S.O.S Petoorsdorp - Ry of Gly
Ek het my kleertjies in bondeltjies gepak. Vir Petoorsdorp. Die groot vraag staan steeds: Gaan Klaas die baas my afgee?
Ek het nie nodig om myself so bloot te stel aan moontlike teleurstelling nie. Maar ek besluit om positief te wees en my hopies te pak. Want as Klaas Die Baas die neewoord gee, gaan ek, met of sonder my hopies, in ‘n bondeltjie trane op my sitkamermat beland. Mol maak ‘n hele voorlegging in ons 2 se Doeskamer oor hoe ons die saak vir Klaas Die Baas gaan stel dat hy actually dink dit is noodsaaklik om ons af te gee. Mol is nogals goed met gedagtes orden.
En soos altyd het Mol hom uitstekend van sy taak gekwyt want………………….. Does en span gaan saam met Lalie in haar grys karretjie Petoorsdorp!!!
Iemand het ons hulpkrete gehoor en dit was nie 911 nie!! Jipee-hiehaa!Tyd vir speletjies is nou verby. Ons moet nou fokus. Dis 3 slapies. 3 werksdae. Baie om te doen.
Asem haal en fokus. Asem haal en fokus. Plak ‘n glimlag op jou gesig, Does en face die wereld.
Ek is redelik positief dat ek in die oë van die wêreld doodnormaal lyk. Want niemand gee buite normale aandag of jammerlike kyke in my rigting nie. Dis net Ma wat elke dag bel – en dan ook nie weet wat om te sê nie. Dit is nie juis maklik om ‘n gesprek met my te voer nie, want my woordeskat het gekrimp na Ja, nee en O.K! Binne-in my is alles seer en hartseer. Die oënskynlike dood kalm ekke, voel hoe ek op die randjie van ‘n afgrond staan. Dammit, ek dwaal al weer af. FOKUS!
Petoorsdorp is nou eerste op die lys. En al die TO Do’s! Want projek SOS gaan nou in volle werking moet tree. My goeie pelle is nie meer deel van hierdie hernuwings projek nie soos ek oorspronklik gehoop het nie.
I am on my own. (hulle is wel op speeddial vir moral support)Punt 1 van Plan B – Petoorsdorp.
Hier kom ons!!