Friday, 7 August 2015

Hoofstuk 1 van die boek wat nog 'n naam moet kry


Saans, na huisgodsdiens , moet my broerskinders elkeen hul eie gebedjie bid.  Sy seuntjie, Louw, is ‘n introvert en het een aand sy  lot– diè gehardop bid dat almal jou kan hoor -  teenoor Ouma bekla.

“Oumies, hierdie gebiddery is nou nie juis my ding nie!”

Nou, ‘n jaar na die geboorte van my eersteling – en  heel moontlik my enigsteling -  voel ek dat moederskap nou nie juis “my ding” is nie.

Ek is sò deurmekaar, verward en moeg. Dit was ‘n mal jaar. Daar was soveel aanpassings. Ek het nou nog nie my voete in moederskap gevind nie, en twyfel of ek gaan.

Ek is gedurig in twee geskeur.  My hart en brein werk teen mekaar.  ‘n Mens se hart en brein werk anyway teen mekaar – standard rule of life – maar die dag as jy ‘n ma word, besef jy dat jy nooit ‘n rekonsiliasie tussen die twee sal bewerkstelling nie.

Menige maal oorweeg ek dit om net op te gee. ‘n Nevermind approach in te neem  - maar dìt, opgee en nevermind , strook glad nie met my aard nie.  Die oomblik as ek my groot koskas (Hannah se gunsteling speelplek) oopmaak en die verwoesting aanskou wat my kind gesaai het , skop alles in my teë!

(ek sien in my geestesoog hoe daardie prentjie op Pinterest van die shabby-shic spens met die glas bottels vol macaroni en  netjiese rytjies ingemaakte produkte ,  uit my drome huppel!)

En dis nie nèt die koskas nie. Dis ALLES in my lewe. Die chopsticks wat al vir maande in die badkamer lê. Die chopsticks is (was) bedoel vir ons homemade sushi! (Homemade ? Ba-ha!  Dit was deesdae nie readymade is nie, is ‘n peanutbutter toebie. Ek wou nog altyd ‘n homemade fairy gewees het – dis hoekom ek droom oor die Pinterest-spens!)

Die homemade fairy se huis is in chaos.  Daar is die toiletborsel wat voortdurend ‘n draai maak in die sitkamer, Hannah se skoene in die messegoedlaai, die oorstokkies in haar sandput en my selfoon taaier as ‘n toffieappel.  Om net ‘n paar dingetjies op die noem. .

Ek, die beheervraat, bevind my tans in ‘n wereld waar ek absoluut niks onder beheer het nie.  Alles rondom my  is deurmekaar. My eie kop die meeste van alles.

Waar het dit verkeerd gegaan? Binne die eerste drie maande na Hannah se geboorte was ek nog op koers. Dinge was onderbeheer – soortvan.  Ek het gedog dis die aanvanklike vreemdheid van hierdie nuwe wêreld wat my soos ‘n totale idiot laat voel.  

En toe begin ek weer voltyds werk. (Nie omdat ek wil nie, omdat ek moet!)  Net daar begin ek toe die pad so bietjies-bietjies byster raak.

In my werksituasie is ek onmiddelik in ‘n regte-egtig stres zone. Real people, real problems, real stress!

Want – laat ons maar eerlik wees met onsself - die sogenaamde probleme wat ons met ons kinders ondervind, is eintlik minor. Ons ruk dit heeltemal uitverband uit, blaas dit op dat dit baie groter is as wat die werklik is – want ons is Ma. Ons verloor alle rasionaliteit en logiese denkepatrone as dit by ons kinders kom.

Ek vertol so baie rolle – diè van kollega, vrou, tuisteskepper, finansiele bestuurder (kinders is duur) , plant-natmaker, vriendin, suster en, bangrikste van alles, Ma. In al die rolle wat ek vertolk is die kans groter dat ek ‘n hoenderhen sal wees as myself. Ek is alles en almal, behalwe myself.

‘n Groot hartseer en moedeloosgeit  neem soms van my besit. Ek wonder wie ek nou eintlik is? (dis eintlik ironies – ek is omtrent alles) Dit nogals nadat ek sò lank geneem om uit te figure wie “EK” nou eintlik is. Dis was jarre se snot en trane en depressie – en binne ‘n jaar is ek terug op Blok Een!)

Ek besef net weereens – moedeskap is nie my “ding” nie.

(Ps: Ons het intussen die grootkos kas se deur met wondergom vasgeplak. (dis ‘n hoekkas en die safety clips wat mens in die winkel kry werk nie)  As Hannah die koskas se deur hoor kraak, kom waggel  sy so vinnig as haar beentjies haar kan dra, nader en probeer in die kas klim. Dit breek my hart elke keer om die deur in haar gesig toe te slaan. Sy speel deesdae met die koekpanne en rasper en ek val elke aand daaroor as ek kosmaak. Die toilet borsel het nou ‘n veilige plek in die vensterbank gevind, buite Hannah se bereik. Die chopsticks lê egter nogsteeds in die badkamer. )

Thursday, 11 September 2014

Interne dialoog - 'n storie vir die mammas




My kop was nog altyd vol stemme. Awesome stemme met awesome idees.
Daar is nog steeds stemme – maar deesdae noem ek hulle “die ongoing organisasie van ‘n besige mamma”  En hulle is alles behalwe awesome.

