Thursday, 19 April 2012

S.O.S .. in ‘n donker kamer vol banggeit

Ek is besteel. Ja, besteel. Rot en kaal besteel van die laaste sent in my bankrekening.

My geld is weg. Alles van dit!! (ok, daar’s N$ 20 oor)

Wie sê geld is nie alles nie? Geld is alles. Geld is vir my alles!! Is dit my straf? Omdat ek ‘n bank wou beroof? I was just kidding!! (nie heeltemal nie, maar dis besides the point)

Geld koop mooi goedjies (waarvan ek so baie al gesien het! L) Geld koop ook noodsaaklike goedjies – waarsonder ek nie kan lewe nie. Ek moet eet. Ek moet drink. L

En ek moet mooi goedjies hêêêêê !! L Ek sal honger lei al is ek lief vir eet, maar sonder mooi kan ek NIE lewe NIE. Ek STERF eerder. :’(

En behalwe dit alles – laat geld my veilig voel. Want geld is die eerste ding wat jy nodig het as die popo die fan strike. En my popos bly binne-in die flippen fan!  

Hierdie is ‘n tipes geval van hoe my lewe tot dusver geloop het: As dinge so vuurwarm raak dat ek dit nie regtig nie meer kan hanteer nie – gebeur daar nog iets – gewoonlik iets groots.

Soos ek skryf my kar af, byvoorbeeld. Of al my kollegas bedank op een slag. Of my pa seer homself ernstig.

En dit is hoekom daar ‘n kamer in my brein is wat spesiaal vir banggeit gereserveer is.

Ek is nie bygelowing nie. Maar ek is reeds nie ‘n potjievol positiewe sonskyn nie en dan gebeur daar sulke goed. Hoe moet ek anders as om soms net flippen bang te raak en te wonder wanner die volgende ding gaan gebeur.
Mense sê ek moet positief wees en die goeie oor my lewe Uitspreek! 
Hoe?
Hoe?

Hoe moet ek positief wees as ek die evidence dra van al die slegte. (wat ek so by the way NIE oor myself uitgespreek het nie! Hoekom sal die tenoorgestelde waar wees?)

Hier sit ek. Sonder geld. Tussen mooi. Met ‘n kop wat amper ‘n plan gehad het.

‘n Plan wat my spaargeld sou vereis het. En nou is dit weg.  Elke liewe sent is GONE!


Nou is daar slegs 2 dinge op my mind:
Een: Die lewe suig.
Twee: Ek is geskroef.


nee wag, daar is 'n 3de.


LIFE'S A BITCH!

S.O.S. Markte en Malls

 

Ek is steeds in Petoorsdorp en raak net al hoe meer bekoor deur die pragtige goedjies wat ek nie sien nie.

Ons was Saterdag op ‘n vlooimark en ek kon nie al die mooi indrink nie, maar ek het baie hard probeer. Ek het al die kontant in my beursie geblaas! En nie eers ‘n 10de gekoop van wat ek graag wou nie.

Ek het my hart verloor op sement- engeltjies met rooi hartjies, Coca-Cola kratte, bont palatso broeke, skildery van harte en polkadots, draadprodukte en KOS. Cupcakes, muffins, samoosas, tuisgemaakte souse. Ek weet nie wanneer laas ek so in my element gevoel het nie.
Deurentyd was  ek bewus van die warm gevoel wat in my hart brand. Daardie – dis-wie-ek-is gevoel.  Van al die kos en die mooi en die atmosfeer wat daar rondsweef.  Tussen die skadu's van die bome wil mens net na feetjies soek wat deel moet wees van die bekoring - (oh come on - ek kan nie glo dis ek wat hier praat nie - daar is actually 'n sagte kant aan my)

Ons besoek ook Malls en fabriekswinkels en maak planne om ‘n bank te beroof. In hierdie plek is daar te veel mooi goed. My oë kan dit nie hou nie.

Ons besoek ‘n kunswinkel – en toe verloor ek dit! Geen een mens se verbeelding is genoeg om daardie stukkie hemel op aarde te beskryf nie. As jy in die kunswinkel instap, verloor jy tred met die werklikheid. Mense en probleme bestaan nie.  Net miljoene idees wat deur jou kop vlieg. Ek wil nooit weer hier weggaan nie - dis te vreeslik lekker! Dis te mooi!!!!!
En dan die realieit van die lewe wat insink. (sug)

Ek begin wonder hoekom ek so ‘n sucker is vir mooi goed. Ek wonder hoe ek ooit weer al hierdie idees in my kop gaan stil kry en wat ek gaan doen om al my drome te bewaarheid.

Ek dink aan die boot. Ek dink aan hoeveel geld ek kan spaar. En dan dink ek aan my mense. My vriende en familie. My plekke! Ek wil dit nie agter laat nie. Ek wil nie weggaan van my ankers in die lewe nie.

