“Sy maak my
mal!”
Vir my ook, dink ek. Ek weet dadelik van wie hy
praat.
“Wie nou?” vra ek en hoop ek klink belangstellend en nuuskierig.
“Maaaaaaaaaaaaaaa!”
Sy is ons Ma. Sy het ‘n lisensie om ons mal te
maak. En sy het al jarre se oefening. Sy het op my en Ouboet begin! (Sjame, nou ek kry hom actually regtig jammer.)
“Hulle (oo, nou word Pa hierby ingesleep?)
maak my mal. Hulle is nie meer normaal nie.”
Jip, en jy is baie vinnig oppad. Ma het my amper mal gehad toe sy by my gekuier
het. Ek het haar nodig gehad, ja. Maar somehow, verander dit niks aan die
malmaak situasie nie.
“Hulle raak
nou maar oud, jong. Dan raak hulle so!”
Dis nou die
scary ding van familie. Ek ken hulle so goed. Ek weet hoekom hy mal wil raak.
Hulle is oppad dorp toe. Wat beteken hulle het selfoon opvangs. Wat beteken dat
ek en Bonna foto’s oor en weer moet stuur. Ek van my nuwe haarkapsel en hy van
Ouboet se kinders. (en dit alles terwyl
hy met sosiale gebeurtenisse wil opvang, FB en BBM!)
Ma het al
twee weke gelede die foto’s van haar foon (baie eenvoudige Nokia, met Bluetooth
en ‘n kamera – die beste ding since sliced bread - in ma se opinie) na Bonna se foon gestuur, sodat
hy dit weer op sy beurt vir my kan BBM.
Van Ouboet
se kinders, natuurlik! Die twee mees belangrikste faktore in Ma se lewe en die sin van haar
bestaan.
Die ding
van Ma is - sy sê iets nie net eenkeer en aanvaar jy gaan
dit doen nie. (gedeeltelik dalk ons skuld omdat ons dit nooit onmiddelik doen
nie? Ek weet nie!) Dis ‘n herhalende reaksie. Sy is aanhoudend. Sy beplan al
immers vir ten minste 6 weke vandat sy
die foto’s met haar Nokia geneem het, hoe sy dit by my gaan
uitkry!
En nou is
die oomblik van waarheid. Hulle het selfoon opvangs!
Ek het dit
die oomblik geweet toe ek van haar ‘n sms gekry het en ‘n BBM van Bonna. In fact
, ek weet dat hulle die SMS en BBM onderskeidelik getik en gesend het, voordat hulle nog in opvangs was, sodat dit onmiddelik
kan deurgaan as hulle in opvangs kom. Nie een minuut is te verspeel nie.
“Man, stuur
net die foto’s aan. Ek sal die nuwe hairdo ook aanstuur, dan’s dit oor en verby
en Ma is happy!”
Ek kry 3
foto’s.
Twee van
Louw. Op een het hy die fake smile
van ‘n 4 jarige wat hom snaaks hou, maar lyk nogsteeds cute. (Ek weet nie hoe hy dit regkry nie, 4 jarige kinders wat
hulle snaaks hou, irriteer my!)
Op die ander een ry hy sy nuwe “groot fiets” en Ouboet staan in die agtergrond – nog net so
lekker vet, sien ek. (Ek het gehoor hy wil na sy figuur begin kyk, maar kyk is
seker al wat hy gedoen het!)
Daar is net
een van Reties. En die lelike eendjie het verander in ‘n klein oulike
swaantjie.
En ek
wil-wil trane in my oë kry. Hierdie eens lelike kind, het in ons almal se harte
gekruip. Sy het my iets in Pa gewys wat
ek geweet het is daar, maar nooit self gesien het nie. ‘n Sagtigheid.
En sy toon
alreeds alle tekens van ons mal familie. En skielik begin ek uit sien na die vakansie saam met my
familie.
“O ja, Pa
het nou die dag een van jou stukke gelees. Hy is baie beïndruk met jou skryf
werk. Hy sê jy het ‘n besondere talent!”
Dis die ultimate compliment!! (Pa dink nie eers
hedendaagse ingenieurs is slim nie – daar’s te veel van hulle sê hy!!!)
“En jy hom
net nou mal genoem? Jy’s mal, man. Daar is niks fout met Pa nie!”