(daar is nogals ‘n sielkunde naam vir “ongoing organisasie”   interne dialoog)
My interne dialoog herinner van goed wat onthou moet word, goed wat gekoop moet word,  goed wat gedoen moet word. Heel dikwels neem my interne dialoog ‘n verwytende toon aan.  Jy spandeer nie genoeg tyd aan jou kind nie. Jy moes die situasie by die werk anders hanteer het. Jy moet meer kontak maak met vriende en familie.

Moenie dink die gedagte aan duisende ander mammas wat ook met ‘n interne dialoog van hulle eie sukkel, bring enige verligting nie.
(hoekom weet ek nie – voorheen het dit gevoel soos versagtende omstandighede wat iemand oor my uitspreek as hulle met dieselfde problem sukkel as ek, as hulle kan assosieer!)  

Ek lees gisteraand in die Pienkboek van Sielkunde ‘n ander mamma se interne dialog. Dit kon net sowel my eie gewees het!! Ons almal se interne dialoog lei (van of meer) as volg:
Ek moet more ‘n uur of twee by die werk afknyp om klere vir ons photoshoot te gaan soek. Ek is nie oppervlakkig omdat ek spesiale klere wil aantrek vir ‘n photoshoot nie – enige iemand wat al ooit op Pinterest was, sal weet hoe belangrik die klere is. En ‘n professionele fotograaf is duur – ons kan net sowel all the way gaan.

Eintlik het ek nie tyd vir klere soek nie.  En ek het so baie werk.  Dit voel net nie reg om in die winkels rond te hang as ek so baie het om te doen nie. Ek moet onthou om geld te trek vir Maria. En om brood te koop. Anders het ons nie broodjies vir moremiddag se lunchboxes nie. Dan eet ek weer iets ongesonds en ek sukkel reeds so met die post-pregnancy figuur.
Dis al 7 maande – wanneer gaan alles weer op die regte plekke sit? Hoe de hel het Jennifer Lopez ‘n six-pack en dit na ‘n tweeling?!

En ek moet nog die dagmoeder betaal. Voor ek dit doen, moet ek eers haar bankbesonderhede soek. Dis al die 10de van die maand – sy sal seker dink ek het nie genoeg geld nie??

Ek moet vanaand probeer om 'n ordentlike gesprek met Gert te voer. Al is dit net vir 10 minute. Ek moet hoor of hy klere het vir die photoshoot?! Ons moet almal bymekaar pas – wat ‘n gesukkel. Ek wens die bleddie photoshoot was al verby. Ek het nie nou krag hiervoor nie. As iemand sê ek moet smile en ontspan, wil ek sommer daai persoon klap.

Ek is mean.. en useless. En moeg. Ek is bitterlik moeg.

Ek wens die stemme in my kop wil net stilbly!! Ek wens my awesome stemme wil weer terugkom.

‘n Week later…….
Ek en Hannah is met ons elke dag klere photoshoot toe. Gert is die enigste voël wat nuwe vere aangehad het. (Hmmm – is daar ‘n pun in die sin?)

Ons het die photoshoot oorleef en ek is baie tevrede met die resultate. Dit was toe tog die moeite werd.
Ek en Hannah wou soos feetjies lyk met netrokkies en dalk nog vlerkies ook.........toe trek ons almal blou aan!!!
 
Ek onthou nou:  Karen het gebel terwyl ons besig was met die shoot … ek het nog nog nie teruggebel, gewhatsapp  of ge-enige iets nie. Ek sal ‘n plan moet maak om van my te laat hoor........
 

Nota aan self: SHUT-UP INTERNE DIALOOG!

 

Friday, 13 June 2014

Ek's terug........


Hier is ek!

Terug by een van my gunsteling plekke in die wye wereld. My koesterplek, my dinkplek, my ek-wees plek, my ontlaaiplek. My skryfplek. My dagboek.

Wat voel soos ‘n ewigheid van maande, probeer ek weereens woorde, sinne en deurmekaar gedagtes orden en op papier vaslê. (ek het dikwels probeer,sonder sukses!)

 Maar my lewe bly deurmekaar en my gedagtegang bestaan nie meer uit unicorns nie, maar eerder uit ‘n  ongoing organisasie in my kop van goed wat gedoen, onthou en gesoek moet word (alles is deesdae weg!)

Na ‘n maand as werkende mamma moet ek elke oggend vir myself sê:

“You can do it!!” Duisende ander mammas doen dit, jy kan ook!! (maar ek kannie, ek kannie, ek willie, ek MOET net eenvoudig)

Soms laat my eie hardkoppigheid en die weersin om te erken dat ander mammas beter cope as ek, my deurdruk. Ander dae worry ek nie dat daar supermammas is wat beter cope as ek nie (hoewel ek tog wonder of hulle nie dalk net so ‘n klein bietjie breindood is en nie agterkom dat hulle lewens nèt ‘n gejaag is nie!!)

Dae soos vandag  begin ek dink dat ek maar aan hierdie deurmekaar lewe – met die tè min tyd –  moet gewoond raak.

My “ek-tyd” bestaan uit ‘n koppie koffie drink 5h00 in die oggend (dis nou die oggende wat ek vir Hannah beat met vroeg opstaan). En dan ‘n verdere vyf minute ek-tyd in die kar oppad werk toe,met klipharde musiek , nadat ek vir Hannah by die dagmoeder afgelaai het.

