My 2012 timeline:
Januarie – verjaar en word 30.
Februarie – ontmoet ‘n potensiële liefde
Maart – verander FB status na “in a
relationship”
April – verander FB status na “single” en
besluit om dit sommer te delete (verhoudings is nie my sterkpunt nie)
Mei – Skryf eksamen
Junie – trek na ‘n ander woonstel
Julie – Bootcamp in die winter. Eksamen uitslae
en dop my gunsteling vak: Commercial law.
Augustus -
Slaaplose nagte en “loose” dit
stadig maar seker.
September – “loose” dit regtig en call for ‘n
time-out.
Oktober –
Kry die Baasklaas verassing
November – Kry ‘n nuwe kar
Desember – ontmoet ‘n unicorn.
Ek het hierdie jaar met ‘n fabulous spirit begin. Ek het geglo ek gaan unstoppable wees. (Apparently,
is ek stoppable! Vra die jaar 2012!!)
Ek is seker die jaar 2012 hou die rekords vir die
meeste vroue swanger, since ever!!! Mense trou, raak verloof en verander van “single” na “into a
relationship” op FB. Soms het ek FB vermy, die skokke was net te veel. Sout in my wonde!
Ek het
hierdie klomp happy mense bejeen met
‘n afskuwelike afguns. Dit het gevoel om
my lewensomstandighede gaan vries het. (wel, dit het!) Ek- as mens - het nie gevries nie. Ek het met een moerse
spoed gegroei. Geleer. Geval , opgestaan. (daardie proses het ‘n paar maal
herhaal) As eindproduk het ek heelwat meer plooie en dis iets waarmee ek sal
moet vrede maak, kom 2013.
(En nou het 2012 twee eindes. ‘n Ware
einde en ‘n Mooi storie einde (wat ook die waarheid is, maar dis meer
soetsappig en nie hoe ek werklik voel nie)
Die waarheid
is – 2012 is tot ‘n mate my verdiende loon.
Voor ek 28
en manloos was, was mense nie belangrik nie. Nie belangrik genoeg nie. Vorentoe
gaan was. Drome (al die verkeerde drome) was belangrik. ‘n Beter huis, ‘n beter
motor, ‘n strandhuis (ja, want wie kan nou sonder ‘n strandhuis klaarkom. )
Vakansie hou. Ek het nie eers aan kinders gedink nie. Ek wou nie voor 30 trou nie, let alone
kinders hê!!
En toe, op
‘n mooi môre twee en ‘n half jaar
gelede, het ek die lesse van die lewe begin leer. Diè wat ek reeds geken en ‘n
paar nuwes.
Wat die
meeste mense van nature weet, het my byna twee jaar en baie verdiet gevat om te
leer:
Die mense in
my lewe is my kosbaarste besittings. Hulle is my rykdom. Hulle maak my seer, maar hulle maak my weer
heel ook. Dis mense wat die leë oop spasie in my, toegemaak het.
Daar is
egter nog so ‘n klein gaatjie oop.
So ‘n ekstra
spesiale spasietjie!!
(En in die woorde van ‘n baie spesiale, abstrakte
karakter in my lewe: “Jy verloor nooit nie. As jy nie wen nie, leer jy!” Dis is
wat 2012 vir my was. Een mamoerse les!!
xxx )
Die ware einde:
Ek het vir die eerste keer in ‘n baie lang tyd ‘n slapelose nag gehad. Ek het weer vanaf 15h00 wakker gelê nadat ek uit ‘n onstellende droom wakker geword het. Een van daardie drome van hoe die lewe kan wees – die lewe wat ek graag wil hê. Ek was nie happy toe ek wakker word nie. Dis nie asof ek ‘n teenageris wat van die rugbyspan se kaptein gedroom het nie en nou die heel dag oor die droom gaan droom nie. Of weer aan die slaap wil raak, net omdat dit droom moet terug kom nie Dit vorm die kontras van wat ek wil hê teenoor wat ek het.
En dit maak my hartseer. Dit maak my moeg. En as ek moeg is, is ek weerloos en broos. Ek is bang. Ek is sò bang. Ek is bang al die seer en swaar kom terug. Ek is bang dat 2013 ook soos 2012 sal wees. Ek was positief. Ek was opgewonde. En toe begin die poppe dans. En ek begin rondspring soos 'n kakkerlak om 'n warm plaat, net om by te bly.
Dus end ek hierdie jaar op ‘n bang-nood af. Nie bang dat die werêld sal vergaan nie, eerder bang dat dit niè sal vergaan nie.
Bang dat die persepsie wat ek oor die lewe en liefde het, maar net alles in my kop is en dan dit nie regtig bestaan nie.
Bang dat die persepsie wat ek oor die lewe en liefde het, maar net alles in my kop is en dan dit nie regtig bestaan nie.
Bang, bang, bang
… en bang dat daar nie ‘n unicorn daar buite is nie.