Dis hulle wat my vas en soort van op koers hou.

Maar ek wil iets anders. En daai iets gaan geld kos.

Ek sal ‘n bank moet beroof.

Maar watter een?

Wednesday, 18 April 2012


S.O.S  ……………..?



 Ek is hier! (gisteraand 9h00 arriveer – direk in Ma Lalie se verwelkomede arms is. Ons was STOKFLOU!)

Nou wat nou?

Wat is die volgende stap?
Lalie, Ma Lalie en Sus Lalie is almal ingeboek by die haarkapster. Ek gaan saam met ‘n boek. Maar ek lees nie. Ek het hierheen gekom om te besin. So ek sit en dink… en probeer besin. Ek dink ek moet eerder begin lees. Want my besinning is ‘n mors van tyd. Ek vind geen sin en rede nie. Dit bly my ontwyk.

Maar ek besluit om deur te druk. Ek gaan ‘n eksperiment uitvoer – op myself. As ek vervelig genoeg is, behoort ek op my instink, op my innerself, my basiese ekke, te vertrou om ‘n oplossing te vind. Dan sal ek weer by die ware, natuurlike Does uitkom.   (as dit nou nie ‘n breingolf was nie – weet ek nie?!)
Ek sit en staar net na die haarsalon. Die haarkapper is netjies en modieus, maar haar haarsalon weerspreek haar uiterlike voorkoms. Dis vreemd. Gewoonlik is die with-it haarkappers se salon nogals iets om na te kyk.  Ek sou die mure (vir starters) ‘n ander kleur verf. En die hout plafon daarmee saam. Ek sou daardie toiings-rafels-fraaiings??  - Nugter weet wat dit is – voor die skuifdeur afhaal.

What a waste!  Ruimtes met potensiaal wat so vermors word. Dis hartseer. En daar sit mense soos ek, wat net wil decorating doen, in ‘n beknopte eenslaapkamer woonstel met BAIE defekte!

Voor ek my kom kry het Tom, die kreatiewe kabouter, ‘n heel nuwe interior vir die salon uitgewerk.  En Hannah Haas is gereed om die voorstel te maak. Sy wil sommer begin deur vir die haarkapstertjie te sê haar haarsalonnetjie kort bietjie-baie aandag in die visuele departement!

Maar ek bedink my betyds. Daar is altyd plek vir persoonlike verbetering en dit gaan my geen baat vind om ‘n haarkapster 1500 kilometer van my tuisdorp af te oortuig om haar haarsalon te verander nie.
Skielik onthou ek  hoe ek as klein dogtertjie al ander tannies se huise herdekoreer het. Of as dit ‘n mooi huis was, vir ure kon droom hoe ek eendag my eie huis sal hê wat net so mooi is.

Okay….ek dink ek maak vordering. My gevolgtrekking:

Tom die kreatiewe kabouter sit al vir jarre in sy kamertjie – met my opgekropte emosie. En ek het hom nog nooit  ‘n volwaardige kans gegee nie, omdat ek te bang is.

En ek dink ek weet uiteindelik wat sit in die  donker kamer wat ek die Toekoms kamer noem.

Ek dink dis plein, eenvoudige…………
 

BANGGAT-GEIT!!  

Tuesday, 10 April 2012

S.O.S........ s.o.s

Ek het eergisteroggend uit die bed geval en badkamer toe gestrompel. Die laken wit wese met die vuil, donker hare kon nie ek wees nie. Ek het gekyk en gekyk, die waswitbeeld het net teruggestaar. Haar oë uitdrukkingloos.  Maar hoe langer ek gestaar het, hoe meer het die patetiese skepsel na my gelyk!!

Die 2 slapies voor ons langpad na Petoorsdorp toe, was 2 slapies te veel.
En nou is ons byna daar  - in Petoorsdorp.  Maar ook nie!

Dis 16h00. Let wel SESTIEN HONDERD UUR – NAMIDDAG! PM!!
Ons het vanoggend reeds 4h00 in die pad geval en het dus reeds ‘n 12 uur skof agter die rug. Ons het al 3 lande deurkruis – Nambabwe, ‘n land van ooptes en dom donkies  en nou Die Suidland!   Daar staan ‘n skamele 2 ure tussen ons en ons eindbestemming. Daar is net een klein probleempie. Die tolhek waardeur ons moet ry om by Petoorsdorp, se werknemers STAAK. Ons kan nie deurgaan nie. Die motors en vragmotors het al so opeengehoop dat ons nie eers die tolhek kan sien nie. Om uit te vind wat aangaan, het ons omtrent ‘n halfuur geneem.

