geskuur aan my persoonlikheid dat ek myself nie meer regtig erken nie. Wil ek nog kinders hê? Wil ek weer trou of iemand spesiaal in my lewe hê?

Ek het ‘n man nodig gehad hierdie jaar. Wragtig weet dit.! Ek het een nodig gehad toe ek deur daardie donker gat gegaan het. Hy moes daar gewees het om my op te help. Om vir my kos te maak. Hy moes my geselskap gehou het daardie eindelose nagte lank wat ek nie kon slaap nie. Ek het gesmag na iemand wat my net kan help. Wat my las kon help dra.  Prince Charming, however (wie de hel hy ook al mag wees) het geskitter in sy afwesigheid. En nou, nou het ek hom nie meer nodig nie!

En nou wonder ek: Ek het Saartjie se seuntjie nou die aand gebabysit. En hoewel dit baie lekker is om ‘n klein ruggie te vryf terwyl hy sy melk lê en drink, het ek (seker vir die eerste keer in my lewe) nie daardie soort emptiness gevoel as ek na ‘n kind kyk nie.

Ek het wel nou die dag die soort emptiness gevoel toe Lalie begin "gaga" gaan oor ‘n paar Crocs (bid jou aan!) Ek het gevoel ek gaan faint toe sy sê dit voel of jy of wolke loop!! (Sy is swanger!!) Maar in alle eerlikheid dink ek nie dit het gegaan oor die swangerkap nie, ek dink dit gaan plein hier oor die feit dat ek my skoene vriendin verloor het aan ‘n paar Crocs.)

 “Ek wil gorgoues and funny wees. Ek wil my passies uitleef. Ek soek inner peace en true love.”

“Ek het jou gesê jy kan my nie kry nie. Ek is ‘n unicorn. Onverkrygbaar!”

Nee!

Nee, nee, nee! Het hy gesê unicorn??

“Het jou nou die dag die geprek oor unicorns  op Facebook gevolg tussen my en my vriendin?” vra ek, onmiddelik op my hoede.  He’s playing you, girl. Hy weet hoe jy oor unicorns voel en nou buit hy dit uit.

“Nee”, sê hy.

Nee?  Ek en Lalie het oor ponies en unicorns gepraat. Ek het gesê ek soek ‘n unicorn en sal nooit met ‘n pony te vrede wees nie. En hier is hy. My eie selferkende unicorn.

Kan dit wees?

En so bevind ek my self (once again) in ‘ n penarie. Ek het ‘n unicorn gesoek.

Ek het baie onverwags ‘n unicorn gekry. 

Dit klink soos die perfekte fairtytale.

Dit is nie.

Dis die lewe.

Toe ek jonger was het ek in iets geglo. Wat presies dit was,  weet ek nie. Sê maar dit was ‘n wêreld waar unicorns was. Dit ws ‘n wêreld waar enige iets moontlik was. Al wat jy moes doen was, glo. En wag. Glo en wag. En vertrou.

Ek het geglo. Ek het gewag. Ek het vertrou. En toe het ek met een helse slag af aarde toe gekom.

En ek het geleer.

Ek is nou sinies. Ek wil nie meer wag nie. Ek wil nie meer glo nie. Ek kan nie meer vertrou nie. Ek wil nou net wees. (en deepdown wag ek nogsteeds vir die flippen fairytale ending)

(Ek was een op ‘n tyd ‘n dame wat teen al die odds in kon hoop vir wonderwerke. Ek was so stupid. As ek my kop op ‘n ding gesit het, kon jy my nie daarvan af kry nie. Ek het ook geleer as  ‘n man vir ure lank geprekke moet jou voer (soos die sexy iemand), jy nie hoop moet kry nie.  As hulle reguit vir jou sê jy kan hulle nie kry nie, speel hulle nie hard-to-get nie. Hulle is eerlik, reguit en op die man af. Dis hoe mans is. Hulle droom nie oor fairtytales en unicorns’ nie.)

Ek sou al moed opgegee het as ek nie dood normale mense geken het, met die fairtytale-ending nie. Hulle is skaars, maar hulle is daar.

Vir my unicorn-fairtytale-ending, gaan ek ‘n miracle nodig hê, disguise as ‘n alledaagse gebeurtenis. Sal ek so bevoorreg wees?  Ek weet nie! Ek glo nie!

“So, wat weet jy nou eintlik van unicorns af?” vra ek.

“Dat hulle baie groot horings het” antwoord hy.