Toe ek nog net gedroom het van ma-wees het ek ‘n klomp vooropgestelde idees gehad van die tipe ouer wat ek gaan wees. Toe ek swanger was het ek ‘n klomp idees gehad van die tipe lewe wat ek vir my kind wil gee. Noudat ek ‘n ma is,  kan ek net hoop en bid my kind kom lewend aan die ander kan uit, want soms wil ek van my kop afraak. (Groen dakkies klink soos ‘n luukse wegbreek!!)

Op hierdie stadium is my grootste bekommernis nie die feit dat ek ‘n bitterlik oningeligte mamma is nie. (Ek het nie ‘n clue wat die volgende fase in my kind se ontwikkel is nie – sy kan op  3 eers begin loop en ek sal dink dis normaal)  

 

Ek worry dat ek nie genoeg lag nie!! Ek worry dat ek nie in die toekoms genoeg gaan lag nie.Ek worry dat my kind dalk eendag sal wens dat ek ook ‘n lag-mamma moet wees soos een van haar maatjies se mammas.

Ek besef dat ek êrens weer stukkies ek-tyd sal moet vind. Ek sal my stukkies vreugde, moet gaan opeis, want dit raak so maklik weg in die rat-race. Ek sal moet onthou om te lag al is ek te moeg en te besig.

So van vandag – Vrydag die 13de af -  het ek ‘n nuwe projek. ‘n Nuwe soek tog!

Ek soek na…..

 

Unicorn-tyd!!!!  

Friday, 25 October 2013

'n Deurmekaar storie


Ek het my lewensritme verloor.

Op my blog is daar – ek dink – tot dusver ‘n skamele vier inskrywings vir die jaar. Dit is genoeg bewys dat ek die afgelope tyd  sonder ritme of lewenslus rondgepoeter het.

Die rede vir my toestand, is natuurlik die swangerskaphormone en allerande ander emosie, gedagtes, worries en siekwees wat daarmee saamgaan.

(Ja, hierdie is my manier om die groot aankondiging te maak – ‘n sonar foto op Facebook is nie juis my ding nie!)

Hier kom nog baie (en dan nog meer) stories. Maar vir eers moet ek my ritme terugvind en vandag is die begin.

So wat maak ‘n mens as jy jouself (weereens) in ‘n situasie bevind waarin jy gedink het jy nooit sal wees nie?

Die woorde van ‘n bekende sangeres het by my bly vassteek – “As jy ‘n duisend keer val, moet jy ‘n duisend-en-een keer opstaan”

Dis waar. As jy val, moet jy opstaan. En tog was dit geen inspirasie vir my nie. Die hele wiskunde daaraan is net tè verkeerd! As jy ‘n duisend keer geval het, kan jy net ‘n duisend keer opstaan. Vir elke val, is daar ‘n opstaan. ‘n Duisend valle, ‘n duisend opstane. Nie ‘n duisend-en-een nie. My gesonde logika weier om geinspireerd te wees.

Ek soek toe voort. Naar, siek, bitter hartseer en baie sensitief. Niemand verstaan nie – dus het niemand die reg om my raad te gee nie.

Gelukkig vir my, het ek ‘n vriend (of is dit ‘n beskermengel?) wat my altyd help as ek moedeloos is.

Hy sê toe:  “Character is much easier kept than recovered.”

Ek is deurmekaar, verstaan glad nie wat hy probeer sê nie.

Nee, sê hy, (hy is bietjie vreeemd) in die swaarkry tye moet jy jou beste doen om staande te bly, want as jy eers laat los het, as jy moed verloor het, is dit twee keer moeiliker om van voor af te begin. Ek sukkel nog om dit by die oorspronklik “quote” uit te bring, maar dit het die ding gedoen.

Die boodskap was duidelik – ek moet staande bly. Hoe moeilik ookal. Al wat ek die afgelope vier maande gedoen het, was om nie te val nie. Ek het net-net oorleef, van gelewe praat ek nie eers nie. Hopelik gaan dit binnekort verander.

Daar is deesdae so baie motiveringsprekers, mense wat raad gee, want geloof, hoop en liefde verkondig. Daar is baie “saints” in die werêld. Sommige van hulle irriteer my, sommige motiveer my, ander inspireer my.

Hulle doen dit om beter te voel oor hulleself. Ek weet mos – ek hou ook van raad uitdeel, ‘n mens voel goed as jy goed aan ander kan doen! (Persoonlik hou ek van “celebs” wat diere help – al hou ek nie van diere nie, of bome plant. Dis net soveel meer natuurlik as om ‘n kind uit ‘n derdewêreld land aan te neem)

Dit gesê, moet ek toegee, die “saints” het hulle doel – hulle raak mense se lewens aan en dit is goed.

Maar vandag weet ek een ding: as jou lewensbootjie begin sink – moet jy regte-egte “saints” in jou lewe hê. Nie ‘n “celebrity” wat jy van g’n kant af ken nie. Ons almal het sulke “saints” in ons lewens. Ons moet net ons lewenspad sò met hulle loop, dat ons hulle nooit verloor nie.

Ons moet hulle naby ons hou.Ons moet ons tyd en geld en energie en liefde aan hulle spandeer.  

Dit is hierdie regte-egte wondermense wat ons help om deur die moeilike, swaar tye te kom.

Hierdie wondermense kom in die vorm van vriende en familie.

