Ek het
sover gekom om myself uit die skadevergoeding te praat.
Daar
heers nou ‘n skynheilige vrede tussen my en BaasKlaas. Die groetwoorde op sy laaste e-pos maak my
nogsteeds boosaardig kwaad as ek net daaraan dink.
“ Ek
is so bly ons kon die onsmaaklike besigheid agter ons sit. Ek hoop ons gaan nog
saam oud word by die besigheid!”
Seriously?
Jy het
die onsmaaklikheid begin. En jy is klaar oud, wou ek terug tik (met my CAPS
LOCK aan)
Die
stof het dus gaan lê (en voel my ek daarmee saam), maar dis ook al. Die skade is gedoen en niks sal my ooit
hierdie les laat vergeet nie.
Ek
moet myself dwing om aan die lewe deel
te neem. En ek dink. Ek dink en ek dink.
Ek dink wat nou en waarheen?
Ek is
groot gemaak - arm, eerlik, hardwerkend. Pa het geweet hy gaan ons nie deur
universiteit kan sit nie. Ons is grootgemaak met die idee dat ons ons pad sal
moet oopwerk as ons “êrens” wil kom.
Want
ons wat die Nels is, moet êrens kom. Ons
is nie gemaak vir die normale nie. Ons is nie gemaak om in die middel rond te
hang nie. Heel bo of heel onder. (en
heel onder is waar ons deesdae rondhang) Alles of niks.
Oupa
was die rykste man in die dorp, way back
in the day. Pa het as ‘n rykmanskind grootgeraak. Pa moes êrens vergeet het dat sy kinders ‘n
arm man se kinders is, want hy’t ons met daai selfde rykmans attitude grootgemaak.
Pa is
nie juis ‘n man wat geld praat, of groot bedrae noem om ‘n gesprek interresant
te maak nie. Pa laat hom nie intimideer deur ryk of slim geleerde mense nie. Pa
sê mense moet respek verdien. Met geld kan hulle dit nie koop nie, deur net ‘n
BAAS te wees kan jy dit nie afdwing nie.
Pa het
ons geleer jy buig voor niemand nie. Pa het ons geleer niemand is beter as ons
nie.
Dis
hoe ons Nels grootgemaak is. Arm, eerlik, hardwerkend, hardegat en onbuigbaar.
Met ‘n wil en ‘n opinie van ons eie.
Pa het
gesê mens verkoop nie jou hart vir geld nie. Ons is grootgemaak om vry te wees,
vry van die wêreld en vry van mense.
En
hier sit ek nou. Vasgevang soos ‘n voël in ‘n hok.
Sonder
‘n hart………