Die
minute het ure geword, die ure dae, die dae weke, en die weke het 2 weke geword.
En
nou’s dit tyd vir BaasKlaas se besoek aan ons hoofkantoor. Die eerste keer wat
ek hom in die oë moet kyk na ons twee se onderonsie.
Nie
dat ek iets het om oor skuldig te voel
nie, maar omdat ek ‘n broertjie dood het aan skynheiligheid. Maar ek kry dit
reg (net-net) om beskaaf en streng professioneel te wees.
Om op
kantoor professioneel te bly is een ding, maar die jaar afskeid ete is ‘n perd
van ‘n ander kleur.
Jy
gaan OK wees, sê ek oor en oor vir myself. (ek het ook vir myself gesê
BaasKlaas gaan nie omgee oor daardie ander aangeleentheid nie en dit het
wonderlik uitgewerk vir my!!)
Soos
die duiwel dit wil hê is ek die tweede
persoon wat arriveer by die restaurant. Ja, KlaasBaas was eerste. (Ek weet dit
omdat ek eers deur al die motors gestap het om te kyk wie nog daar is, juis
omdat ek die spesifike scenario wou verhoed.)
Ek sit vir 5 minute in die bloedwarm son en wag vir my kollegas. Niemand
daag op nie.
“Okay,
jy is nie kinderagtig nie. Gaan in en gedra jou soos ‘n grootmens.” Nadat ek dit 3 keer vir myself gesê het, is ek
nogsteeds nie oortuig nie. Ek besluit om een keer om die blok te ry, dalk twee keer. Meraai is
altyd baie stiptelik. Ek is seker sy sal enige oomblik opdaag
‘n
Blok en twee later is dit nogsteeds net ek en BaasKLaas.
Ek
beloer myself in die truspieeltjie. Ja nee, my lippe kort lipstick. Ek grawe
tydsaam in my handsak rond vir lipstick. Toe sit ek ‘n ligpienke aan.
Hhmm,
dis bietjie te lig vir die aand. Dalk ‘n donkerder een?
Ek
grawe verder, op my tyd, waarheen is die haas dan nou, vir ‘n donker lipstick.
Dit
lyk beter.
Maar nogsteeds
dof. Lipgloss. Dis net die ding!!
Toe
begin krap ek na die lipgloss. Met bewende hande.
Wat is
die use, wonder ek by myself. Ek bluf
niemand behalwe myself nie.
Ek sit
nietemin die lipgloss aan.
Okay,
jy is nie kinderagtig nie. Gaan in, rug reguit en gedra jou soos ‘n grootmens. Na die derde keer is ek
oortuig en begin met ‘n baie regop rug na die restaurant toe stap. En toe tref
dit my:
Waar
ek nou gaan sit, gaan my sitplek van die aand bepaal. En as dit nou nog net ek
en BaasKlaas is, beteken dit ek moet naby hom sit, en beteken dit ek moet die
hele aand daar sit.
Ok,
kinderagtig is een ding. Dit is ek nie. Klaar bewys.
Maar
dom is 'n heel ander ding. En dit is ek ook nie. Dus, ek gaan nie in
nie, maar draai terug om in my spoor , terug motor!
Die
idee van die jaareind ete is om dit te geniet. Dit maak nie sin om dit vir jouself
te bederf nie. Ek doen die regte (slim) ding deur net te wag vir my kollegas.
Maar
na nog ‘n verdure 5 minute die motor,
het ek my smaak vir die besigheid verloor.
Ek is
moeg, ek is regtig baie moeg. Dis ‘n bitter moeilik jaar wat agter my lê, een
wat ek baie graag agter my wil sit. Een die jaareind-ete is nog ‘n stappie
nader.
Die
lewe gooi curveball op curveball na mens. Ek het moeg geraak
vir die curveballs en moed opgegee om
hulle te probeer vang.
Maar
na KlaasBaas se rugstekery (ek het besluit om al die titels wat hy om my nek
gehang het, vir hom terug te gee), ek is nogals lus vir baklei.
Daar
lê nog ‘n groot stuk lewe voor my. Ek sal nog baie moeg raak, moedeloos raak en
balle op die grond laat val.
Ek sal
elke keer moeg opstaan en aangaan. Ek sal ook uit hierdie situasie moet opstaan
en aangaan. Hoe vinniger hoe beter.
Toe
klim ek maar uit die warm motor en stap non-chalant na die Tafel van Dood. Asof dit die
natuurlikste ding is wat ek nog ooit gedoen het.
Net om
die hele aand regoor KlaasBaas te sit en hom vol in die oë te kyk!