Dan het ek ‘n diep weggesteekde vrees vir onsuksesvol wees. Om te misluk. En dan is ek bang vir arm wees. Ek wil nooit weer so arm wees soos toe ek ‘n kind was nie. Ek wil nooit weer net een paar skoene besit nie. Om ooit weer so arm te wees, maak my bang (Ek seker dit sal ander vrouens ook bang maak. Net een paar skoene is ‘n tragedie.)
(Probleem is net, behalwe nou van die skoene, is ek nogals arm. Ok, ek het nouwel ‘n splinternuwe (baie cool) kar, en ja sommige mense sal dink ek is ondankbaar, maar ek kan myself verduidelik.
Ek het kon ‘n hele kar gebruik as ‘n deposito vir die kar, wat maak dat die paaiement glad nie so groot is nie. Plus, die vorige kar was ‘n gehate item wat ek van my eksman ontvang het en waarmee ek vir langer as twee jaar teen my sin moes rondry. Die splinternuwe kar, was dus ‘n noodsaaklike en nie noodwendig ‘n luukse nie. Arm mense het noodsaaklikhede, ryk mense het luukses.
Behalwe van my skoen-versameling (‘n noodsaaklikheid) en my kar, is ek dus ‘n arm meisie. ‘n Arm meisie met ‘n uitputtende en stresvolle beroep. Een waarvan ek nie hou nie)
Terug op die punt van vrees en swak eienskappe: my vrees vir arm en onsuksesvol wees, is presies wat my gedwing het om die boring, seker pad te neem. Om hard te werk en verhogings te kry (en bonusse) en seker te wees van ‘n salaris elke maand. Want ek en die onsekerheid van die toekoms is nie maats nie. I need to know things. I can’t just go with the flow.
My vrese het my so verlam dat dit nou nog net swak eienskappe is.
Maar BaasKlaas het my nou bewys dat daar nog ‘n paar guarantees in die lewe is behalwe ‘n salaris aan die einde van die maand – base is almal min of meer van dieselfde stoffasie gemaak. Dis net die patroon op die bekleedsel wat verskil.
Dit het my genoodsaak om bietjie anders na die lewe te kyk. Ek moet ophou bang wees en my vrese in die oë kyk. As mens nie probeer nie, sal jy nie weet nie. Soos my wyse Oupa gesê het, daar is een ding erger as om ‘n fout te maak, en dis net om algeheel NIKS te doen nie. (en ek val in die NIKS-doen kategorie)
As my oupa van ‘n busdrywer, na akteur, na rykste man kon gaan, kan ek sekerlik ook. Ek weet ek het iets van hom in my, ek kan dit net voel. (ek wil ook mos nie die rykste vrou op die dorp wees nie, ek wil net gelukkig wees met skoene.)
Ek het te veel planne dat hulle net drome genoem kan word. As ek nie iets doen nie, sal ek altyd dink “ I have what it takes” maar ek sal dit nooit bewys nie. As ek nie iets doen nie, het ek klaar misluk. Dan sal ek elke oggend wakker raak en dink – is dit nou dit?
Ek is bly vir die mense wat oor niks dankbaar raak nie. Ek is bly vir die mense wat van agt tot vyf kan werk. Ek is bly vir die wat dink môre sal dit beter gaan.
Maar dis nie ek nie.
Ek sal my planne en my feite in orde moet kry…..
Ek
gaan ophou bang wees..
Ek
gaan al my moed bymekaar skraap…….. ..en dan gaan ek ‘n bank beroof en my hart loop
soek.