Om alles te kroon is die tegnologie (waarop ons staatmaak) besig om ons in die steek te laat. Lalie het die GPS se draad by die huis vergeet – ons moet die ding spaarsamig gebruik. Nie een van ons 2 se selfone werk nie – dit nadat ons seker gemaak het dat ons kan roam! Myne flikker net ‘n bloedrooi SOS teken (ironies, nê!) Ons is so in ons kanon in, ons kan nie eers missed calls gee en hoop om teruggebel te word nie. Lalie haal haar Nambabwe simkaart uit en sit die Suidland s’n  in – maar die Suidland kaart se automatiese blikstem tante praat iets van “expired”. Ek sit weer my 3G kaart in my foon, maar SOS teken flikker steeds voort.
Ons het ‘n noodgeval. Ons is 2 relatiewe jong, weerlose dames, sonder definitewe rigting in ‘n gevaarlike land, wat binnekort in donkerte gehul gaan wees. (Die skadu’s trek lank en onheilspellend oor die berge) Ons wil Petoorsdorp toe. Ons is moeg en mislik. Die fone wil nie werk nie, die mense wil ook nie ophou staak nie. Ons het geen ander keuse as om in ons spoor terug te draai nie – opsoek na ‘n betroubare ompad.

Twinting minute later is ons terug in die klein Mampoerdorpie, opsoek na betroubare mense wat moontlik vir ‘n ‘n betroubare ompad kan verduidelik.  
Kort voor lank gewaar ons twee boereooms wat gemaklik buite hulle bakkies staan en gesels. Dit is vir ons duidelik dat die ooms van die distrik is en ons sal kan help. Wat toe ook die geval is – hulle verduidelik ‘n ompad, om ‘n dam, deur ‘n township met die allervreeslikste hobbels in die pad, hulle verduidelik baie noukeurig dat ons eers by die TWEEDE Rustenburg afdraai moet afdraai en dan sal ons weer op die N4 wees na Petoorsdorp toe.
Ons klim toe in die grys tjorretjie met ‘n bietjie meer moed.  Die tolhek moet maar staak. Ons gaan petoorsdorp toe – via ompad!

Ons ry al om ‘n yslike dam, deur die township met geweldig baie hobbels. Ons ry verby die eerste Rustenburg afdraai en raak lateraan bang die tweede afdraai gaan nooit kom nie.
Dit raak later pikgit donker en ek het ‘n kloppende hoofpyn. Ek sluk die Panado’s twee-twee af, maar die pyn vervaag skaars.

En toe skielik is die tweede Rustenburg afdraai net daar !! Ons is op koers. Ons is amper weer terug op die N4.
Ons is amper daar……

Ons is amper in Petoorsdorp!

Monday, 2 April 2012


S.O.S  Petoorsdorp  - Ry of Gly





 Ek het my kleertjies in bondeltjies gepak. Vir Petoorsdorp. Die groot vraag staan steeds: Gaan Klaas die baas my afgee?
Ek het nie nodig om myself so bloot te stel aan moontlike teleurstelling nie. Maar ek besluit om positief te wees en my hopies te pak. Want as Klaas Die Baas die  neewoord gee, gaan ek, met of sonder my hopies, in ‘n bondeltjie trane op my sitkamermat beland.

Mol maak ‘n hele voorlegging in ons 2 se Doeskamer oor hoe ons die saak vir Klaas Die Baas gaan stel dat hy actually dink dit is noodsaaklik om ons af te gee. Mol is nogals goed met gedagtes orden. 

En soos altyd het Mol hom uitstekend van sy taak gekwyt want………………….. Does en span gaan saam met Lalie in haar grys karretjie Petoorsdorp!!!
Iemand het ons hulpkrete gehoor en dit was nie 911 nie!!  Jipee-hiehaa!

Tyd vir speletjies is nou verby. Ons moet nou fokus. Dis 3 slapies. 3 werksdae.  Baie om te doen.
Asem haal en fokus. Asem haal en fokus.

Plak ‘n glimlag op jou gesig, Does en face die wereld.
Ek is redelik positief dat ek in die oë van die wêreld doodnormaal lyk. Want niemand gee buite normale aandag of jammerlike kyke in my rigting nie. Dis net Ma wat elke dag bel – en dan ook nie weet wat om te sê nie. Dit is nie juis maklik om ‘n gesprek met my te voer nie, want my woordeskat het gekrimp na Ja, nee en O.K! Binne-in my is alles seer en hartseer. Die oënskynlike dood kalm ekke, voel hoe ek op die randjie van ‘n afgrond staan.

Dammit, ek dwaal al weer af. FOKUS!
Petoorsdorp is nou eerste op die lys. En al die TO Do’s!

Want projek SOS gaan nou in volle werking moet tree. My goeie pelle is nie meer deel van hierdie hernuwings projek nie soos ek oorspronklik gehoop het nie. 
I am on my own. (hulle is wel op speeddial vir moral support)

Punt 1 van Plan B – Petoorsdorp.
Hier kom ons!!