En oor ‘n paar maande het ek ‘n nuwe toevoeging tot my skatkis van mense.

 My eie persoonlike klein pienkvoet “saint”!

 

 

 

 

 

 

 

Wednesday, 12 June 2013

Die vrou met die Rooi Hare


Daar is hierdie een vrou in my lewe wat my vreeslik kwaad kan maak. Veral die afgelope drie jaar het ons koppe gestamp, mekaar verkeerd opgevryf en waarhede aan mekaar vertel – op dalk ‘n tè reguit, taktlose manier. 

Die vrou is my Ma.

Kan ek net herhaal – DIE VROU KAN VIR MY KWAAD MAAK.

Want sy het altyd raad as ek wil hê sy moet net luister.  En as sy die keer nie raad het nie, wil sy my probleme met ‘n koppie tee regmaak.

“Gaan sit nou en maak vir jou ‘n lekker koppie soet tee in een van Ouma Bobby se Royal Albert koppies.”

(Ouma Bobby se Royal Albert koppies is in ‘n boks onder in die stoorkamer en ek drink nie soet tee nie, Ma!!  Tee fix alledaagste probleme – nie depressie nie!!)

My ma bly 650 km van my af, maar dit keer haar nie om hot-en-haar opdragte aan my uit te deel nie.

“Jy moet vir Lalie kos neem, want sy gaan nie tyd hê met die nuwe baba om kos te maak nie.”  

“Jy moet gaan kyk  - daar is ‘n special by Edgars op leer boots!”  Hoe weet sy dit? Ek weet dit dan nie – sy sit op ‘n plaas en ek binne-in die stad!

“Jy moet die swart materiaal stuur dat ek die rok kan maak”  Watter swart materiaal? 
"Oom Piet is in die hospitaal. Jy moet vir hom gaan kuier - of ten minste bel en hoor of jy iets vir hom kan neem!" Ek ken skaars vir oom Piet en ek het nie sy telefoon nommer nie!

“Jy moet onthou om vir Ouma te bel – sy verjaar môre!” Ek weet wanneer my enigste Ouma verjaar, Ma!

“Jy moet Vitamin C drink vir die winter. En calcium en magnesium pille. Dit help vir al die goed waaroor jy kla. En brouersgis. Dit sal help vir die moegheid.”  En neem aan Dr Oz het so gesê??!
Die lys gaan aan. Ma kan - om die minste te sê - 'n redelike uitputtende, engergievretende mens wees.
That being said……….

Ek is my Ma se enigste dogter – ek gee toe, arrogant en verwaand in my alleen dogterskap – en die ENIGSTE persoon op aarde wat sulke dinge van my ma mag sê!

My ma het my nie diep, intelektuele lewenslesse geleer nie. Daarvoor is sy gans te prakties. 

Sy’t my leer van kosmaak en tafel dek. Sy’t my geleer wat “Royal Albert” en “Noritake” is.  Sy’t my geleer naaldwerk doen en ek het geweier om te leer hekel (tot my groot spyt!)

Sy’t leer dankie sê. Sy’t my geleer jy trek nie jou neus op of ruik aan kos wat nie reg lyk nie! Jy sê net “nee dankie, ek sal nie hiervan neem nie!”

Sy’t my geleer dat R10 baie geld is as jy ‘n brood daarmee kan koop, maar dat dit niks is as jy dit vir iemand anders moet gee nie.

Sy’t my geleer om nooit met make-up te gaan slaap nie en om room aan my gesig te smeer. Sy’t my geleer dat navy en swart nie eintlik saamgaan nie, maar deesdae is alles moontlik!

Ma het my geleer jy neem geskenkies en baie kos saam as jy lank by iemand gaan kuier! En jy help skottelgoed was. (Ek is soooo bly my vriende het skottelgoedwassers!!)

Sy’t het my geleer  “kannie is dood van kruiwa stoot” Sy’t my geleer om aan te hou baklei vir ‘n saak as ander lankal opgehou het.

My ma het my probeer leer om altyd tyd vir ander mense te hê, want sy het. Sy het my geleer om jou kop hoog te hou, al gaan dit swaar.

Sy’t my geleer om geld te spaar en om my altyd met mooi goed te omring. Sy’t my geleer die lewe is nie nèt lekker nie en dat ons soms goed moet doen waarvan ons nie hou nie, omdat dit ons veranderwoordelikheid is.

Soms voel ek Ma was darem gans en al ‘n tè praktiese Ma vir ‘n idealis en ‘n dromer! Maar Ma se praktiese lesse hou ‘n dromer soos ek op die pad. As ek sukkel, as ek wil moet opgee hoor ek haar stem: Kannie is dood van kruiwa stoot. Jy kan dit doen. Probeer net harder!

Daar gaan nie ‘n dag verby wat my ma se lesse my nie deur die lewe dra nie. Vandat ek in die oggende teen wil en dank moet opstaan vir werk totdat ek vanaand my kos maak en skottelgoed was.

My ma is ‘n gawe van Bo, want met al haar foute en tekortkominge is sy die ideale Ma vir my.

En Ma het my die belangrikste van alles geleer (onbewustelik eintlik - want sy’t gesê mense wat nie lees nie,  kan nie spel nie)…….

Sy het my geleer om van boeke en stories te hou!!!

Monday, 22 April 2013

Wat's fout?


