“Wat
is my beste eienskap?” (‘n vraag wat ek
tot vervelens vir my familie gevra het as die minderwaardigheidskompleks
sindroom van die middelkind wat ek is, by my kom spook)
“Jou
eerlikheid, my kind” Ma se antwoord, tot
my groot teleurstelling. Eerlikheid is nie glamorous
nie, eerlikheid is boring.
Eerlikheid
tel nie, sou ek sê. Eerlikheid bestaan nie meer nie. Ek was desperaat op soek
na ‘n ander, beter eienskap. (soos positief wees, byvoorbeeld)
Dan
sou Ma verduidelik dat juis omdat dit so ‘n rare ding deesdae is, almal dit
gaan wil hê. Sy het dit soos ‘n gesogte, unieke verskynsel laat klink wat deure
vir my kon oopmaak.
Eerlikheid
is vandag die ding wat my laat sit waar ek sit. (en ek sit nie op ‘n goeie plek
nie)
Eerlikheid,
ironies genoeg, is dit oorsaak hoekom ek van agterbaksheid, kontrakbreuk
,onetiese gedrag en what-have-you-not beskuldig word. My gunsteling gedeelte: gedreig word met
regsaksies en skadevergoeding wat die bedrag van ‘n klein motorkarretjie
beloop.
My
rekord van meer as 3 jaar, my eerlikheid, het niks getel toe BaasKlaas toe diè
besluit gekom het nie.
Die
feit dat (terwyl ek deur ‘n egskeiding gegaan het), soms 4 uur in die oggend
opgestaan het om te gaan werk (omdat ons under-staff
was) het ook niks getel nie.
Considering the fact dat ek 2 maande gelede met ‘n major-depressive breakdown gediagoneer is, sou menslike empatie ‘n welkome
gerustelling gewees het.
(Dit
is afterall hierdie bleddie job se
skuld dat ek met depressie sit. As ek die tyd gehad het om soos ‘n normale mens
my problem e te verwerk, sou ek nooit met depressie gesukkel het nie. Maar nee,
toe stres ek my mos dood oor werk vir ‘n aap wat self nie ‘n duit omgee nie.)
Eerlikheid
het dit alles aan my gedoen. Ek was so eerlik om vir BaasKLaas te sê dat ‘n
kliënt my genader het om haar kwitansie-sorting in my privaat hoedanigheid te
doen.
Jip,
my dienskontrak sê ek mag nie werk in my privaathoedanigheid doen wat verband
hou met my regte werk nie.
Nou
hoekom sal ‘n slim mens soos ek dan so ‘n dom ding wil doen??
Eerstens
– ek het vergeet van die klousule. Hoekom? Omdat ‘n kollga, privaat werk in
haar persoonlikhoedanigheid doen. Hoekom ek ooit so stupid kon gewees het om te
dink wat vir haar geld, geld vir my weet ek nie. Ek weet nie juis wat
demokraties beteken nie, maar ek is seker ek kan dit in my defence gebruik.
Gelykheid in regte?! (haar boops is
baaaaiiiieee groter as myne èn sy wys meer cleavage, natuurlik smaak sy ander
voordele as ek!!)
Tweedens: Aangesien ek hierdie kliënt reeds 2 jaar
bedien het, alvorens ek vir BaasKlaas begin werk het, het my laat dink sy is
MYNE! Weereens verkeerd, ek het haar vir BaasKlaas gegee, en sy in nou SYNE.
Diè
dat BaasKlaas heel mal gegaan het en my begin dreig met skade vergoeding omdat
ek sy precious kliënt afgerokkel het. (Smeagull is nie ‘n patch op Klaas nie, trust me!!)
Ek
weet ‘n storie is soos hy vertel word, feite is slegs feite as dit in ‘n
kontrak staan. Maar ek ken die waarheid wat in my hart geskrywe staan. En daar
staan niks van oneties of agterbaks nie.
Ek
dink vir die eerste keer in my lewe het ek Ma getroef. Eerlikheid is dalk ‘n
goeie eienskap, maar dis pretty worthless
in vandag se wêreld.
Om te
sien hoe 3 jaar se harde werk in een oomblik van eerlikheid tot nul verklaar
word, maak seer.
Ek
hoop net my wraak op BaasKlaas maak hom nog seerder.
Want
hiermee gaan hy nie wegkom nie.
Eendag
gaan ek op hom neerkyk en sê…..
“Die
blinde sambok is ‘n bliksem!!”