Ek wil  iets sê, maar die enigste woorde wat in my kop opkom begin met ‘n F, ‘n B of ‘n D.  Nie een van hulle regtig appropriate vir ‘n dame om te gebruik nie    (Daar is natuurlik mense wat beweer dat ek nie ‘n dame is nie, maar “I beg to differ”!)

So ek sit al vir dae lank en probeer om my gevoelens op papier te kry, maar ek bly haak vas.

“Wat is fout met jou?”  vra ek myself.

“Ek weet nie!”  antwoord ek terug.

“Is jy nie gelukkig nie?”  vra ek.

“Ja, ek is”  antwoord ek weer.

“Nou wat is dan fout?”  Vra ek weer.

“My f…., my maggies man. Ek sê dan : EK WEET NIE!!!”

“Jy is eintlik ‘n baie bevoorregte mens, jy weet. Jy het soveel waarvoor jy dankbaar moet wees. Eindelose moontlikhede is op jou horison. “

“Gaan jy nou – wat eintlik EK is – ook begin met daardie nonsense?”

“Ja, ek gaan. Die lewe het lanklaas so goed gelyk.”

“Ek weet. “

“Jy trek een van die dae na ‘n nuwe woonstel toe!”

“Ek weet.”

“Een met ‘n oond.”

“Ek weet.”

“Jy het jou kar verkoop en jy beplan ‘n oorsese vakansie!!”

“Ek weet. “

“Dit gaan ‘n avontuur wees!”

“Ek weet. “

“Wanneer laas het jy na die padkaart gekyk? Ek dink jy maak goeie vordering. Jy is besig om ‘n moontlike nuwe rigting in te slaan, jy gaan moontlik op ‘n avontuur, jy het die dinge waaraan jy so vasklou laat los, jy gaan jou horisonne verbreed!”

“ Het jy gesien hoeveer keer gebruik jy die woord “moontlik”?  En – ek het ophou skryf, want ek kry niks uit nie. En ek dink en dink en dink – maar kom nie tot ‘n punt nie. Ek drink en drink en drink en kom ook nie tot ‘n punt nie. Punt twee sê uitdruklik – Hou op dink en luister na jou siel.  Ek kry dit nie reg nie.”

Ek het dit reggekry om vir 3 weke lank op te hou dink. Ek het vir 3 weke lank elke liewe dag gehuil. En toe het ek weer begin dink.

Ek is weer by die punt waar ek  dink ek moet net ophou dink en weer begin huil. Want dit was actually nogals lekker.

Ek gaan huil omdat ek nie eerste prioriteit in iemand se lewe is nie.. Ek gaan huil omdat ek op vreemde “territory:  is. Ek gaan huil omdat ek moeg is. Ek gaan huil omdat ek onseker is. Ek gaan huil omdat ek bang is.  Ek sal huil omdat almal rondom my babas het en trou. Ek gaan huil omdat iets groots "moontlik" besig is om te gebeur.  Ek gaan huil omdat daar buite ‘n unicorn is, skynbaar een met so ‘n groot horing dat dit dit sy visie total en al verblind en hy nie kan sien as ‘n meisie – totally worthwhile – voor hom staan nie.

Ek sal huil totdat ek klaar gehuil is.

En dan sal ek nog ‘n bietjie huil, net om seker te maak dat ek klaar gehuil is.

Thursday, 7 March 2013

Die Maan mense





Ek het van jongs af ‘n onverklaarbare konneksie gehad met Charlie Brown.

Vandag weet ek hoekom.

Ons is bang vir geluk……….. ons is maan-mense.

Soms wonder ek wat die doel van my depressie is. Is dit deel van my lewenspad  - dat ek ander moet help? Of is dit maar dat ek ‘n paar lesse as persoon moet leer. Soms raak vrèèslik deurmekaar en wonder of alles ooit ‘n rede het?!

Ek weet nie, maar vandag sal ek maar ‘n boodskap oordra wat dalk vir iemand iets in die wye wêreld kan beteken.

Depressie lysers, melanchoniese mense  - die maan mense - grawe dieper. Hulle ervaar intenser en meeste van hulle is oplettend en analities. En hier kom ‘n groot probleem.

Die analitiese gawe het tot volg dat die maan mens al die aspekte van ‘n probleem kan raak sien. Dit ly tot goeie “problem solving” (omdat jy die probleem – en die oorsaak – herken). Goeie “problem solving skills” het 'n “control freak” tot volg en dan het die probleem-oplosser self ‘n probeem geraak.  (vat dit en maal dit met 100 en jy kry vir Sheldon – The Boom Bang Theory!!)

Soms  raak ons dan die pad ietwat byster en moed hulp verkry.

Die meeste algemene vorm van hulp kom in oorsteunings boodskappe soos “hou moed” en “jy moet positief wees”  Indien jy regtig so ‘n persoon wil help moet jy daardie woorde NOOIT oor jou lippe uiter nie. Jy sal die persoon tot selfmoord dreig.  Jy laat onmiddelik die persoon minderwaardig en negatief voel.  (ons is hard genoeg op onsself, ons ken ons eie foute)

Ons maan mense besef ons is nie sonskynkinders nie en ons lewe lank is ons afgespeel teenoor die sonskyn-happy-go-lucky soort wat al ons lig gesteel het.  (sonkynmense is ietwat selfgesentreerd en stel hulle eie belange eerste. Die sonksynmense dink ons maanmense wil soos hulle wees, maar eerlik: ons wil nie regtig nie. Ons raak wel vies as ons weet dat ons beter weet – want ons luister en let op – en die son dan wil kom skyn waar die maanlig nodig is)

Ons is ook nie negatief nie. Ons het bewyse dat dit nie môre beter sal gaan nie. Ons het dit lankal reeds analiseer en in ons (enorme) geheue liaseer.

Tweede fout wat jy kan maak is om te probeer assosieer met die probleem. (as jy werklik kan, sal jy wondere verrig, maar as jy dit pot mis sit, gaan daar ‘n woede uitbarsting volg. Iets soos – “niemand verstaan my nie! Ek gaan bly sommer op die maan!”)

Wat doen mens om ‘n maanmens te help wat van sy of haar wentelbaan afgedwaal het?

Baie eenvoudig.

Jy erken die probleem. Dis al.

Ons het nie simpatie nodig nie, want ons hou nie werklik van aandag nie.  Ons het nie oplossings nodig nie – ons is die problem solvers.

Dis hoekom ek, en seker al die ander maanmeisies daar buite, unicorns soek!

Want dit vat ‘n baie besondere wese om ‘n maanmeisie te verstaan.


Friday, 22 February 2013

Na 'n land van sprokies

Ek kry deesdae vreeslik baie die déjàvu gevoel.

Die "ek was al hier" gevoel. Dan begin mens gewoonlik paniekerig in jou brein se agriewe rondgrawe want jy wil weet wat volgende gebeur, maar jy kan nie onthou nie.

Of jy wil nie onthou nie!

Ek wil nie graag die E- Woord, wat 'n X tot gevolg gehad het, opbring nie. Maar toe het ek ook so gevoel soos ek nou voel.

Ek moes òf my lewe aanvaar soos dit was, òf ek moes 2 treë terug neem, 'n aanloop vat en SPRING.

Ek het gespring. En dit was die einde van die wêreld soos ek dit geken het.

En nou is ek weereens by die SPRING punt. Want my drome en ideale laat my nie toe om my standvastige, verantwoordelik, vervelig bestaan te aanvaar nie.

Ek sal nooit mense kan motiveer tot positiwiteit en dankbaarheid nie.  Ek wil sulk as ek ongelukkig  en nie wag vir "môre" se son wat weer sal skyn nie. Ek het al geleer dat mens deur "die dak oor jou kop" kan nat reën, koud kry, warm kry. Ek het geleer dat 'n standvastige werk jou nie gelukkig maak nie, eerder "vas". 

Vandag is ek bly dat ek my drome, hoop, vrese en foute daar buite geplaas het. Ek is bly dat ek my belaglike soektog na 'n unicorn "public" maak. (ek hoop natuurlik in die geheim ek kom nie desperaat voor nie!)

Soms, laataand, as ek alleen is, wonder ek wat my besiel om aan te hou soek na iets wat dalk nie bestaan nie. Ek vra myself af of die soort liefde waarna ek soek, bestaan en of dit net nog iets in my malkop is. Dan herinner ek myself aan al my wense wat al waar geword het. En dat nie een van hulle oornag gebeur het nie.

En dan pos die unicorn 'n unicorn op facebook. Vir my.



En ek weet: Maak nie saak hoeveel keer ek nog moed gaan verloor nie, hoeveel ek myself 'n "stupid idiot" gaan noem nie, hoeveel van my planne flop nie, ek sal eendag nog kry waarna ek soek.

Daar sal altyd iemand wees wat met 'n unicorn prentjie regsit om my weer moed te gee. 

Twee en 'n halfjaar gelede het ek gespring, min wetend dat ek tog in 'n land van wonderwerke gaan beland. In 'n land van stories en sprokies. In 'n land van unicorns.


Monday, 18 February 2013

Die plakkaat-kaart


Dit was op ‘n Saterdag namiddag voor Checkers wat die rigting aanwysers van my lewe begin sin maak het – (onder die invloed van 2 glase wyn)  Op daardie oomblik het die legkaart stukkies van my lewe begin inmekaar pas. Dit het alles begin by ‘n gesprek met die Unicorn.

Ek:
 Sy (my skoonsuster) het alles wat ek nie het nie. Sy’t alles wat ek wil hê!
(mannetjie wat huil)
Ek hou amptelik nie meer van haar nie.

Die Unicorn:
Nou hoekom nie?

Ek:
(duh!!)

Ek is seker maar … jaloers!

Die Unicorn :
Jealously only makes you ugly!

Ek:
 I am an ugly person!

Die Unicorn:
But only on the inside!

Ek:
Ek weet nie wat met my aangaan nie. My lewe is in reverse .

Die Unicorn:
Nou draai jou lewe in ‘n ander rigting.

Regtig? Die man kan so blatant en ongevoelig … en ongelooflik logies wees. Dit maak sin. Ek moet van rigting verander, want die mindset waarin ek is,  maak my siek!  Ek het gedink na ‘n egskeiding werk dit as volg:  Vind net weer liefde (ware liefde diè keer), trou en kry kinders.   Dit werk toe nie so nie, het ek met groot teleurstelling besef.

So  tussen die perd en die horing leer ek  RIGTING AANWYSER  1 .

Ek het natuurlik geen idee hoe mens nuwe rigting kry as jou kop ophou dink het en jou hart ophou voel het nie. Toe gebeur ‘n klein wonderwerkie. Ek lees weer die wyse woorde van Carolyn Myss raak:

“The soul always knows what to do to heal itself. The challenge is to silence the mind.”

Ek moet stil raak.  Dat ek moet ophou dink en dom planne maak. Ek moet ophou soek na ‘n beter woonstel met ‘n oond in omdat ek dink my geluk daarin lê. Ek moet begin raaksien wat die lewe vir my stil-stil wil sê. Ek moet luister na wat mense sê.  Die kop moet stil en die siel laat praat. Want ek weet dat ek al die antwoorde reeds binne in my het. Ek moet hulle net vind.  DIT WAS RIGTING AANWYSER  2.

Ek verjaar. Ek verouder en wonder wat die jaar inhou. Ek en Lalie gaan kyk na The Hobbit: An unexpected journey.  Die huislike hobbit  word in sy rustige gaatjie bombadeer deur ‘n klomp dwerge om op ‘n avontuurlike reis te gaan. Aanvanklik is Bilbo baie twyfelagtig om sy gaatjie te verlaat. Ek sou ook nie wou gaan as ek in daardie oulike gaatjie gebly het nie. (Die spens is fantasties)  Maar dan doen hy iets wat ek nooit sal kan doen terwyl ek in ‘n veilige hawe sit nie. Hy besluit om sy gaatjie te verlaat. Hy hol deur ‘n groot stuk veld en skree vir die ander hobbits op die landerye : “ I am going on an adventure!”  RIGTING AANWYSER  3.

Op die ingewing van die oomblik stuur ek ons vakansie foto’s na ‘n vriendin van Ma in Alaska.

Sy Skype terug: My kind, ek dink elke dag aan jou Ma en Pa. Hoe gaan dit met hulle? Hoe gaan dit met jou?

Ek: Pa is iesegrimmig. Dis deesdae onmoontlik om met hom huis toe hou. Maar dit gaan goed. Hulle het net baie oud geraak. (ek antwoord maar eerlik. Ek weet mos dat sy regtig wil weet hoe dit gaan)

Sy:  Dan is daar iets wat hom pla. Mens raak net so as daar iets is wat pla. (Sy is goed, hierdie tannie. Ek weet ook daar is iets wat pla, ons almal weet, maar g’n mens weet pla nie)

Ek:  Ja nee, daar is iets wat pla.

Sy:  Hoe gaan dit met jou, my kind? (ag nee, is dit nou toevallig of kom sy agter ek probeer die vraag vermy?)

Ek: Ag, eintlik goed. Ek voel net of ek stagneer het, of ek nie vorentoe beweeg nie, maar  dit is seker nou nie die grootste probleem wat mens kan hê nie.

Sy: Wat wil jy hê, wat verwag jy van die lewe? (nee, nee net nie daardie vraag nie. Ek haat die vraag!)

Ek: Ek kan nie net tevrede wees met ‘n dak oor my kop en asemhaal nie. Ek soek rede vir my bestaan. Ek moet iets beteken.

SY:  Nou toe, kom ons gesels daaroor.  Want jy weet as mens net aan dinge dink en oor dinge loop en "tob" dan kry mens niks reg nie.  Kom ons begin van n kant af.

Ek:  Dis waar. Waar begin 'n mens - by watter kant?

Sy:  Mens begin by dit wat mens hinder, nie by die groot goed nie maar by die klein dingetjies. Ons is te vinnig om die groot dinge te wil reg maak, dit is te moeilik.  Moet ook nie klomp dinge op een slag wil reg maak nie.  Al wat jy vandag moet doen is neem n stuk papier en skryf neer alles waarmee jy tevrede is en alles waarmee jy ontevrede is.

Ek: Hoe maak mens as dit vir jou lyk of geld al jou probleme gaan uitsorteer?

Sy: Geld is n snaakse ding , my kind. Dis normaal weg nie geld wat die probleem is nie. Geld het n baie sensitiewe "vibe".  En hoe meer jy daaraan dink en hoe dringender jy dit nodig het hoe verder dryf jy dit weg.

Ek: Ek weet geld is nie regtig die probleem nie. Maar dit kan my intussen besig hou!! Die alleenheid vang my erg baie. Ek het 'n mens of  nog 'n asem nodig.

(soos byvoorbeeld ‘n kookkursus in Frankryk wat ek bitter graag wil doen!)

SY: Wat is fout hoekom kry jy nie iemand wat na jou sin is nie? Is Windhoek die regte plek vir jou?

EK: EK het wortel geskiet in Windhoek. Ek is baie happy hier.

SY: Is daar genoeg jong mense, kind? (nee, hier is nie!)  Jy moet onthou die lewe druk mens partykeer op snaakse maniere, as jy te halstarrig is om veranderinge te maak. Hoe meer n mens tee skop hoe harder gaan die lewe druk.  "Go with the flow"

EK:  Ek weet, ek weet...... ek skop vreeslik graag teen die prikkels.

Sy: Jy weet ons bid mos, maar ons doen dit mos uit gewoonte.   Moet nie bid, en as jy opstaan van jou kniee af, aangaan met jou gedink oor jou probleme nie. Bid en dan los jy dit, los dit totaal en al uit.  Dink nie eens daar oor nie, want dan is dit nie meer in jou hande nie, en dan is dit ook nie meer jou saak nie.  Want dan het jy dit oor gegee.

Ek: Tannie het nou sopas bevestig waarmee ek nou al hoe lank sukkel. Ek weet ek moet laat los, maar die mens aan my klou so vas en probeer alles beheer.

Sy:  My kind, as dit met n mens maklik in die lewe gaan dan leer jy nie hierdie dieper dinge nie.Wees baie baie bly dat jou omstandighede is wat dit is.  Kan jy dink as jy bondels geld het hoe min tyd sal jy hê om hierdie gedagtes te dink en jou lewe in orde te kry.

(En ek is ‘n kouer. Erger as ‘n kopluis. Ek laat nie los as ek iets eers beetgekry het nie.)

 AL DIE PAD VAN ALASKA OOR GROOT SPASIE BLOU WATER (EN SKYPE) - RIGTING AANWYSER 4   

Ma Lalie Facebook my dat die ‘n tydskrif meer wil weet van hulle lesers se stories.  Maak nie saak wat dit is nie, vreugde , harsteer, deursettings vermoe of ‘n persoonlike reis . Sy moedig aan om te skryf. Ek wil skryf, ek wil my storie vertel. Ek wil deel wees van die tydskrif. Ek wil my stories deel. Daar is net een probleem. En vir my is dit ‘n groot probleem. My storie het nie ‘n einde nie.  NOMMER 5 IN DIE RIGTING AANWYSINGS WAS ‘N DOODSKOOT ! (ek haat stories sonder eindes!)

En toe gebeur iets met my Woorde-vriendin. Iets wat ek wel hê met my moet gebeur. Dinge val in plek. Dit was nie 2 weke gelede wat sy nog vir my vertel het dat sy en Mnr Woorde dalk wil Australië toe wil gaan nie. Mnr Woorde het ‘n aanbod gekry en sy kwalifiseer vir ‘n visa. En ek voel so opreg bly vir haar, dat ek nie eers jaloers is nie. LEER ‘N LES UIT NOMMER SES!

 Rigtingaanwysers:

1.       Kry ‘n nuwe rigting

2.       Hou op dink en luister na jou siel

3.       Gaan op ‘n avontuur

4.       Laat los die dinge waaraan jou nog vasklou

5.       Bly skryf aan jou storie (en jy sal hopelik eendag bor-oor jou eie happy ending strompel!)

6.       Verbreed jou horisonne

En so bevind ek my toe voor ‘n Checkers staarend na ‘n plakkaat met ‘n wynbenewelde verstand.  Ek besef dat ek besig is om ‘n persoon te raak wat ek nie is nie. Een wat ek nie wil wees nie.

Maar die plakkaat hou ‘n toekoms in. Een wat glad nie sin maak nie en tog wys al die wysers soontoe.
Na die plesierboot op die plakkaat.

Om vakansie te gaan hou?
Nee, om die wêreld te gaan sien. Om alles wat ek het te los en net te gaan. Want ek moet stories skryf. Ek moet happy endings soek.
Dit is tog wat skrywers doen.

Hulle travel.
 
 

Wednesday, 13 February 2013

'n Storie oor 'n storie

Wie het opgelet dat my blog 'n ander naam het?

Ek het koebaai gesê aan die dagboek. 'n Verandering was nodig. Ek het die ou spoke afgelê, ek hoop om 'n nuwe/ander fase in my lewe te betree en dit is net gepas dat my blog dit saam met my doen!

Ek gaan noem toe die nuwe fase  "Does: 'n Sprokie-soeker" Dit was die naam wat 'n lêplek in my hart gevind het.  Die naam is die verteenwoordiger van wat ek hoop (en op goeie dae, glo) vir die toekoms.

Ja, ek was weer in een van my idealistiese lugkastele toe die naams verandering plaasgevind het.

Agter die skerms het ek reeds twee "intro" blogs geskryf het vir die nuwe "grand opening".  Maar hulle het nie lêplek gevind nie. Seker omdat dit met te veel entoesiasme en te min opregtheid geskrywe is. Ek was oordadig posititief en vol moed in die skrywes, ek het my nuwe blog behoorlik "promote". Die storie moes met 'n "bang" begin.

'n Nuwe, opwindende reis na 'n onontdekte eiland met 'n unicorn op - bla bla bla!

Dis 3 weke later en nog niks het voortgevloei uit my pen nie. Ek begin voel half en besef ek sal moet skryf soos wat ek altyd skryf - van die hart tot op die papier.

Ek voel nie juis die laaste tyd soos Prinses Does, unicorn-hunter, sprokie soeker nie.

Ek begin die gedagte oorweeg dat daar nie meer unicorns bestaan nie, maar net ponies. (en ek kan nie 'n ponie ry nie!!)

Dis tog maar wat almal vir my tussen die lyne probeer sê. Dat ek iets soek wat nie bestaan nie. (wel, dis is hoekom ek dit 'n unicorn noem)

Hoe dit ookal sy, of daar nou unicorn is of nie, dis is "afterall" wat ek wil hê.

Daarom het ek besluit, om selfs in my moedloosheid, maar die blog se naam te hou soos dit is.

Maar ek is klaar gewag - intussen hoop ek om 'n reis te onderneem.

'n Wêreld-reis.

Hoe ek dit gaan bewerkstelling is nog nie seker nie, maar ek het (altyd) 'n plan in my mou.

Vir nou is dit eers ek en "It's okay not to be okay"